Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

3/10/2013

Hy galop nog steeds...

Daar galop glo 'n Trojaanse perdjie in die NG Kerk rond.
-Jean/Kletskerk. Nov. 17. 2010. 4:26.

Met verwysing na die KB-debakel vra iemand op Kerkbode se FB blad of die TP nie tog 'n bietjie skop gehad het nie?
Ja hy het geskop waar dit baie seer maak en soos dit blyk is daar nog baie skop in die " Trojaanse perdjie" oor.

17 comments:

Henrietta said...

Giegiegie kostelik Liza! ... iewers in die afgelope weke het ek die opmerking gemaak dat ons in die Trojaanse perd een of ander sensitiewe senuwee moes raakgeboor het, want dit lok nog steeds reaksie uit. Wel, negatiewe advertensie is OOK advertensie - die page hits op www.glodiebybel.co.za het skielik geklim vandag....

Danie Loots said...

Ja-nee, ek sien die perdboek en Hennie Mouton is sommer by naam genoem in vandag se Rapport.

Ek wonder hoeveel mense val vir die trant van hierdie artikel? Tipiese artikel wat Bybelgelowiges wil uitbeeld as onverdraagsaam en teen vernuwing.

Hoeveel mense sien die Bybelgelowiges se desperate stryd vir die waarheid. Hoevell mense wat vandag se onderhoud met Jean Oosthuizen lees, sien die gevaarligte in die volgende stuk?

'En die hemel en die hel?

Hy gee ’n laggie. “Ja, die hemel en die hel, verál die hel.

“Joe. As ons glo in ’n God van liefde en genade, hoe sal Hy toelaat dat jy vir net 80 jaar op aarde leef en dan vir die res van die ewigheid in die helse vuur deurbring? Ek kan my nie met so ’n godsdiens vereenselwig nie. En die hemel? Ja... wat wéét ons wat ná die dood gebeur.”

En is daar net een God vir Christene, Moslems en Jode?

“Kyk, party mense dink ons geloof is ál regte een. Maar as ek in ’n Moslemland gebore is, was ek mos ook een.

“En ’n Jood in Israel. Wie gee mý die reg om te sê net my godsdiens is reg? Ek het God leer ken deur ­Jesus van Nasaret wie se volgeling ek is, wat rigting gee aan my lewe. Maar ek kan nie sê ’n Moslem is verkeerd nie, dis arrogant.”
'

Hoeveel mense sien die aanval op Christendom, op die outoriteit van die Bybel raak. Geklee in mooi woorde soos "liefde" en "verdraagsaamheid".

Hoeveel mense besef dat Bybelgelowiges, wel Jesus se liefde nastreef, maar nooit sonde goedpraat nie. Hy het die sondaar lief, maar haat die sonde.

Hoe is dit dan dat mense dan verlei word met slim woordkeuses van die wat nie meer in die Bybel as God se Woord beskou nie?

Ja-nee, ek stem saam, julle perde boek het die vyand ontmasker, en hulle hou nie daarvan nie.

Ag, julle, nou sal ek seker onverdraagsaam wees oor ek die "vyand" woord gebruik het. Nee, die vyand is nie Jean Oosthuizen nie, die vyand word beskryf in Efs. 6:12. Hierdie vyand gebruik mense, selfs kinders van God.

"Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug.".

Aan die skrywers van die Trojaanse Perd boek, weereens dankie dat julle die durf en moed gehad het om die verleiding en leuens aan die lig te stel, ten spyte van soveel vervolging deur die sg. verdraagsames.

Henrietta said...

Dankie Danie dat jy hierdie dinge so duidelik uitlig . Dankie ook vir jou bemoedigende woorde! Dankie dat jy self deel is van die gehate "fundamentaliste" wat nie skaam is om vir die waarheid en Die Waarheid ( Jesus Christus ) op te staan nie. Ja, inderdaad is ons worstelstryd nie teen vlees en bloed nie - - goed dat jy ons herinner WIE die ware vyand is! Seënwense en lekker week daar.

Liza-Nel said...

