Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

8/10/2013

NAAMLOSE VROUE IN DIE BYBEL

Ek wou eers in navolging van Vrouedag / Vrouemaand iets hier plaas oor “Vroue van Naam” in die Bybel - - veral die STERK vroue soos Abigail wat nie geskrik het vir haar dronklap man nie, Debora die Rigter en profetes. Toe dink ek: nee, hulle is al soveel keer genoem, wat van al die naamLOSE vroue in die Bybel. Heel eerste dink ek aan die vrou wat Jesus se voete gesalf het en die ou vroutjie wat haar laaste sentjie in die armbeurs gegooi het. Toe dink ek: Google dit bietjie … WOWWW – ellelange lys van namelose vrouens! En elkeen het op sy of haar manier ‘n plekkie in God se Woord verdien, en al is hul name nie neergeskryf nie, is elkeen kosbaar in God se oë... http://www.biblegateway.com/resources/all-women-bible/Chapter-3-Nameless-Bible-Women

3 comments:

Henrietta said...

“There is no satisfactory answer to the silence of Scripture regarding the identity of its nameless women. George Eliot once remarked that, “The happiest women, like the happiest nations, have no history.” But many of the happy—and unhappy &--;unknown Bible women left their impact upon history. They played their part in important events, but their signatures are not attached to their service.” Lees self hierdie en nog meer by die genoemde skakel:

Liza-Nel said...

Dankie Henrietta – dis ‘n interessante invalshoek vir Vrouedag...

Ja mens wonder oor dié vroue – dalk ‘n geval van agter elke suksesvolle/bekende man staan daar ‘n onbekende/sterk vrou?

Henrietta said...

Dankie vir die mooi prentjie Liza! En wat jy sê, is baie waar: neem maar 'n enkele voorbeeld: Dr Chris Barnard wat die eerste hart-oorplanting gedoen het. Die latere vroue in sy lewe het was baie meer in die kollig as Loutjie, die eerste vrou wat aan sy sy was in die tyd toe hy die eerste harte oorgeplant het