Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

8/08/2012

Skrifongeloof in ons tyd




'n Uitstekende uiteensetting deur Ds Slabbert le Cornu, hier:

http://proregno.com/2012/08/07/skrifongeloof-in-ons-tyd-bybel-en-wetenskap-hk-stoker-se-getuienis/#comment-1052

3 comments:

Henrietta said...

Philip du Toit op Aanlyn kerkbode oor hoe ons die Bybel lees:

Ek sou sê niemand lees die Bybel sonder ‘n stel voorveronderstellings nie. Elkeen lees dit met ‘n bepaalde “bril.” Geen “bril” kan egter kritiekloos aanvaar word nie (Deist). Net soos wat diegene wat die Bybel biblisisties lees, gekritiseer kan word dat hulle die Bybel lees op grond van die gesag wat hulle aan die woorde van die Bybel toeken (bv. dat dit as “Woord van God” verstaan word en as bonatuurlik geïnspireer gesien word), kan ‘n leesbril wat by voorbaat skepties is oor die interne eenheid of die goddelike gesag van die Bybel, gekritiseer word. Enige “bril” heg bepaalde gesag aan stemme / invalshoeke / benaderings tot die Bybel. Sommige kritiese lesers van die Bybel ken onwrikbare gesag toe aan die sekulêre wetenskap en sal geneig wees om die waarheidsaanspraak van die Bybel te relativeer aan die hand van die sekulêre wetenskap. Ander kritiese lesers lees bv. die Bybel met ’n naturalistiese bril, waarin die leser bv. by voorbaat skepties is oor die bonatuurlike. Ander kan dalk die Bybel lees vanuit akademiese groepsdruk en probeer om ten alle koste die status quo te behou en in die proses hoofstroom benaderings na te volg. Baie van die “verskille” of “kontradiksies” is nie so seer inherent aan die boeke in die Bybel self nie, maar juis die gevolg van ’n skeptiese benadering waarin alreeds bepaalde gesags- en waarde-oordele vooraf oor die inhoud gemaak is. “Verhale” wat bv. “te goed is om waar te wees” kan byvoorbeeld maklik gesien word as “mites” of slegs “pakkies” waarin ’n boodskappie verpak is.

Ten diepste hang die manier waarop mens die Bybel lees dus af van aan wie jy watter gesag toeken. Dit is onvermydelik. Dit is interessant dat die hoofstroom teologiese landskap in Suid Afrika baie meer neig na die skeptiese kant toe as bv. in Amerika, en selfs in Engeland! Waarom dit so is, weet ek nie. Dit is asof alle hoofstroomkerke en Teologiese Fakulteite in SA druk ervaar om te konformeer tot ’n meer liberale, postmoderne benadering tot die Bybel. Dit is asof daar ’n bepaalde aantrekkingskrag daartoe in Suid Afrika. Miskien is die Afrikaner steeds in ’n identiteitskrisis, en sit steeds met ’n selfbeeldprobleem om aanvaarbaar te wees in die oë van die wêreld? Ek weet nie. My vraag is: Waar is die vrug? Bring ‘n naturalistiese benadering tot die Bybel ons nader aan die Here? Kan ons beter sy stem hoor vir ons lewens of vir ons land? Maak dit ons opgewonde oor die evangelie, oor Gods Woord en oor Gods koninkryk? Verander dit mense se lewens radikaal om hulle uit te haal uit die koninkryk van die duisternis, om hulle oor te bring na die koninkryk van die lig? Watter boodskap stuur naturalisme bv. uit na ons jongmense en ons kinders? Waarom verloor soveel jong predikante hulle geloof aan die Universiteite vandag? Behoort die egte produk nie eerder ’n positiewe vrug te bring nie? Ek vra maar net.

Henrietta said...

(Vervolg van vorige): Sommige sal sê dat ’n naturalistiese benadering juis nodig is, om die skeiding tussen die natuurlike en bonatuurlike nader aan mekaar te bring, dat mens God juis in die natuurlike moet vind, en dit moet omhels – dat ons versigtig moet wees is om te “Grieks” of “dualisties” te dink. Met ander woorde, dat ons meer oosters moet dink oor ons geloof, meer holisties, meer monisties, dat ons dinge soos panenteïsme en selfs panteïsme moet omhels: dat ons nie sulke sterk grense moet trek tussen waar en onwaar, tussen heilig en sondig, tussen God en mens nie; dat alle grense uiteindelik moet val: tussen Bybels en buite-Bybels, tussen geïnspireer en nie-geïnspireer, tussen gered en ongered, tussen Christenskap en ander gelowe.

Om dus konsekwent naturalisties / postmodernisties met die Bybel om te gaan, gaan uiteindelik eindig in óf ateïsme, óf panteïsme, om die uiterstes te noem. ’n Middeweg? Is dit regtig waar ons wil wees: lou en grys in die middel, om mense en sekulêre instansies tevrede te hou? Want wat nou as die wêreld dink Christene is onnosel, dat hulle akademies inkompetent is? Ons kan tog nie “face” verloor in die oë van die wêreld nie! Maar… Is louheid nie juis wat uitgespoeg moet word nie? Is “fear of man” nie juis een van die dieper probleme in die kerk nie? Wat het dan van die profetiese stem van die kerk geword?

Wanneer ons die gesag van die Bybel so oneindig relativeer of kwalifiseer om te konformeer tot die hoofstroom, het die Bybel nog vir ons iets te sê? Is die volgende stap nie maar om maar te dink wat ons wil en te glo wat ons wil nie? En as dit die geval is, gaan dit ons regtig vervul en gelukkig maak en mense maak wat iets kan beteken in God se koninkryk? Myns insiens het Christenskap dan haar sin en betekenis verloor.

Liza-Nel said...

Sjoe (Philip du Toit) - dis 'n klomp stof tot nadenke!
Gaan naturalisme en materialisme nie maar hand aan hand nie? Maw ek kyk na die lewe deur 'n mooi pienk plastic bril nie?....

Worldliness is seeing anything in life from a materialistic perspective - that is, from a perspective which makes the material world the final reality, and in which man's finite wisdom (rather than Scripture) is everything. In other words, worldliness is removing any area of life or culture from under the judgment of Scripture. -Francis Schaeffer

??