Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

4/21/2015

ON XENOPHOBIA

“Collective fear stimulates herd instinct, and tends to produce ferocity toward those who are not regarded as members of the herd.” ― Bertrand Russell, Unpopular Essays

4 comments:

Henrietta said...

Wag daar erger geweld? Is daar 'n verband tussen die afbreek van standbeelde en vreemdelingehaat?


http://www.politicsweb.co.za/politicsweb/page/en/news-and-analysis//from-the-fall-of-rhodes-to-the-second-phase-of-the?sn=Marketingweb+detail&utm_source=Politicsweb+Daily+Headlines&utm_campaign=5bcce4a802-DHN_April_22_2015&utm_medium=email&utm_term=0_a86f25db99-5bcce4a802-140176229

Henrietta said...

http://edition.cnn.com/2015/04/20/opinions/south-africa-violence-inequality/

Liza-Nel said...

Die mense kan ophol gaan oor zenofobia/Afrofobia so veel hulle wil, maar besware, protesoptogte, plakaatswaai en dies meer gaan geen blou duit/verskil maak aan hierdie haattoestand nie, dis soos om die simptome te behandel en die oorsaak te ignoreer...of soos iemand gesê het "applying a band-aid to the problem." :)

Vooroordeel, diskriminasie en die gevolglike haat is die resultate van die mens se inherente onvolmaaktheid en selfsugtigheid (Deuteronomium 32:5). Ongelukkig kan geen mense-instelling of -regering, ongeag sy beleid, wette maak wat ’n verandering in mense se hartstoestand kan teweegbring wat hierdie soort ding betref nie.

Die buitelandse korrespondent, Johanna McGeary het gesê: “Geen globale polisieman, ongeag hoe magtig hy is, kan ingryp om die haat uit te wis wat aanleiding gegee het tot soveel bloedvergieting in Bosnië, Somalië, Liberië, Kasjmir en die Kaukasus nie.” Slegs 'n hartsverandering kan hierdie ongekende vlaag van geweld en haat uit wis.
Ondervinding het getoon dat God se Woord, die Bybel, die kragtigste, motiverendste en blywendste invloed kan hê om die ontwikkeling van haat teë te werk. (Hebreërs 4:12). Of dit nog in ons leeftyd gaan realiseer dit weet ek nie, maar God sê in Sy beloofde nuwe wêreld sal daar ’n ware gees van broederskap heers omdat die mensdom tot volmaaktheid herstel sal word.(Lukas 23:43; 2 Petrus 3:13). Dus sal daar, tot en met die Wederkoms, geen werklike en volkome ‘vrede’ tusse nasies wees nie.

Henrietta said...

Baie waar, dankie Liza! 1 Kor: 13:13 En nou bly geloof, hoop, liefde—hierdie drie; maar die grootste hiervan is die liefde.