Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

9/23/2011

Neutrinos faster than light?

Will this prove Einstein wrong? And what about evolution hypothesis? Read more here: http://technology-science.newsvine.com/_news/2011/09/22/7903656-neutrinos-clocked-moving-at-faster-than-light-speed

14 comments:

Henrietta said...

Lees ook hier: http://www.reuters.com/article/2011/09/23/us-science-light-idUSTRE78L4FH20110923

Michael said...

Ek lees ook nou hiervan op BBC en wonder hoe dit gekom het dat die verloop van oorsaaklikheid soos ons dit altyd sien uitspeel - ('n fisiese oorsaak het 'n fisiese gevolg) - totaal aan die spoed van lig gekoppel geword het? Soos hulle dit nou laat klink moet ons aanvaar dat oorsaaklikheid nie meer in een rigting gaan loop nie, net oor die eksperiment wat hulle gedoen het.

My vraag aan hierdie slim fisici is; Wat bepaal dat die tempo waarteen gebeure in die fisiese wêreld plaasvind beperk behoort te word sodat oorsaaklikheid kan wees soos wat ons dit altyd ervaar om te wees? Dit is baie eenvoudig dat dinge kan op mekaar volg so vinnig as wat dit ook al wil.

Ek kan sien dat 'n materialistiese fisikus 'n noodsaaklike verwysingspunt soos die "spoed van lig limiet" het, maar as God is wie Hy sê hy is dan behoort dit voor die hand liggend te wees dat die spoed van lig nie 'n konstante hoef te wees nie. Hy is die een wat oorsaaklikheid bepaal en so volkome instand hou.

Liza said...

Neutrinos: A Physical Manifestation of God's Omnipresence? "Is God really everywhere at once? Is he within, without and around everything in his creation? The phenomenon of neutrinos may give a physical metaphor of this."

KYK

Michael said...

Vir my is hierdie eksperiment baie opwindend en ek glo dat die beste ding om daaruit te leer is dat die verwerping van die paradokse van "time travel" is nie die antwoord... Terwyl ons nou begin agterkom dat dinge word nie in orde gehou deur 'n "governor" soos die spoed van lig nie.

Ek het 'n reeks van Stephen Hawking gekyk waar hy dit weer baie mooi beskryf dat dit nie moontlik is om terug te gaan in tyd nie. Ek stem met hom saam, terwyl ek hoop dat slim mense nie hulle kop gaan verloor as hulle uitvind dat die spoed van lig is nie heeltemal wat ons mense daarvan gemaak het nie.

Net vir interessantheid dit is seker nou, na hierdie eksperiment, "meer logies" om te dink dat ons vorentoe in tyd sal kan beweeg ten opsigte van ander gebeure in iewers in die heelal. Daar is geen paradoks hierin nie en kan eintlik baie dinge in die heelal verduidelik.

Henrietta said...

Liza ek sien die opskrif by jou skakel is: “Neutrinos - A Physical Manifestation of God's Omnipresence?” Toe ons aan die begin hier op die blog oor die eksperimente plasings gedoen het, was daar woorde soos “Higgs Boson” en “the God paricle” . God sê vir Moses Hy "is" - vir my beteken dit nog altyd Hy is tydloos - aan geen tyd gebonde nie.

Die nuwe ontwikkeling maak my opgewonde om verder te lees. Te oordeel aan die reaksies op die internet, is “die wêreld” net so nuuskierig om meer te weet!

Michael said...

Hoe langer hoe meer duidelikheid. Hier is 'n fisikus wat ek lank mee sal kan gesels...

Ongelooflik verfrissend om te hoor dat almal nie agter die anti-vrye wil saak aan hardloop nie.

Henrietta said...

Hallo Michael, lyk my ek is gisteraand en vanoggend ewe aan die slaap! Ek het jou laaste skakel gebruik , ook die blog se soek-funksie - die middel deel was blanko en by die heel linkerkantste lys niks in dié verband gesien nie?

Haai, skielik het die ou begin praat... luister moeilik, ons het nie ADSL nie . . .

Liza said...

Grappie:

The barman said: "Sorry, we don't serve neutrinos." A neutrino enters a bar.