Die wegval van die waarheid af sal so groot en sterk word dat evangeliese Christene belaster, uit kerke verban en vervolg sal word. Petrus praat van “valse leraars wat verderflike ketterye heimlik sal invoer, en ook die Here wat hulle gekoop het, verloën en ’n vinnige verderf oor hulleself bring; en baie sal hulle verderflikhede navolg, en om hulle ontwil sal die weg van die waarheid gelaster word” (2 Pet. 2:1-2).
En dit is presies besig om só te gebeur. Lees maar die webblaaie en veral KB, NGK mondstuk, se webblad - hoeveel predikante neem nie daar deel nie en kyk net wat raak hulle nie alles kwyt nie!!

Henrietta said...

Liza ek het lanklaas daardie deel gelees ... dit is baie van toepassing op wat besig is om te gebeur

Jaco Steyn said...

Ek het al die jare gedog die Groot Geldmag en hulle ANC marionette is die ware "vyand" en nou vertel julle vir my dat die ware vyand die (denkbeeldige) Duiwel is ;)

Liza-Nel said...

Ag toemaar Jaco, dis ou laai van die duiwel om mense te mislei om te glo hy nie bestaan nie. ;))

Henrietta said...

Jaco ek sien op Kerkbode se Facebook tref jy 'n verband tussen Belhar en die Groot Geldmag, in antwoord op prof Nelus se plan vir 'n beter SA. Hoe bring jy Belhar en Groot Geldmag bymekaar? Ek sien ook jy dink die GG se plan is om SA vernietig? Kan jy verduidelik?

Henrietta said...

Probeer hierdie skakel na Kerkbode se FB as julle ook wil sien waarvan ek in my vorige plasing gepraat het:

http://www.facebook.com/photo.php?fbid=598433220185307&set=a.138688516159782.21666.138430332852267&type=1

Jaco Steyn said...

Die hoofdoelwit van die Groot Geldmag m.b.t. Suid-Afrika is om soveel as moontlik van die minerale rykdomme van die land in die hande te kry. Vergelyk ook die onlangse "fracking"-planne in die Karoo. Die beste manier waarop hulle dit kan regkry is om met die hulp van ʼn korrupte swart regering onverpoosd daarmee te kan voortgaan. Hendrik Verwoerd het in die pad gestaan van die bankiers en geldmag se planne en daarom moes hulle ontslae raak van hom. Die aanvaarding van die Belhar Belydenis sal die NG Kerk nóg nader beweeg aan amptelik ANC regeringsbeleid en nog verdere verdeeldheid onder Afrikaners teweegbring. As gevolg daarvan sal die Afrikaners nog meer selfgesentreerd raak en minder bereid wees om doeltreffend saam te staan en weerstand te bied teen die regering se misbruike. Vervolgens sal die korrupte ANC en hul Groot Geldmag toutrekkers nog geredeliker kan voortgaan om hulself te verryk ten koste van die welsyn van die meeste ander Suid-Afrikaners. Die parasitiese lewensbeskouing van die Groot Geldmag en hul kommunistiese (ateïstiese) handperde sal op die ou end hul eie, sowel as die res van die land, se ondergang bewerkstellig. Onthou dat dit alles ook op die ou end deel is van die nader beweeg aan ʼn uiteindelike eenwêreldorde...

Danie Loots said...

Jaco, Groot Geldmag of te nie, die geeste in die lug, die duiwel en sy makkers, beinvloed mense en gebruik mense.

Dit verwyder egter nie die individu se aandeel daarin nie. Elke persoon wat wel van vir die duiwel se leuens, is nog steeds aanspreeklik vir sy eie dade.

Die bedoeling van Efs. 6:12 is dat ons, Bybelgelowiges, nie uit die oog moet verloor dat mense wat die outoritieit van die Bybel aanval, wel mense is wat deur God geskape is nie en dat Hy steeds lief is vir hierdie individue. Ons, Bybelgelowiges, moet nie van die geestelike aspek van die stryd vergeet nie.

Vir jou het hy net waar hy jou wil hê. Ontken sy bestaan en blameer die foute om almal om jou (verlede, hede en toekoms).

