Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

2/24/2013

"NOGTANS... is Oosthuizen toegelaat om in sy redakteurspos aan te bly ...

"NOGTANS..." klein woordjie, tog van belang: http://hierstaanek.com/2013/02/24/rapport-nogtans-is-oosthuizen-toegelaat-om-in-sy-redakteurspos-aan-te-bly/

3 comments:

Danie Loots said...

Dit is inderdaad 'n teleurstelling, maar dit moes seker te wagte gewees het n.a.v. so 'n groot deel van die leierskap wat self maar verdag is oor hul vebintenis tot die Evangelie van Jesus se verlossing en die outoriteit van die Bybel as die waarheid en die Woord van God.

Ek hoop egter dat hierdie gebeure, soos die Trojaanse Perd boek, net nóg meer bewustheid sal skep by lidmate en gemeentes.

Danie Loots said...

Weereens, sterkte vir julle. Dit is 'n lang en taai stryd, waarin daar soms bitter min vordering gesien word.

Ek dink skielik aan Josef. Dink aan sy gedagtegang die aand voor hy vir Farao gesien het. Die arme man was seker oortuig dat hy vir ewig 'n slaaf in die tronk gaan bly. Dit was waarskynlik die laagte punt van sy lewe.

Die volgende dag was hy tweede in bevel van Egipte.

Henrietta said...

Dankie vir jou reaksies Danie. Die teendeel kan ook waar wees, soos ons lees van Haman en Mordegai in die Ester-verhaal in die Bybel.

Ek berus my by die kernboodskap van hierdie lied wat ons graag in ons gemeente sing:

Wie regeer
Wie is in beheer
Wie’s die Begin en die Einde
Die Een wat is, wat was en wat kom
My hart wil sing
Alle eer wil ek bring
Hy’s die Weg en die Waarheid
Daar’s niemand, niemand soos Hy
Koor:
Lig jou hande na bo (Sing Halleluja)
Gee eer aan Hom (Halleluja)
Ons Koning kom
Loof sy heilige naam
Lig jou hande na bo (Sing Halleluja)
Vertrou op Hom (Halleluja)
Ons Koning kom
Hy kom om ons te haal
Elke knie sal buig
En elke tong sal getuig
Hy’t die dood vir ewig oorwin
Hy’t opgestaan!
Koor: x 1
In ‘n donker wêreld vra almal
Wie sal die volk kom lei
Dis die Ruiter op die witperd
Hy kom! Hy kom vir jou en my!
Koor: x 2