:)) - maar my - julle moes mos die grappie gevang het nog voordat ek dit vertel het... ("...when ghostly sub-atomic atoms travel faster than light science fiction could become science fact, with wonderful paradoxes such as effects preceding their causes. One example would be the punchline preceding the story...")

Michael said...

Dit is een ding om met oorsaaklikheid te spot en te probeer dink hoe die paradox omseil kan word, maar die realiteit erken dat dit nie het nie.

Enige fisiese gebeurtenis wat oorsaaklikheid weerspreek kan nie plaas vind nie want die gevolg sal fisiese realiteit tot 'n einde laat kom... het...

Dit is baie veilig om te aanvaar dat as neutrinos vinniger as die spoed van lig beweeg dan is daar 'n ander entiteit wat die verloop van oorsaaklikheid en die verloop van tyd bepaal en nie die spoed van lig nie.

Henrietta said...

'n Ander Entiteit - AMEN!!!

Liza said...

Niemand spot met niks nie (no pun intended)..., maar tot tyd en wyl neutrino nie die toets/aannames herslaag het nie is dit mynsinsiens oop vir bespiegeling...en humor.

Michael said...

Liza, ek stem saam en spot maklik saam, maar ek wou net 'n punt maak oor iets wat agter die grap weg kruip.

Ek is heeltemal bewus dat die neutrino eksperiment nog bevestig moet word, maar dit gaan om eerlik te wees geen een van my vrae oor die implikasie van die spoedvan lig se status verander nie. Ek is van lank al af oortuig dat die fisiese realiteit nie onafhanklik van die totale realiteit bestaan nie en daarom noodwendig vereis dat daar iets soos absolute tyd moet bestaan.

Dit was die gedrag van gravitasie wat my die eerste keer oor die belang van die spoed van lig laat wonder het. Dan is daar selfs die gene wat oor 'n multiverse wonder wat die deur ook wyd oop los vir die noodsaaklikheid van absolute tyd.

Neutrinos se gedrag is maar net nog iets wat hierdie suspisie aan help. Ek sou graag wou sien hoe die teendeel bevestig word en die "gesag" van die spoed van lig bevestig word.

Dit voel of ek moet jammer sê dat ek nie nou kan grap nie. Weet net dat jou grap nie gemors was op my nie... ;-)

Henrietta said...

Die debat oor die neutrinos gaan aan, oral, onder andere hier:

http://www.popsci.com/science/article/2011-10/physicists-say-speed-light-breaking-neutrinos-wouldve-lost-their-energy-along-way

Een van die ouens wat sy mening lug, is 'n Nobelprys-wenner.

Liza said...

Ter inligting:

PANENTHEISM:
Existence of God particle to be decided by next year (i.e., the new scientists hope to prove God is in everything)
As Warren Smith pointed out in his book A “Wonderful” Deception, scientists are working to “prove” that God exists in every cell. These “new” scientists believe that God is an energy and that this energy is throughout all things.
Lees hier

How the “Quantum Christ” (God is in everything) is Tranforming the World . . . and Entering the Church!
To further illustrate how pervasive this quantum spirituality has become in the church, consider an organization called VantagePoint3. This South Dakota-based group has developed a three-phase “spiritual formation” program called The VantagePoint3 Process (or L3), which incidentally is being used by a growing number of churches across North America. In the first phase—“Emerging Leaders”—a quote and summation of Margaret Wheatley is used to teach one of the points in that phase. The curriculum quotes Wheatley from her book Leadership and the New Science and emphasizes her view on “relationship” and “interconnection.”7 The fact that this program points to Wheatley demonstrates yet another way that quantum physics and quantum spirituality is already in the church. It is worth noting that this curriculum uses Galatians 3:27-28 to partially summarize what Wheatley has to say. But while Galatians 3 speaks of “Christ Jesus,” Wheatley’s quantum “Christ” is the universal “Christ” of quantum “oneness.” VantagePoint3’s use of Wheatley to teach about “Christ” is a perfect example of what Fritjof Capra described as this new spirituality being developed within the churches.
Lees hier