Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

5/05/2015

Seeker-friendly evangelism – what is wrong?

"Evangelism does not require salesmen, but prophets. It is the Word of God, not any earthly enticement, that plants the seed for the new birth". ( John MacArthur)

12 comments:

Henrietta said...

Ware en valse evangelisasie

Evangelisasie wat vriendelike parallelle trek tussen die weë van God en die weë van die mens, is troueloos teenoor die Bybel en wreed teenoor die hoorders daarvan. Geloof in Christus is nie parallel met die wêreld nie, dit kruis daardeur. Deur tot Christus te kom, bring ons nie ons ou lewe na ’n hoër vlak nie; ons laat dit by die kruis lê. Die koringkorrel moet in die grond val en sterf. Ons wat die evangelie verkondig moet nie aan onsself dink as skakelbeamptes wat gestuur is om welwillendheid tussen Christus en die wêreld te bewerkstellig nie. Ons moet ons nie verbeel dat ons aangestel is om Christus vir die handel, die pers en die wêreld van sport en moderne onderwys aanvaarbaar te maak nie. Ons is nie diplomate nie, ons is profete; en ons boodskap is nie ’n kompromie nie, maar ’n ultimatum.
– A. W. Tozer

Dankie Liza, ek bring dit oor hiernatoe, want dis 'n onderwerp wat mens maar onder die vergrootglas kan sit, veral in hierdie postmodernistiese dae!

Henrietta said...

John MacArthur sê :

http://www.gty.org/resources/articles/A255/seekerfriendly-churches

Henrietta said...

Is "seeker friendly evangelism" part of the "dumbing down" plan? Read here:

http://www.deceptioninthechurch.com/emergingdiaprax.html

Henrietta said...

John MacArthur oor" the biggest threat to Christianity … "
http://www.youtube.com/watch?v=DoOsl2-niLk&sns=em
Hy sit die vinger vierkantig op die seerplekke! Dit is geweldig waar: " … decline in Biblical literacy… watering down… dumbing down … massive weakness… …. The Bible is minimized, value depreciated… “ EN dan om mense in die media te plaas “…. that communicate anything BUT doctrine and theology …” en dan glo die mense die gemors wat die media voorhou!

Henrietta said...

Jong mense stel ook nie belang in "seeker friendly" evangelisme nie, lees hier:
http://www.washingtonpost.com/opinions/jesus-doesnt-tweet/2015/04/30/fb07ef1a-ed01-11e4-8666-a1d756d0218e_story.html

"Recent research from Barna Group and the Cornerstone Knowledge Network found that 67 percent of millennials prefer a “classic” church over a “trendy” one, and 77 percent would choose a “sanctuary” over an “auditorium.” While we have yet to warm to the word “traditional” (only 40 percent favor it over “modern”), millennials exhibit an increasing aversion to exclusive, closed-minded religious communities masquerading as the hip new places in town. For a generation bombarded with advertising and sales pitches, and for whom the charge of “inauthentic” is as cutting an insult as any, church rebranding efforts can actually backfire, especially WHEN YOUNG PEOPLE SENSE THAT THERE IS MORE EMPHASIS ON MARKETING JESUS THAN ACTUALLY FOLLOWING HIM. Millennials “are not disillusioned with tradition; they are frustrated with slick or shallow expressions of religion,” argues David Kinnaman, who interviewed hundreds of them for Barna Group."

Liza-Nel said...

Eventually, this movement, like all others which have come and gone over the years, will run its course and fizzle out. The seeker movement is large and well accepted, but it will eventually give way to the next fad, and in some ways that has already happened with the Emerging Church movement. Oddities within the church come and go, but the biblical church, like her Lord, endures forever.

Read more: http://www.gotquestions.org/seeker-sensitive-church.html#ixzz3ZSX6nffy

Liza-Nel said...

Soveel mense soveel opinies. Soveel seminare en nuwe kerkbewegings – alles om die kerkdeure oop te hou, maar die kerke bly steeds leeg loop.

Is die kerk van vandag nie dalk vasgevang in 'n post moderne tydgees van verstikkende ongeïnteresseerdheid nie wat veroorsaak dat mense net eenvoudig nie meer omgee nie - die kerk tel nie meer vir hulle nie?

Prof Willie Jonker skryf as volg: “Dit is baie duidelik hoe oninteressant die kerk vir die moderne mens is. Die vraag na die relevansie van die kerk word al hoe meer op die voorgrond geskuif. Die Kerk staan vandag eerder voor ‘n verstikkende ongeïnteresseerdheid en die oortuiging dat die kerk wesenlik niks meer vir die moderne mens kan beteken nie. Dit is vir die kerk nie die ergste as hy bestry of uitgedaag word om rekenskap te gee van ‘die hoop wat in ons lewe’ (1 Pet. 3:15) nie; dit is vir die kerk veel erger as hy geïgnoreer en as betekenisloos afgeskryf word.”

Dan vra hy ook: “Kan dit wees dat mense nie meer iets van die kerk verwag nie, omdat die kerk nie meer iets van die kerk verwag nie, maar die kerk van Christus verruil het vir sosiale instellings wat ons nog ‘kerk’ noem, selfs 'gereformeerde’ kerk, maar wat dit nie meer sigbaar uitleef nie?” …
- Die relevansie van die kerk, Jonker 2008:5-6

Vele stof tot nadenke...

Henrietta said...

