Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

8/06/2013

Elections a la Africa: "One for you, TEN for me..."

“Those who vote decide nothing. Those who COUNT THE VOTE decide everything.” ― Joseph Stalin

5 comments:

Liza-Nel said...

Oppas vir wie jy lag, want dis soos Robert de Niro sê "I dont’t approve of political jokes....I’ve seen too many of them get elected".

Henrietta said...

Hehehe... ja hoe het die ou mense gesê: pasop jy gaan nog met spot na bed!

Dit is baie moeilik om in God se Woord te glo by sulke blatante kullery, soos ons dit lees in
Rom 13:1 :

"Laat elke mens hom onderwerp aan die magte wat oor hom gestel is, want daar is geen mag behalwe van God nie, en die wat daar is, is deur God ingestel".

Henrietta said...

BAIE dankie vir al die mooi stukke waarmee jy ons blog "versier" Liza - ook die "banner" wat beweeg. Dit is so geloofsversterkend

Liza-Nel said...

Henrietta ja, ‘n mens se bloed kook behoorlik as jy die goed hoor en lees, maar dis nie net eie aan die tyd waarin ons leef nie. Daar was nog altyd deur die eeue heen swak regerings, bedrog en wreedhede gewees.

Neem bv die tye en omstandighede waaronder Paulus Romeine geskryf het (met Nero aan bewind). Romeine 16:22; “Die stadsbestuur het toe hulle klere van hulle laat afskeur en beveel dat hulle lyfstraf moet kry. Nadat hulle baie geslaan is, is hulle in die tronk gegooi, en die bewaarder het opdrag gekry om hulle streng te bewaak. Op hierdie bevel het hy hulle in die binneste sel opgesluit en hulle voete in die houtblok vasgeklem.”

En dis maar een van die vele geleenthede waar hulle hom byna doodgeslaan en in die tronk gestop het – Paulus het beslis rede gehad om hoogs ongelukkig te wees met die Romeinse owerhede.

Ek dink sy merkwaardige positiewe ingesteldheid in Rom 13:1 het te make gehad met sy gehoorsaamheid aan God, want hy het geweet op die ou einde kom die regering nie van buite nie, dit kom van Bo en van binne. Dis ‘n geval van “Vrees God. Eer die keiser.”


Henrietta said...

Goed gestel Liza - dit gee perspektief!