Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

5/26/2013

Pous Francis sê slegs goeie dade is 'n vereiste vir redding.


Pous Francis sê dis nie net Katolieke wat gered sal word nie, maar  almal, ook ateïste, wat goed doen...Hy sê goeie dade verenig mense en bevorder sodoende  vrede.
 
Ek lees elders daar is reeds ‘n paar teoloë wat hoog in hulle skik is met di
é uitspraak en meen dat dit hoogtyd is dat God van ons beperkte denke oor Hom bevry word...
 

6 comments:

Liza-Nel said...

Soveel dae soveel dinge...

Ek wonder watter Bybel lees die pous of verstaan hy bloot nie wat hy lees nie?
As werke ons red, waarom was dit dan nodig vir Jesus se Kruisdood? Dan was Jesus se lyding mos onnodig. En ja Christus het vir almal gesterf, maar dan moet ons ons immers beroep op Jesus se offer anders het Jesus se dood geen betekenis nie.

Daar is verskeie gedeeltes in die Bybel wat duidelik wys dat die ver-onderstelling is dat nie almal gered word nie - soos bv Mt 10:22 wat sê: "Maar wie tot die einde toe volhard, sal gered word." Hoe sou die pous hierdie uitspraak dan vertolk?

Die bekende Joh 3:16 sê onomwonde "God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê." Slegs die wat glo sal gered word. En wat van bekering?

Henrietta said...

Liza, dit beteken ook dat hulle skaars 'n millimeter weg beweeg het van dit waaraan hulle geglo het vóór die hervorming. Vir hulle is die kerk soos 'n organisasie - die Vroue Lanbou-unie, die Round Table of so iets. Neeeee erger nog, dis 'n iets soos 'n beleggingsmaatskappy - die RKK is mos skat-skat ryk.

Henrietta said...

As ek dit reg verstaan, is die heilsorde vir hulle min of meer so iets:

Redding word verkry deur die kinderdoop, word onderhou deur goeie werke en ook geloof, bieg/belydenis (“confession”) , boetedoening en deur die volgehoue aanneem van Christus deur die sakramente.

Liza-Nel said...

Ja ek's bekend met hulle geloof + werke as redding ens, maar sou graag wou weet hoe die pous ateïsme regverdig?

Die media noem hom nie verniet "Pope of Firsts" nie. Hulle meen hy gaan die Katolieke kerk op ‘n progressiewe pad plaas.

Dr Braam Hanekom van die NGK het glo die Katolieke gemeenskap geluk gewens met pous Franciscus se verkiesing as die eerste Suid-Amerikaanse pous.
- “Dit is inderdaad `n historiese geleentheid en betekenisvol nie net vir die Katolieke Kerk nie, maar ook vir die hele Christen-gemeenskap wêreldwyd. Dit bevestig nie net voortdurende bewegings wat in die wêreld-kerk aan die gang is nie, maar herbevestig ook `n beweging na eenvoud, die helder verkondiging van die Evangelie van Christus en die uitreik na armes.”

Ons is mos goed bekend met al die voortdurende bewegings en agendas wat aan die gang is, hier ter plaatse ook...Ek wonder wat dink Dr Hanekom en kie van die ateïste wat skielik vrypas gekry het? Of sluit dit aan by sy 'helder verkondiging van die Evangelie'?


Henrietta said...

Liza ek dink hy en ouens wat hom so bewonder sluit in 'n mate aan by Rob Bell se universalisme soos hy dit uitspel in "Love wins" - dat alle mense uiteindelik gered sal word.

Henrietta said...

Hier is ook 'n bespreking van die "toenadering" tussen die NGK en die RKK:

http://hierstaanek.com/2013/03/19/dr-kobus-gerber-en-die-roomse-gevaar/