Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

5/02/2012

Ferdie Mulder: Soekend vars nagedink oor ons liggaamlike opstanding

’n Pragtige, sielsverheffende stuk oor die opstanding van Jesus - - Dankie, dankie DANKIE my Hemelse Vader, wat so ryklik in my Here, Jesus Christus se opstanding voorsien het! Vir my is hierdie stuk áángrýpend mooi! Terwyl ek lees, kom daar by my ’n toenemende nuuskierige opgewondenheid, ’n blye verlange na dié dag wanneer ek “beklee” gaan wees met wat ons Vader in Sy Wysheid bedoel het my “wese” sal wees, wanneer my liggaam-saadjie met heerlikheid (soos wat ek in my wildste drome nie kan voorstel nie!) beklee gaan word. Dit is loshande die mees “up-lifting” stuk wat ek in my lewe gelees het – dit voel of ek sweef hier waar ek voor my rekenaar sit en lees. Dit herinner my aan iets moois wat prof Daniël Louw geskryf het, wat vir my so geraak het, dat ek dit neergepen het:
 “Vir die Christelike lewensgevoel is elke oggend se opstaan na die nag se slaap ‘n eskaton in die kleine. Elke nuwe dag is ‘n uitdaging aan die gelowige om in sy verwerking van sin – binne die ruimte van die kerk – ‘n teken op te rig van die komende ryk van God. Binne hierdie eskatologiese perspektief is troos as bystand in smart, vermindering van leed, bestryding van onreg, verbering van die wêreld en opheffing van mens-onterende diskriminasie, ‘n pastorale verantwoordelikheid. Elke aand bring vir die Christelike lewensgevoel die ondekking: die eskaton in die groete is nog nie! (1985. Sin in lyding: Teologiese besinning rondom kruis en opstanding, p.132) Lees self hier: http://www.opgestaan.com/2/post/2012/04/nuut-soekend-vars-nagedink-oor-ons-liggaamlike-opstanding-ferdie-mulder-2-mei-2012.html

4 comments:

Danie Loots said...

Ek het nie alles gelees nie, maar meer as die helfte en ek moet sê ek is baie beïndruk met Ferdie se artikel. Die nederigheid en baie versigtige keuse van woorde spreek van iemand wat al deur diep waters is (hoewel Dr Johann Ernst meen ons ouens haak nog vas in die vlak waters).

Dit was vir my besonders om die hoek te sien waaruit Ferdie die argumente benader. Hy praat op vlakke waar ek nie eens kan hoop om by te kom nie, maar tog verstaan ek genoeg om te besef dat 'n teologiese student, wat vandag tussen so baie struikelblokke op ons Universiteite moet ligvoets loop, baie aanklank by Ferdie se artikel kan kry.

Ek het ook al na meeste van Ferdie se YouTube videos gekyk. Ek kan dieselfde sê hier. Dat die boeke en verwysings wat hy in sy videos gee, vir 'n hedendaagse Bybelgelowie Teologiese student, baie waardevol sal wees.

Danie Loots said...

Ek moet dit net weer noem. Ek is uiters beïndruk met Ferdie Mulder se sagte styl.

Henrietta said...

Ja Danie, as iemand wat sy "storie" vir jare al volg, stem ek saam met jou oor Ferdie se "sagte styl". Hy is hoofsaaklik by Cambridge betrokke, maar gee ook van tyd tot tyd lesings in Nederland en Duitsland. Ek is dankbaar dat die Here hom na sy vernedering, so "verhoog" het. "Alles werk mee ten goede vir dié wat God liefhet".

Wat my baie diep getref het, is die woord-ontleding van "gees" en "vlees" en die implikasies daarvan ten opsigte van die opstanding, en hoe dit die opstanding juis bevestig en dan ook ons eie opstanding.

Wat vir my ook baie verblydend was (ook in vorige plasings van Ferdie) is dat hy so positief en hoopvol is oor die toekoms van die kerk, aangesien daar soveel jong mense is wat nie meegesleur word deur die humanistiese, liberale neigings nie.

Liza said...

Wat Dr Ernst nie besef nie is dat die vlakwaters ook goed genoeg is...en soms baie veiliger as die diep see is. "The sea of God, a wise man said, is always shallow enough for children to paddle in and always deep enough for the cleverest philosopher to swim in"...
Dis die "slim" mense soos Dr Ernst en kie wat nie die eenvoud van die Boodskap kan raaksien nie.