Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

12/28/2012

Die Christen en politiek

Dinge begin nou oploop na die volgende verkiesing. In die “ou” Suid-Afrika was daar spottend na die NG kerk verwys as die “regering in gebed”, en hier in ons gemeente in elk geval, was voorbidding vir die regering veral hoog op die gebedslysies.

Intussen het dinge baie verander in ons land. Het geloofsgroepe nog hoegenaamd ’n sê in die politiek van die land? Hoe kan die kerk in die algemeen en lidmate in besonder ’n rol speel in die politiek? Of moet hulle glad nie betrokke raak nie?

13 comments:

Yf said...

Hi daar.
Pastore, predikante of wat jy ookal wil moenie by politiek betrokke raak nie. Van alle oorde is gehoor dat dit verkeerd was van die NGK om Afsonderlike Ontwikkeling Bybels te regverdig. En toe kkom Boesak en Tutu en Belhar ane Bevrydingsteologie en verleen Bybelse regverdiging in die stryd teen Afsonderlike Ontwikkeling. Al van sosiale Darwinisme gehoor? Dinge is mos nou "teter" as tydens die "vorige regime" Maar met die "huidige regime" aan die bestuur van sake en volgens die beginsels van die Darwinisme waar mutering tot verbertering lei...wel wat kan ek sê? 'n Duidelike bewys dat Darwinisme (in enige vorm) nie haalbaar is nie. En aangesien die voorstanders van sosiale Darwinisme hulle op die biologie bereoep om hulle teorie 9soos hulle dit noem) te bevestig en te ondersteun, sal ek my op die fisika beroep. Al gehoor van die 2de wet van Termodinimika? "Where everything descends into chaos"?

Maar aan die anderkant glo ek vas die kerk behoort meer te mobiliseer en op te staan teen sosiale ongeregtigheid, sonder om dit vanaf 'n politieke verhoog te bedryf.

Henrietta said...

Ek stem saam met jou wat die predikante betref, Yf. Ek dink nogal dit kan 'n lollery afgee onder lidmate as dinge begin warm raak, en onnodige verdeeltheid in die gemeente afgee.

Die Bybel gee twee spesifieke opdragte aan "gewone lidmate": in vir die regering te bid en wetsgehoorsame burgers te wees.

Liza said...

Ek self het gemengde gevoelens hieroor.

As ‘n mens 'n duidelike begrip van, en 'n sterk geloof in die koms van God se Koninkryk het beteken dit vir my dat ons sal besef dat geen menslike Regering volmaaktheid kan bring nie. Dus is enige betrokkenheid by menslike politiek teenstrydig met die hoop van die Koninkryk.

In Lukas 21:9-11, 25-27 voorspel Christus dat dinge sal versleg in "die laaste dae", net voor Sy koms . Is dit dan moontlik om sy woorde te glo en terselfde tyd die wêreld se toestand te wil verbeter deur menslike politiek?

Die gelykenis van die barmhartige Samaritaan wys hoe die Christen die wêreld om hom moet help – doen goed aan almal, terwyl ons geleentheid het - Galasiërs 6:10.

Die vroeë gelowiges wys dat hulle verbind was aan 'n geestelike lewenswyse in afwagting op Christus se wederkoms. Hulle het hul besorgdheid vir die wêreld hoofsaaklik getoon deur vir hulle te preek. Ons lees nêrens dat hulle die sosiale, ekonomiese of politieke probleme van die wêreld om hulle probeer oplos het nie.

MAAR aan die anderkant kan die Here ook nie aan-en afgeskakel word nie. Die Christen kan immers nie net Christen in sy kerk wees nie. Ons hele lewe behoort immers aan die Here en daar is geen terrein waarvan ons as Christene onsself mag onttrek nie.

Dus het elke individu dan ‘n verantwoordelikheid teenoor die samelewing en die kerk ‘n taak om te sê “So spreek die Here”.

Dit lyk vir my na ‘n saak wat elkeen vir hom/haarself moet uitspook...

Henrietta said...

Ek kan nie help om terug te dink aan die talle boeke wat ek gelees het oor die vervolgde kerk in die ou "USSR" nie, veral Broer Andrew se boeke, artikels, nuusbriewe en optredes by gemeentes. Wat my altyd getref het, is dat hulle voorstanders was van "vreedsame verset", veral die manier wat Broer Andrew Bybels in verbode gebiede ingevat het ....

