Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

8/29/2013

Gee jy om vir die kerk langs jou?

DIT is wat Philip Rosenthal vra, want by feitlik ALLE kerke is die gees van liberalisme besig om toe te neem “Unhealthy backsliding churches are generally in denial about their backsliding and their leaders get very angry if anyone points that out to them.” Lees meer hier: http://emergingthreat.blogspot.com/2013/08/do-you-care-about-church-next-door.html

2 comments:

Liza-Nel said...

As die Kerk ophou om die evangelie van Christus as enigste Middelaar uit te dra sal sy wel beleef waarvan die Prediker praat;'n sinloosheid as gevolg van haar aanhang van hierdie filosofie van twyfel, wat alles wil versubjektiveer en relativeer. Want as niks vas is nie, waar sal ons uitvind óf daar 'n God is? Hoe sal ons weet wie of wat Hy is? En as ons dit nie weet nie, is alles, letterlik alles, futiel - 'n waardelose gejaag na wind!

Dis dan ook soos Francis Schaeffer meen in sy boek 'Escape From Reason' "Man, therefore, is left in a state of despair which arises from the abandonment of the hope of a unified answer for knowledge and life. Modern man continues to hang on to his rationalism and his autonomous revolt even though to do so he has had to abandon any rational hope of a unified answer”

Henrietta said...

Schaeffer kon die waarheid so mooi aansny, né? Hier by ons ou dorpie werk die kerke nogal nou saam - ons ouer predikant (pas afgetree) het 'n baie mooi gewoonte begin, en al die susters ( ook die stiefsussie die APK) eet een maal 'n maand saam ontbyt. Deur sy toedoen werk hulle ook baie nou saam by die enigste hoër skool op die dorp met die weeklikse Godsdiensperiode ( nuwe bedeling mag daar mos nie meer "Bybel"-periodes op die rooster wees nie).

Op groter skaal is daar een maal 'n jaar in die lente 'n Jesus-fees waar AL die denominasies saam fees hou ( behalwe die RKK). So hier gee ons nogal rerig om wat met "die kerk langs my" gebeur!