Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

5/21/2015

Too late for tears...

3 comments:

Liza-Nel said...

Die volgende woorde sal seker op Richard Dawkins se grafsteen pryk: "Be thankful that you have a life, and forsake your vain and presumptuous desire for a second one."

Dit laat my aan Blaise Pascal's se weddenskap (wager) dink:
*If you believe in God and God does exist, you will be rewarded with eternal life in heaven: thus an infinite gain.
*If you do not believe in God and God does exist, you will be condemned to remain in hell forever: thus an infinite loss.
*If you believe in God and God does not exist, you will not be rewarded: thus a finite loss.
*If you do not believe in God and God does not exist, you will not be rewarded, but you have lived your own life: thus a finite gain.
-RationalWiki

Pascal was oortuig dat om jouself in die posisie te plaas waar jy oop is vir God (m.a.w. deur die regte weddenskap te maak en daarvolgens op te tree), Hy jou geloof sal versterk. God sal jou genoeg lig gee om te weet wat waar is. Dit is dan dat geloof begrip moontlik maak en nie andersom soos wat mense verkeerdelik dink die geval moet wees as hulle oor die bestaan van God nadink nie.Iemand het eenkeer in desperaatheid die volgende gevra: “Wat moet ek doen met Jesus wat Christus genoem word?”

So word ons almal vandag ook voor dieselfde keuse gestel: Wat maak ons met Jesus?

In lyn met Pascal se weddenskap het ons die volgende twee opsies:

Ons kan saam met die man wat bogenoemde vraag gevra het, roem in ons onkunde en ons verantwoordelikheid ontken om die saak enige ernstige aandag te gee, deur te antwoord: “Ek is onskuldig aan die bloed van hierdie man. Dis julle verantwoordelikheid.”

Of, ons kan saam met ‘n ander man, ‘n tydgenoot van laasgenoemde, met ingeligte nederigheid erken: “U is die Christus, die beloofde Redder. U is die Seun van die lewende God.
(Uittreksel uit artikel op die Antwoord webblad.)

Henrietta said...

Dankie Liza - heel interessant. Ek kies om soos Petrus te antwoord ( die laaste paragraaf).

Danie Loots said...

Dankie Liza. As ons Ateïs landgenote net hierdie eenvoudige wysheid van Pascal kon snap.