Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

1/03/2014

Sit, walk, stand - by Watchman Nee


Die eerste book van Watchman Nee wat ek gelees het...

8 comments:

Henrietta said...

Dankie Liza vir dit wat jy oor Watchman Nee geplaas het, en aangename herinneringe teruggeroep het. Ek was van die eerste lees van sy boek Sit walk stand af een van sy bewonderaars.

Henrietta said...

Lees meer oor hom hier:

http://en.wikipedia.org/wiki/Watchman_Nee

Henrietta said...

Iemand het dié boekie elektronies hier geplaas:

http://www.repo.neoxenos.org/internal/documents/ebooks/sit%20walk%20stand.pdf

Danie Loots said...

Nog 'n opduimpie of twee vir jul altwee. Ek is ook tans besig met 'n boek van Watchman Nee, "Spiritual Authority". Ek staan verbaas oor hierdie man se insig en kennis, dit ten midde van die omstandighede waarin hy hierdie dinge gesê het, ongelooflik.

Daardie aanhaling is so waar, Liza. Ek gaan hom sommer Facebook toe copy.

Liza-Nel said...

Watchman Nee het glo 'n fotogeniese geheue en 'n IK van by die 200 gehad!!

Ek het Volume 1 van sy boek The Spiritual Man gelees - dit handel oor die die leer van die “skeiding van gees en siel" Baie insiggewend.

Hier is 'n aanlyn skakel. Lees gerus onder Deel 1 wat hy skryf oor The Fall of Man...
http://www3.telus.net/trbrooks/SMCFP.htm

Henrietta said...

Wowww Liza - ek voel soos 'n kind wat 'n groot Kersgeskenk gekry het: die hele boek in e-formaat! DANKIE vir hierdie skakel

Michael said...

Hallo julle, dit is lekker om te sien julle gesels nog so lekker.

Die pad wat ek geloop het in my soeke na God* het my ook onlangs laat besef dat die Bybelse beskrywing van Liggaam, siel en gees, is volmaak konsekwent met enige logiese beskrywing van ons werklikheid.**

Die werk van Watchman Nee het my jong lewe sterk gevorm en my dalk gelei om so soekend te wees soos wat ek is.

Die manier hoe ek nou ervaar wat liggaam siel en gees beteken is dat ons siel is ons bewussein en ons liggaam en gees is twee toestande/liggame van interaksie. Die liggaam is 'n liggaamlike/meganiese interaksie met die fisiese wereld en ons gees is 'n liggaamlike/geestelike interaksie wat ons met die geestelike kan he. Omdat God gees is is dit ook waardeur hy met ons spreek, maar God het in Christus ook 'n liggaam gekry sodat ons liggaam ook in God se teenwoordigheid kan/mag wees.

Dit is vir my glad nie snaaks om te dink dat dieselfde siel in twee toestande bewustelik optree nie. Ons doen dit altyd, of ons God verheerlik of nie, ons almal doen dit.

Die vloei van ervarings wat ons in ons liggaam en gees ervaar is wat deur ons siel betekenis gegee is. Die vraag is wat se tipe betekenis gee ons aan ons ervarings? Verwerp ons die ervarings van die gees omdat ons van God probeer weg vlug, of is ons deur liefde gebind aan ons geestelike ervarings saam met God, sodat ons gees saam met sy Gees ook ons fisiese liggame en die fisiese wereld kan bekendstel aan God se volmaakte liefde en plan.

Dit is vir my daarom baie maklik om Paulus se waarskuwing, om nie na die vlees te leef nie maar na die gees, te verstaan.
Galatians 5:16 Maar ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie;
Galatians 5:25 As ons deur die Gees lewe, laat ons ook deur die Gees wandel.

Dit is nie al nie, ons ken mekaar en Christus nou ook net deur die gees.
2 Corinthians 5:16 Ons ken dus van nou af niemand meer na die vlees nie; en al het ons ook Christus na die vlees geken, nou ken ons Hom tóg nie meer so nie.


*My blog is maar my gedagtes oor my soeke wat ek deel: http://creationjourney.blogspot.com/

**Ek dink Watchman Nee se kritiek teen rede of logika in ons verhouding met God, lyk vir my, gebasseer op die gees van die tyd wat logika as 'n humanistiese en materialistiese konstruk opgestel het. My persoonlike ervaring is dat logika geensins vasgevang word in 'n materialistiese (i.e. "net materie in beweging bestaan") siening nie. In teendeel, sonder God bestaan logika nie. Soos Cornelius van Til dit so mooi beskryf het in presupositional apologetics - http://en.wikipedia.org/wiki/Cornelius_Van_Til

Michael said...

Ek het vergeet om die "Email follow up" te kies en is bang ek sien nie wat in hierdie gesperk verder gebeur nie... So nou klik ek dit.