Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

6/11/2012

Wat doen mens as die wêreld-ekonomie eensklaps inmekaar stort?

Wat doen mens as die wêreld-ekonomie eensklaps inmekaar stort?
Dit het al in die verlede gebeur en daarna het die Groot Depressie gevolg.

Dit gaan nie goed met Europa se ekonomie nie: http://business.time.com/2012/06/05/why-the-euro-zone-could-unravel-shockingly-fast/#ixzz1x2QVFYnb

En hier is die VSA se “debt clock” : http://www.brillig.com/debt_clock/

Hoe “oorleef” mens finansieel in sulke tye? Wat het die mense in daardie tye gedoen?

5 comments:

Danie Loots said...

Koning Salomo het gesê:"The rich rules over the poor, And the borrower is servant to the lender."

Henrietta said...

En wie kan met die wys-ste man op aarde stry, Danie? Daar is veel wyse woorde in die Bybel oor geld, mens kan gerus dit bestudeer.

Henrietta said...

Soos hierdie een:

1 TIMOTEUS 6:17:
Dié wat in hierdie wêreld ryk is, moet jy waarsku om nie hooghartig te wees nie. Hulle moet nie hulle hoop op die onsekerheid van rykdom vestig nie, maar op God wat alles ryklik aan ons gee om te geniet.

Liza-Nel said...

Merlin Carothers skryf in "Prison to Praise" dat jy die Here moet prys as iets sleg met jou gebeur, want jy ken nie die uiteinde nie. Dalk sal jy daarna soos miljoene ander kan sê "Die swaarkry was die moeite werd". Prys die Here, en wag geduldig vir die uitkoms.

Moeilik....

Verder moet jy vasklou aan die geloof. Jy moet roekeloos vertrou op die Here en glo en wéét dat die Here enige slegte situasie kan omdraai. Maar die allebelangrikste is dat die gelowige se reaksie ook ‘n getuie moet wees van onwankelbare geloof... “En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy ‘n beloner is van die wat Hom soek” (Hebreërs 11:6). Telkens wanneer ons bly glo het in moeilike tye, het ons dieselfde bevestiging van die Heilige Gees: “Mooi so! Jy is God se getuie.”

En dis seker dan ook waaroor beproewinge gaan - om 'n getuie vir God te wees.

Henrietta said...

Hoe ver vat jy my terug, Liza! Ek het Prison to praise seker so 30 jaar laas gelees! Nooit gedink dat ek dit proefondervindelik sou moes beleef nie....