Henrietta said...

Hier is so ietsie oor genoemde Broer Andrew:

http://www.opendoors.org.za/afr/wat_ons_doen/ons_geskiedenis/

Liza said...

“If your vision doesn't scare you, then both your vision and your God are too small.”
- Brother Andrew.

Dis 'n groot waarheid...

Henrietta said...

AMEN! op jou laaste plasing Liza!

Jaco Steyn said...

Ek het gepoog om hierdie kommentaar te plaas op die webblad by (http://kerkbode.co.za/?p=2375). Na ʼn onderonsie met Jean Oosthuizen op die Facebook groep van die “Nuwe Hervorming Netwerk”, het hy om die een of ander rede geweier om die plasing daarvan goed te keur: “En so verpolitiseer die NG Kerk in ʼn toenemende mate nog verder weg vanaf ‘ou [regse] politieke konvensies’ na die linksgesinde rigting van ‘Hoe kan kerk en owerheid SAAM na oplossings soek; …’. Die owerheid word dus beskou as ‘n bondgenoot waarmee die NG Kerk moet saamwerk ten einde oplossings te vind vir gemeenskaplike kwessies soos o.a. ‘…die bestryding van armoede en die onaanvaarbare geweldvlakke in ons land’. Ek onthou nog dat die ANC en SAKP in die verlede deur die meeste NG predikante beskou is as deel van die kommunistiese, ‘anti-Christelike’ (swart) gevaar. Wat beskou die NG Kerkleiding en ANC deesdae as een van dié eintlike oorsake van die voortslepende armoede en geweldsmisdaad in die land – Apartheid of die ‘sondige natuur’ van die mens?”

Henrietta said...

Ek was lanklaas hier Jaco, en sien nou eers hierdie "her-plasing". Voordat ek die drade optel en hier deelneem, wil ek darem net sê voorspoedige 2013. Mag jy volgende jaar hierdie tyd terugkyk en sê: dit was regtig 'n goeie jaar!

Henrietta said...

Ek het nie 'n idee wat die NGK se amptelike standpunt is oor die OORSAKE van die sake wat jy noem nie Jaco. Daar is baie min plekke wat mens deesdae kan lees oor wat eintlik aangaan of wat hulle dink want die meeste kanale waar daar in die verlede inligting beskikbaar was, is gesluit (Diversiteitsforum, Die FB-blaaie van Kerkbode EN die NGK, asook die webblad van die NGK self). Net die gedrukte en aanlyn Kerkbodes bly oor en dis maar 'n "one-man show" deesdae. Daar word darem af en toe berig oor wat gebeur, lees hier: http://kerkbode.co.za/

Henrietta said...

Moet ook nie alleen voel oor jou stuk wat nie in KBA geplaas is nie: daar is heelparty mense wat dieselfde ondervind het, ek ook.

Jaco Steyn said...

Hallo Henriëtta. Baie dankie, voorspoedige Nuwejaar vir jou ook! Ek vermoed al lankal dat daar sekere drukgroepe is wat poog om die ou Calvinistiese lewenswaardes van die meeste blanke Afrikaners te vervang met ʼn nuwe “geloof”, waarvan die hoekstene verbruikerisme, sekulêre humanisme, ateïsme en filosofiese materialisme is. Hulle misbruik soms die term “oop gesprek” hoofsaaklik om beter geleenthede aan “andersdenkende” mense te bied om tradisionele Christelike dogmas gedurig te kritiseer of te “dekonstrueer”. Wanneer iemand soos ek egter die aannames en dogmas van liberale, sekulêre humanisme kritiseer, word my artikels gereeld verwyder vanaf die Nuwe Hervorming Netwerk se nuwe webblad en dan besef ek weereens dat “oop gesprek” oor godsdienstige en politieke aangeleenthede, soms nié die papier werd is waarop dit geskryf staan nie. Julle is welkom om my artikels oor o.a. Materialistiese Ateïsme en my geloofsbelydenis te lees op my Blog by http://jaco-the-gnostic.blogspot.com.

Henrietta said...

Baie dankie Jaco, ek sal gaan loer.