Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

7/17/2013

"WARE BEROU"...

J.M. Versluis het vanoggend getwiet: @Beeld_Nuus ware berou kan versagtend wees, maar daar is geen teken hiervan in die saak nie - Bam. #Kotze Ek het ook in verband met die Boston bomme so ‘n paar maande gelede gelees : “Dzhokhar Tsarnaev showed little signs of fear or remorse” Hoe meet regters “WARE BEROU” ? Wat is “WARE BEROU” in Bybelse sin?

3 comments:

Liza-Nel said...

Ware berou in die Bybelse sin is Dawid se skuldbelydenis in die bekende Psalm 51.

Alhoewel berou en skuldbelydenis bymekaar hoort, is dit tog ook twee verkillende kante van dieselfde muntstuk. Die een het met die hart te make terwyl die ander deur die denke/verstand voortgebring word. Die eerste is die resultaat van die werking van die HG in ‘n mens terwyl die laaste vernuftige toneelspel kan wees. Jy kan maklik ‘n regter so flous vir ‘n opgeskorte vonnis, maar nie vir God nie. Hy ken die verskil. Dus is ware berou ‘n saak van die hart, vir die gewete - ’n saak wat diep in jou gemoed saad skiet voordat dit uiting vind in 'n skuldbelydenis.

Dawid het besef dat hy nie net teen mense gesondig het nie, maar wel bó alles teen die Heilige God... “Teen U alleen het ek gesondig, ek het gedoen wat verkeerd is in U oë.” (Ps. 51:6.) en in vers 13 “Moet my tog nie van U af wegdryf en U Heilige Gees van my af wegneem nie.”

Liza-Nel said...

Nog 'n Bybelse voorbeeld van ware berou is die van Jesaja toe hy bewus word van sy eie sonde en hy uitroep: “Wee my, ek is verlore! Want ek is 'n man onrein van lippe en woon onder 'n volk wat onrein van lippe is; want my oë het die Koning, die HERE van die leërskare, gesien!” (Jes. 6:5).

Lyk my sonder die gewaarwording van God se absolute heiligheid kan ons nie anders as om ons eie sonde en nietigheid raak te sien nie, kan daar nie werklik berou en skuldbelydenis wees nie...!

Dit moet in ieder geval bitter moeilik wees vir enige regter om te bepaal of die beskuldigde werklike berou het al dan nie...

Die Dekaan van die St John's Universiteit en Prof. in Regte en Etiek, Michael Simons sê as volg:- "The issue of remorse becomes even more complicated, irrespective of the definition chosen, due to several factors which inherently make it more difficult to assess the presence or absence of remorse: subjectivity, deception, cultural values, developmental limitations, and psychological problems."

'n Bietjie van Salomo se wysheid sou beslis handig te pas kom.

Henrietta said...

Stem saam met jou Liza! Ek dink ware berou moet gepaard gaan met een of ander handeling ( iets soos die verlore seun ) .

Daar is ‘n groot verskil tussen bloot om verskoning vra en skuldbelydenis. Om om verskoning te vra vir iets wat bely moet word is humanisties en vra eintlik niks van die persoon nie.