Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

5/17/2013

The Bible says: Faith moves mountains ...

... and many things more. Martin Luther said: "Faith cannot be inherited or gained by being baptized into a Church. Faith is a matter between the individual and God."

9 comments:

Henrietta said...

Dankie Liza vir die inspirerende stukkie oor geloof aan die regterkant van ons blog, en die mooi dahlia daarby!

Henrietta said...

DANKIE ook vir die "rollende" aanhalings net onder die mashoof!

Henrietta said...

Luk 17:5 Toe het die apostels aan die Here gesê: Gee ons meer geloof.

Jesus het baie te sê gehad nadat sy dissipels hierdie vraag gevra het, maar uiteindelik lyk dit nie of Hy aan hul versoek voldoen het nie. Sy antwoord was die bekende woorde oor "mostertsaad-geloof"

Henrietta said...

"Toevallig" op die pastoor se FB vandag!

The Bible speaks of the “proportion of faith”, its relationship of size (Romans 12:6). It is proportionate to the job at hand, tied to the need. Like running and needing more air, your intake increases automatically. A faith-task is something special. The word “size” loses its meaning. The bigness of a fence, a hill or a house is all the same to a bird flying over them. By faith we shall mount up with wings like eagles (Isaiah 40:31), and nothing is insurmountable. Trust Jesus TODAY. God bless you. REINHARD BONNKE

Liza-Nel said...

Bely en beleef, dit wil sê: leef uit, maw glo in dit wat jy bely. “Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van hemel en aarde.”

Die staaltjie van Luther en die ou boer sluit hierby aan. Op ‘n dag loop Luther hom raak, uiters verslae en pessimisties, want sy hele boerdery het afgebrand. Die toekoms het vir hom donker gelyk. “Wel, man” sê Luther, “ken jy die Twaalf Artikels?” Ja, dit ken hy en op Luther se versoek begin hy dit opsê: “Ek glo in God die Vader, die Almagtige, Skepper van hemel en aarde en . . .” “Stop! ” sê Luther vir hom. “Glo jy dit werklik?”?” Op die bevestigende antwoord van die boer sê Luther: “Maar mens, as jy nou waaragtig glo dat die Almagtige jou Vader is, hoe kan jy nog vir een oomblik bang wees dat Hy nie vir jou sal sorg nie?”

Dis waar, maar terselfdertyd bitter moeilik ook...

Liza-Nel said...

Dr AH Bogaards skryf: "Daar was meer hervormers as net Calvyn en Luther in die tyd van die Reformasie. In Zürich was daar ‘n man met die naam Heinrich Bullinger.

Bullinger het ‘n baie mooi boek oor die Christelike geloof geskryf. Die titel van die boek is Die ou geloof. In daardie lesenswaardige boekie toon Bullinger aan dat die Christelike geloof nie eers in die Nuwe Testament sy onstaan het nie. Die Christelike geloof is ‘n stokou geloof.

Die hele verlossing van Christus Jesus is reeds lank, lank tevore beloof en geprofeteer ook aan die mense van die Ou Testament. Daarom het óók die aartsvaders – óók Abram dus – ons Here Jesus Christus in die gees gesien en op Hom vertrou. By ons is alles wel duideliker én ons het die vervulling, terwyl dit by hulle nog in ‘n mate donker was en ‘n saak waarvoor hulle nog gebid het."

Sjoe...Sou ons soveel geloof gehad het in 'n verwagting wat nog so ver in die toekoms gelê het?

Henrietta said...

Interessant wat Bullinger te sê het, Liza ( terloops tot my skande het ek nog nooit van hom gehoor nie!). Dit is in lyn met wat Hebreërs 11 oor die geloofshelde, een na die ander, sê. Het Jesus nie vir sy dissipels iewers ook gesê die profete wou baie graag sien wat hulle nou sien nie ( dus die vervulling van dit wat hulle voorspel het) . Ek sien dit as 'n gawe van die Here, die "openbaring" om te kan insien waar Jesus oral in die OT genoem word.

Henrietta said...

Het dit! Luk 10:23 En Hy het Hom omgedraai na sy dissipels en afsonderlik aan hulle gesê: Salig is die oë wat sien wat julle sien;
Luk 10:24 want Ek sê vir julle, baie profete en konings het gewens om te sien wat julle sien, en het dit nie gesien nie, en om te hoor wat julle hoor, en het dit nie gehoor nie.

Liza-Nel said...

God gee vir elkeen van ons ‘n ‘maat’ van geloof: (Rom. 12:3.): “...Nee, lê jou liewer daarop toe om beskeie te wees in ooreenstemming met die
maat van geloof wat God aan elkeen toebedeel het.”
Elkeen van ons het ‘n maat van geloof ontvang, party meer en ander minder...