Vir my beteken dit ek moet my oë oop hou waar die vyand my beinvloed en my wil gebruik teen Jesus se Koningkryk en Plan. En om met gebed en liefde die vyand se werke vernietig. Liefde is egter nie om die Waarheid te kompromeer nie.

ps. Henrietta en Liza, Jaco sê dat "...sowel as die res van die land, se ondergang bewerkstellig." Ek en hy het 'n jaarlikse afspraak om die toekoms van Suid Afrika en Afrika te bespreek. Hy is redelik oortuig dat alles ten gronde gaan en ek is oortuig dat Afrika en Suid Afrika 'n wonderlike toekoms voor het. Dit gesprek raak elke jaar interessanter.

Jaco Steyn said...

@Danie. Een van die bekendste skrywers oor samesweringsteorieë, David Icke erken self dat dit uiteindelik die "gewone man op straat" se skuld is dat die Groot Geldmag of Illuminati, geleidelik al magtiger word. Hy verduidelik dat daar ‘n "revolution of perception" i.p.v. ‘n "violent revolution", moet plaasvind alvorens ontslae geraak kan word van die geweldige invloed van die Groot Geldmag.

Ek erken dat die meeste probleme waarmee ek vandag worstel, die gevolg is van verkeerde besluite wat ek jare terug geneem het. Ek is byvoorbeeld nog steeds spyt dat ek nie meer as 10 jaar gelede geëmigreer het nie. Ek het ook intussen, wat my beroep betref, gefouteer deur te bedank by Shoden Data Systems...

Elke jaar is ek net meer en meer oortuig daarvan dat die land geleidelik besig is om ten gronde te gaan. Deesdae sien ons dit selfs in die aaklige toenemende geweldsmisdade teen vroue en kinders, die styging in petrolpryse, toenemende verdeeldheid onder Afrikaners; asook in die regering se planne met grondhervorming...

Liza-Nel said...

Danie dit klink baie interessant... wil julle nie die inhoud van julle "afspraak" hier ook plaas nie?

Danie Loots said...

Liza, ons afspraak is 1 Mei elke jaar. Ek sal probeer onthou en dalk dan sommer die laaste maar jare s'n opsom.

Henrietta said...

Danie, jou plasing wat só begin: Jaco, Groot Geldmag of te nie, die geeste in die lug, die duiwel en sy makkers, beinvloed mense en gebruik mense" maak vir my geweldig sin en is gegrond op Bybelse waarhede.

Soos Liza sou ek ook graag meer van julle "GROOT DEBAT" wou hoor.

Wat die "een-wêreldregering" betref, glo ek dit is in lyn met wat die Bybel voorspel, dat alles reggemaak word vir die koms van die anti-chris. Die Illuminati of wie ook al, kan niks doen sonder dat God hulle toelaat nie.

Danie Loots said...

Julle, lees ek toe nou die dag Openbaring 20 raak (net nadat ek 'n paar dele uit Genesis vir my kinders gelees het :-) ).

Die geeste in die lug het beslis rede om te baklei soos hulle kan om te keer dat Jesus kom, soos dit vir my lyk. Dit is nogal onstellend om te sien wat met mense gaan gebeur wie se naam nie in die "boek van die lewe" is nie.

Ons fokus baie op Vader se liefde en genade, maar daar is 'n hartseer kant ook vir die wat weier om sy verlossinsplan te aanvaar.

Dit het opnuut my net laat besef hoe belangrik ons taak is.

En ek besef nou, ook hoe belangrik daardie Perdboek van julle is, al het dit soveel ongemak veroorsaak.

Die Waarheid is altyd beter as kompromie, al sny die Waarheid / Woord soms tussen been en vlees.

Liza-Nel said...

Ek weet daar is baie mense wat glad nie in die vergeesteliking van die Geldmag-storie glo nie, maar ek persoonlik glo weer dat wat daar in Openbaring oor die Antichris en sy 'Een Wêreld Orde’ voorspel word, tans besig is om in die praktyk deur die Geldmag uitgespeel te word.

Ons is in die finale aanloopfase (laaste dae) van die kerkdispensasie om die mensdom op die verskyning en aanvaarding van die universele messias voor te berei. Ek hoef nie daarop uit te brei nie, ons weet wat feitlik op alle gebiede rondom ons aan die gang is. Dus gaan ek nie in angssweet daaroor uitbars of die land verlaat nie. Waarheen sal jy in elk geval vlug waar jy nie net so sleg of slegter daaraan toe gaan wees as hier nie, of waar die Geldmag nie sy invloed laat geld nie?