Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

5/30/2013

Purpose Driven en doelgerig...

  "Sy omgord haar lendene met krag en hou haar arms stewig" (Spreuke 31:17) ...'n Regte Purpose Driven vrou, sou ek sê. Die Apostel Petrus het dit ook waardeer (1 Petrus 3:1).  ;)

6 comments:

Henrietta said...

Hiehiehie ... van daardie soort tantes wat 'n man sê: "I am the boss in this house, AND I have my wife's permission to say so!"

Moet 'n taamlike gewigtige tante wees, soos die een wat AG VISSER oor gedig het in "VET" met die sub-titel: ’n Swaar voorwerp as ligte onderwerp.

As ou tant Siena straat-op loop
Om antipon of spek te koop,
Sê dié wat pad maak: Dank die Heer!
En sit hul sware stampers neer.

Verlede Sondag in die kerk
Merk ek nog weer die wonderwerk,
Die eienaardigste geval:
Sy wou gaan sit, toe sit sy al!

Kom stipte meester Van der Dool
’n Paar minute laat op skool,
Dan sê die kinders: Weet jy wat?
Tant Sien was seker in sy pad!

’n Wewenaar wou met haar trou;
Die landdros sê: Nee, bog met jou!
Dink jy miskien dis hier Turkei?
Ons wet verbied veelwywery!

Wil jy as Volksraadslid gaan staan,
Roep haar byeen en spreek haar aan -
Maar jy alleen met haar gaan trou .......!
Jy laat my lag - wat pla vir jou?

Een Psalm van Dawid maak haar boos:
Dit stempel "vet" as "goddeloos":
"Indien men op hun voorspoed let,
Hun oogen puilen uit van vet!"

Suid-Afrika! So moes Van Wouw,
Presies soos sy, jou beeltnis hou:
Swaar die Verlede agter, hoor,
Maar groter nog die Toekoms voor!

Haar einde was besonder sag,
Al was dit ook ’n sware slag,
Haar val was sonder blaam of smet,
Die oorsaak van die dood: Net Vet!

Liza-Nel said...

Soos net AG Visser kan!
My innige simpatie aan al die pantoffel-helde (omies)!

T.C. Breitenbach said...

Dis nie reg dat ons dom ouens alewig so moet sukkel nie. Waarom? Omdat my Bybel se 1 Petrus nié 31 hoofstukke het nie, en daarom ook nie 'n vers 17 nie. Daarom het julle 'n voorsprong bo my wat nié het wat julle het nie. Kan dit dieselfde vrou, moeder van koning Lemuel, wees van wie daar in Spreuke 31 skryf? Indien wel, moes sy beslis 'n metamorfose ondergaan het. Sal die regte "koningsmoeder" asseblief hand opsteek?

Henrietta said...

"Wakker Akker" - dit is JY Tommie! Die lekkerte van die storie het my dwarsoor Liza se tikfoutjie laat lees - hoe sê hulle nou weer, moenie dat feite 'n goeie storie bederf nie !

Liza-Nel said...

:))))Henrietta, daar vat jy toe die woorde uit my mond.

Jammer Tommie dat ek jou so laat soek het - ek het so bietjie (baie) deurmekaar geraak met die twee verse. :))

(Eintlik pas die opskrif op die foto seker meer by 1 Petrus 3:1, maar Spreuke 31:17 pas lekkerder by die stoere tante se vasberadenheid om die omie op 'de smalle weg' te hou...)

T.C. Breitenbach said...

Sommer net 'n bietjie "moedswillige stoutigheid" van my kant. Ek het wel deeglik besef wat hier gebeur het. Liza, ek het al gewonder wat van jou geword het. Ek moet sé ek mis jou en jou skrywes waarvan, indien ek reg kan onthou, Henriëtta al gesê het; "Skerp soos 'n Minora-lemmetjie."