Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

5/10/2013

MOEDERSDAG-GEDAGTES: Hoe lief God ons het …soos ‘n hen

 Die Bybel het pragtige metafore om God se liefde vir ons uit te druk, soos die volgende: Lukas 13:34 : “Jerusalem, Jerusalem! Jy wat die profete doodmaak en die boodskappers stenig wat na jou toe gestuur is, hoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaarmaak SOOS 'N HEN HAAR KUIKENS ONDER HAAR VLERKE, maar julle wou nie!” Ander plekke waar God se liefde met moederliefde vergelyk word: Jesaja 49:15: “Kan 'n vrou haar eie baba vergeet, haar nie ontferm oor die kind wat sy in die wêreld gebring het nie? Selfs al sou so iets kon gebeur, Ek sal jou nie vergeet nie.” Isaiah 66:13: “Soos 'n moeder haar kind laat veilig voel, so laat Ek julle veilig voel.”

3 comments:

Henrietta said...

DANKIE Liza, vir die kosbare foto van moeder en dogter, en die pragtige aanhalings, soos net JY kan doen!

Liza-Nel said...

Spreuke 31:10-31 vra: “Kan ons ‘n vrou se waarde werklik meet?”
Ek dink nie so nie, want behalwe dat dit ‘n hengske geldmaakgeleentheid is, voel dit vir my asof die ma se waarde een maal per jaar slegs ‘n mooi stukkie juweliersware of ‘n ete by ‘n duur restaurant werd is...terwyl dit onmeetbaar meer is – Spreuke sê immers “’n Knap vrou is baie werd, baie meer as edelstene” (v 10) en behoort elke liewe dag van die jaar as sulks gekoester te word!

Henrietta said...

Ag Liza, hoe goed laat jy my nou voel!

Slim ouens het daar 'n geldwaarde aan probeer koppel:

Total annual Mom cost: $61,436

Source: U.S. Bureau of Labor Statistics

Lees meer hier: http://parenting-source.com/mommy-tips/how-much-is-a-mom-worth%E2%80%94monetary-wise/