Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

9/09/2016

'n Siek Samelewing

Psalm 12:1-9

Psalm 12 is 'n gebed om hulp deur mense wat ontnugter is deur die valsheid van mense. Hulle besef dat God hulle enigste toevlug en beskerming is.

Die gedig begin met 'n gebed: "Help Here, want opregtes bestaan nie meer nie." Die rede vir die hulpgeroep is dat daar geen getroues meer onder mense voorkom nie. 

Die samelewing is siek. 

Mense is nie meer lojaal aan God of mekaar nie. Hulle lieg en vlei en bedrieg mekaar.

Daarom hoop die gelowige dat die Here "hulle vleiende lippe" afsny saam met "hul grootpraterige tong".

In 'n siek samelewing praat mense baie, maar sê niks. Hulle mislei mekaar omdat hulle geen positiewe verhouding met God het nie.

Dit is hoe ons samelewing inderdaad lyk!
-Die Bybellenium

1 comment:

Henrietta said...

Baie relevant dankie Liza en propvol waarhede!