"Soveel mense, soveel opinies" - Inderdaad Liza. Ek sien in my eie omgewing en oral waar ek kuier by familie, vriende, dat die TRADISIONELE kerke kerke "leegloop" maar dat charismatiese kerke groei. Al vier my kinders plus my drie oudste kleinkinders ( wat oud genoeg is om self keuses te maak) is in charismatiese kerke. En daardie kerke GROEI!! My jongste dogter werk by hul kerk in Rustsenburg se kerkkantoor, so ek het eerstehandse inligting. Toe sy vier jaar gelede daar begin werk het, was hulle 'n klein gemeentetjie wat in 'n kollege se saal vergader het. Daar moet nou DRIE dienste gehou word, soveel mense kom kerk toe en hul is besig om hul eie kerkgebou te beplan...

Andries Enslin van Alberton Lewenssentrum is besig om gemeentes in verskeie plekke te stig...

Hier in ons eie dorp het die AGS al hul kerkgebou vergroot, en selfs dit word te klein...

Die HONGER na die "ware evangelie" is DAAR = prys die Here!

Henrietta said...

Die pastoor sê dit baie raak:

“The less Holy Spirit we have, the more cake and coffee we need to keep the church going.” ‪#‎ReinhardBonnke‬

Henrietta said...

’n Definisie van Christen is volgens Iain Murray in sy boek “Evangelicalism Divided":

“... a true Christian is a disciple of Christ... (there is) evidence of a person’s faith in Christ ... (and the) accompaniment of true faith is always a new life.”

The true gospel carried out in all its fulness, should turn sinners into “Christians”.

The “good works” ( the practical part) done in gratitude for what Christ has done for me, are a result of such true faith.

Liza-Nel said...

Weet ons werklik wat die term "true Christian" beteken?...
Apostel Paulus was nog altyd vir my die prototipe van wat ware dissipelskap is en van ons eis...

Die volgende aanhaling kom uit die Heuning-webblad: "Paulus het iets verstaan van ware Christenskap wat ons nog nie eers van kan droom nie. Kyk ‘’n bietjie in detail wat met Paulus gebeur het. Dan meet ons dit aan wat ons Christenskap noem.

Daar word bereken dat Paulus na sy bekering ongeveer 18000 km afgelê het om die Evangelie te verkondig. Die meeste daarvan te voet. Paulus sê hy het vyf keer die gebruiklike straf van 39 houe gekry by die Jode. Om gegesel te word beteken om met 'n sweep geslaan te word wat jou vel oopkloof. As Paulus sê, "kyk net die littekens", dan beteken dit hale wat sonder steke genees het. Weet jy hoeveel is 39 x 5? Dis 195 van hierdie dik opgehewe hale. As jy gegesel is, het jy nie soos in die skool op die boude pak gekry nie. Hierdie ouens het jou geslaan waar hulle plek kry. Oor jou arms, bene, rug, maag, orals. En as jy probeer keer, was daar 'n goeie kans dat iets gebreek het, jou arms, of jou vingers, of wat ook al in die pad kom. Dan sê hy voorts: "Drie maal het ek lyfstraf gekry". Waarskynlik by die Romeine. En hulle het nie die houe getel nie, hulle het geslaan tot hulle moeg was. Groot ouens. Verder sê hy: "Een keer is ek met klippe gegooi, en vir dood agter gelaat". Gestenig! Nie gegooi met kettie-klippies nie, maar met rotse. Dink vir 'n oomblik hoe het Paulus se liggaam gelyk. Hy sê op een plek "Hier skryf ek nou self - kyk hoe groot is die letters - " dan sê mense hy het 'n ooggebrek gehad, of hy was ongeletterd. Dalk was dit omdat sy vingers al soveel keer gebreek was, dat hy net nie meer kon skryf nie.

In Hand 16 : 23 lees ons waar hy en Silas in die tronk in Fillipi is. Nadat Paulus en Silas pimpel en pers geslaan is, is hulle in die tronk gegooi. Weereens 'n bebloede massa. Nie 'n mooi gesig nie - dalk kon hy skaars regop staan. Weet jy wat sê hy vir Silas? "Kom ons sing". Wow! Sou jy lus wees om te sing? Dalk was sy lippe stukkend, of nog 'n tand uitgeslaan! En hy sê, "Kom ons sing". En bid. Lofliedere tot God se eer! En ek en jy kla as dit bietjie swaar gaan. Ek dink nie ons verstaan nie. Partykeer bring die Here 'n bietjie Geestelike werk oor ons pad, dan maak ons eers somme. Of wil eers baie edel bid oor die saak. Paulus sê: "Ek verkondig die Evangelie omdat ek moet, en wee my as ek dit nie doen nie".

"Jy sien, Paulus sing lofliedere wanneer dit verskriklik sleg gaan met hom. Ons kla as ons te veel in die kerk moet sing, of as die musiek te stadig is, of as dit te ritmies is, of mense handeklap, of die orrel, of die orkes, of Engels.... ons het talle verskonings! Ons verstaan nie wat dit beteken om lof aan die Here te bring nie. Want dit gaan dalk te goed!

Paulus sing in die tronk, terwyl dit lyk of 'n trein hom getrap het, want hy was vir Jesus lief gewees. Daarom sê hy "of ek leef, of ek sterf, maak niks saak nie." Paulus sou wou sterf, omdat hy bitter swaar gekry het. Maar hy wou leef, omdat hy vir ander van Jesus se liefde wou vertel.

Ons kry nie swaar vir ons geloof nie. Dank die Here daarvoor."

Hoe sal ons reageer as die beproewinge waarvan Openbaring vertel ons tref?

Henrietta said...

WOWWW! Dis erg om so daaraan te dink, maar ek dink dit is baie naby aan die waarheid - dankie vir die plasing Liza. Ek het al na van Richard Wurmbrand se getuienisse geluister en dan vra hy om verskoning omdat hy sit, omdat sy bene ingegee het van die ure en ure wat hulle gedwing was om te staan...