Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

5/14/2015

Don't try to be popular - - preach sin!

4 comments:

Liza-Nel said...

"I have come to the conclusion that none of us in our generation feels as guilty about sin as we should or as our forefathers did."
-Francis Schaeffer
-----------------
"The 'frankness' of people sunk below shame is a very cheap frankness." -C.S. Lewis

In his chapter on "Human Wickedness" Lewis describes a tendency in modern man to find merit in the cathartic practice of "bringing things out in the open"; this should be done
"not for the sake of self-humiliation, but on the grounds that these ‘things' are very natural and we need not be ashamed of them".

Lewis notes that by having temporarily removed their sense of shame men are simply left to operate without any moral restrains.

Dit is ook 'n gier wat veral onder die vermaaklikheidssterre baie gewild is. Dink maar aan die talle sensaionele ontboesemings in die tydskrifte van die afgelope tyd en altyd met die verskoning dat dit gedoen word sodat ander uit hul ervarings kan leer...

Danie Loots said...

Hierdie plasing kry sommer nuwe betekenis na aanleiding van die gebeure van die laaste paar weke by die Algemene Sinode.

Sondaars was nog altyd welkom in Jesus se teenwoordigheid, maar om hulp te kry om verlos te word van daardie sonde, nie om hul sonde goedgepraat te kry nie. Iemand wat dít wat die Bybel sonde noem, as aanvaarbaar afmaak, klink nie vir my na 'n ideale kandidaat vir leierskap in God se kerk nie.

Dink ek nou skielik aan 'n paar jaar gelede wat Henrietta (as ek reg onthou) hier geplaas het van hoe onpopulêr Paulus in vandag se kerk sou wees deur hy so ongevoelig mense op hul sonde sou wys.

Ek gesels met 'n paar pastore in 'n swartwoonbuurt naby Centurion, Olievenhoutbosch. Die skok op hul gesigte toe ek hulle vertel van die leierskap van die kerk waarin ek groot geword het, se besluite, het my kop in skaamte laat sak. 'n Klompie dekades terug het sommige van ons Wit mense (ek ingesluit) gedink ons is só slim en neergekyk om die Afrika mense se voorvaderaanbidding, ens.

Mag hierdie 'n katalis wees vir alle gelowiges in Suid Afrika, van alle kulture en velkleure, om nederig en daardwerklik saam te staan en saam te werk. Om ons gemeenskaplike vyand, wat soos 'n brullende leeu rondloop om alles wat goed is te verskeur, raak te sien en teen te staan.

Salomo se wyse woorde: “The fear of the Lord is the beginning of wisdom,
And the knowledge of the Holy One is understanding."

Henrietta said...

Dankie dat jy hierdie weer na vore gebring het Danie. Ja, besluite rakende SGV wat op AS2015 geneem is, is besig om skokgolwe nie net in die NGK self nie, maar ook in ander gemeenskappe te veroorsaak, soos jy hier tereg uitwys. 'n Mens staan verstom wanneer jy die huidige leiers se Skrifuitleg lees, HOE hulle by hul besluite uitgekom het!

Henrietta said...

Danie ek stuur vir jou per e-pos 'n geskrif waarin hulle verduidelik hoe hulle by die besluite uitgekom het.