Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

5/21/2013

Waterskeiding

Waterskeidings. Dit sny, dit verdeel, dit lê bestemmings vas - dis lotsbepalend.

In sy boek, The Great Evangelical Disaster, vertel Francis Schaeffer (1912-1984) van 'n skerp rotsrif bo in die berge naby sy tuiste in Switserland. Weerskante van hierdie rif lê daar twee diep valleie. Gedurende wintertye word hierdie rif geheel en al deur sneeu bedek en vorm dan ‘n aaneenlopende en gelyke plaat sneeu. Hierdie plaat sneeu is egter 'n illusie - die  rif wat onder die sneeu versteek lê  is in der waarheid 'n waterskeiding vir die twee strome water wat ontstaan as die sneeu smelt.. Een deel van die sneeu, as dit smelt, loop af na die een vallei, en die ander deel, in direkte kontak daarmee, na die oorkantse vallei.
Die een vallei is deel van die Rynrivier se opvanggebied en die water wat aan daardie kant afvloei in die Ryn beland uiteindelik in die koue water van die Noordsee. Maar sneeu wat 'n halftree verder smelt, beland in die meer van Geneve en  Rhonerivier, en uiteindelik in die warm waters van die Middelandse See - 'n duisend myl vanaf die Rynmonding.

Hierdie rif bo in die berge verdeel, sny en herlei die waters na twee verskillende bestemmings...

Schaeffer vergelyk die kerk se Skrifbeskouing met so ‘n waterskeiding. Wat ons glo oor die Bybel is in elke opsig lotsbepalend. Dit wat jy daaroor glo, dit bepaal hoe jy sal leef en wat jou waardes sal wees en waarheen jy op pad is.

God se waarheid is ‘n waarheid in fyn balans, dis ‘n waarheid in ewewig, word die hoekpenne net ‘n fraks verskuif kan die kanteling die lewens en bestemmings - dikwels ewige bestemmings - van tallose mense ingrypend raak.

Within evangelicalism there are a growing number who are modifying their views on the inerrancy of the Bible so that the full authority of Scripture is completely undercut. But it is happening in very subtle ways. Like the snow lying side-by-side on the ridge, the new views on biblical authority often seem at first glance not to be so very far from what evangelicals, until just recently, have always believed. But also, like the snow lying side-by-side on the ridge, the new views when followed consistently end up a thousand miles apart.”
“Here then is the watershed of the evangelical world. [...] We must, with prayer, say no to the theological attack upon Scripture. We must say no to this, clearly and lovingly, with strength. And we must say no to the attack upon Scripture which comes from our being infiltrated in our lives by the current world view of no-fault in moral issues. We must say no to these things equally.”
As ons nie deur die woord en ons meegaande lewenstyl sterk standpunt inneem vir die waarheid en teen die valse leer nie, is ons besig om 'n muur te bou tussen die volgende geslag en die evangelie. Vergeet dit nooit nie: die kerk wat ons kinders en kleinkinders op ewigheidspaaie moet lei, word vandag gevorm.

Die volle hoofstuk/ Marking the Watershed uit Schaeffer se aangrypende boek The Great Evangelical Disaster kan hier gelees word:  http://www.bible-researcher.com/schaeffer1.html

3 comments:

Henrietta said...

Pragtige leersame stuk, dankie Liza! Ek het na aanleiding van hierdie stuk van hom wat ek so 'n jaar of wat gelees het, daardie "waterskeidingspunt" gaan Google. Merkwaardig. En hy pas dit meesterlik toe!

Henrietta said...

Ek dink die NG Kerk is al by daardie " waterskeidingspunt" verby. Ook hier by ons kan mens die tendense sien. Besluite oor die Skrif wat met die Algemene Sinode van 2002 geneem is, het waarskynlik "die waters geskei" en in 'n liberale rigting laat loop. Hier kan meer daaroor gelees word:

http://www.glodiebybel.co.za/index.php/geloofskwessies-m/70-skrifbeskouing-kat/741-op-watter-tak-iets-oor-die-standpunte-rondom-skrifbeskouing-by-die-ng-kerk-gedurende-die-afgelope-50-jaar.html

Liza-Nel said...

Soos blyk uit die dwaalleer tugondersoek teen dr Ben du Toit wat gelees kan word op die 'Hier staan ek' blog van Wynand Louw onder -Verbatim Transkripsie 1, (http://hierstaanek.com/2013/05/19/die-uitkoms-van-die-dwaalleer-tug-ondersoek-teen-dr-ben-du-toit/) spel Ben du Toit die waterskeidingkoers wat die NGK inslaan in geen onsekere taal uit nie.

Lyk my alles wat die wetenskap opdis word as die waarheid aanvaar, en dan word verwag dat die Bybel daarby moet aanpas. “Indien die wetenskap en die Bybel mekaar weerspreek, dan moet die wetenskap korrek wees”...