Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

1/29/2013

Evangelisasiewerk dmv die sosiale media

Een van Jesus se belangrikste opdragte was en is nogsteeds om die evangelie van verlossing na alle volke in die hele wêreld uit te dra.... Dis die grootste, belangrikste asook die moeilikste opdrag wat nog gegee is. Dis die moeilikste taak wat ‘n individu of groep ooit kan aanpak om rede die uitvoering daarvan die betrokkenes in direkte konfrontasie bring met die Christen se mees gedugste vyand - Satan en sy demone. Dis ‘n onmensllike taak wat nie op eie krag aangepak kan word nie. Dit is nie binne die vermoë van enige mens om die ryk van Satan aan te durf en te oorwin nie. Jy kan nie jouself red nie, en ook nie ander verlorenes wat in die mag van Satan vasgevang is nie. Christus gee egter ‘n vaste versekering aan sy dissipels: “Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde.” Hy het gekom om te soek en red wat verlore was (Luk. 19:10), en ons taak is SLEGS om verlore siele na Hom toe te lei. Sy verlossingskrag is deur die Heilige Gees op aarde aan die werk om aan verlorenes redding te skenk en bande van sonde te verbreek. Maw slegs die Gees van God kan redding bewerkstellig, nie Paulus of Apollos nie.

 Dit bring my by die onsmaaklike aanvalle wat telkens deur ongelowiges op goedbedoelde pogings van Christenne geloods word en wat my soms laat twyfel oor die effektiwiteit van evangelisering dmv die sosiale media netwerke...soos bv FB.

 Ek het so ‘n bietjie op internet gaan rondgegrawe en op vele nuttige wenke/ juwele afgekom van al die ‘do’s and dont’s en slaggate’ en is oortuig dat dit tog 'n kragtige stuk gereedskap in die hand van die gelowige kan wees om die Goeie Boodskap oor te dra, mits dit reg gebruik word:
Gary Zimak, ‘n bekende evangeliese spreker sê –*
“ I’m an believer in the effectiveness of evangelizing through social media. How effective? I leave that up to the Lord. I just plant a few seeds here and there and let Him use those seeds to touch and convert the hearts of others.”
Dan King van Bibledude.com. sê
*“Christianity only makes sense to those who realize that they are broken and lost, and it usually takes a fair amount of hardship for people to reach the end of their pride and be willing to admit that they aren't in control.” [...] “Don’t treat people as ‘gospel fodder’. Build unconditional relationships with respect and tolerance. Use integrity. <b>It’s dialogue, not preaching.</b> The focus should be on building authentic relationships. Without it, not only do you run the risk of not being effective, but also in ruining any chance that other Christians might have...,”
Blogger Meredith Gould stel dit treffend:
* "Christ has no online presence but yours,
No blog, no Facebook page but yours,
Yours are the tweets through which love touches this world,
Yours are the posts through which the Gospel is shared,
Yours are the updates through which hope is revealed.
Christ has no online presence but yours,
No blog, no Facebook page but yours."
* "In social networks, believers show their authenticity by sharing the profound source of their hope and joy: faith in the merciful and loving God revealed in Christ Jesus. This sharing consists not only in the explicit expression of their faith, but also in their witness, in the way in which they communicate “choices, preferences and judgments that are fully consistent with the Gospel, even when it is not spoken of specifically."
* "Modern man listens more willingly to witnesses than to teachers, and if he does listen to teachers, it is because they are witnesses." -Pope Paul VI (Evangelii Nuntiandi, 41.)

Hier's ‘n skakel na ‘n pragtige boodskap van Pous Benedict XV1 spesifiek oor hoe om die sosiale netwerke reg te benut tot uitbreiding van God se Koninkryk: "Social Networks: portals of truth and faith; new spaces for evangelization." MESSAGE OF HIS HOLINESS POPE BENEDICT XVI FOR THE 47th WORLD COMMUNICATIONS DAY

3 comments:

Henrietta said...

Dankie Liza - dis regtig mooi en 'n interessante onderwerp. Ek het 'n rukkie terug al gelees dat die Pous nou selfs al tweets die wêreld instuur !! Ek weet nie of jy gesien het nie, maar ek het redelik teen 'n muur vasgeloop ( of liewer in 'n digte doringbos want dit was nogal "pynlik") toe ek twee eenvoudige evangeliese vrae aan iemand op FB gevra het. Eintlik het die persoon my uitgedaag, om dit te doen, en toe ek dit doen toe is daar nogal redelike reaksie. Ek is geen oomblik spyt dat ek dit gedoen het nie, want ek vertrou dat die Heilige Gees verder sal werk - per slot van sake is daar talle "stille luisteraars" wat ook daar lees.

Liza-Nel said...

Ek het jou skakel wat jy elders geplaas het oopgemaak en die reaksies daar gelees. Al wat ek kan sê is dat dié twee here (jy weet wie) weereens my waarneming bevestig het dat 'n groot deel van die mensdom besig is om te regresseer oertyd toe of sal mens dalk kan sê hulle is besig om te evolueer in 'n slegter byproduk van die menslike ras??

Henrietta said...

Ja Liza, ek stem saam! Die een ou het gedreig om iets leliks uit 'n ander persoon se verlede daar te plaas. Toe het het ek hom daaraan herinner dat indien hy dit doen, dit meer oor homself gaan sê as die persoon wat hy wil beswadder ....

Ek stem saam met talle skrywers dat die HOE van sulke openbare gesprekke meer belangrik is as die WAT.

Daar is mos die ou gesegde: 'n diplomaat is 'n persoon wat mens hel toe stuur op so 'n manier dat mens uitsien na die reis ... dis seker op 'n besondere manier hier van toepassing!