Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

9/04/2011

Die evangelie volgens Thomas


Volgens Wikipedia (hier: http://af.wikipedia.org/wiki/Evangelie_volgens_Thomas ) is die Evangelie volgens Thomas 'n versameling van gesegdes en uitsprake wat aan Jesus toegeskryf word, kort samesprake en tonele wat in 'n uitspraak van Jesus kulmineer. Die teks word in letterkundige opsig nie by die ander evangelies gereken nie. Die Evangelie van Thomas maak ook nie deel uit van die kanonieke boeke van die Nuwe Testament nie. Sy herkoms is omstrede aangesien die teks naas bekende Jesus-woorde uit die Nuwe Testament ook onbekende uitsprake bevat. Waarom sou hierdie 115 verse/gesegdes/spreuke, dan so hooggeag word deur die NHN (Nuwe Hervormings-Netwerk en SES(Sentrum vir Eietydse Spiritualiteit)?

6 comments:

Liza said...

Miskien beantwoord die volgende uittreksel uit Elaine Pagels se boek "Beyond Belief" jou vraag...

"Elaine Pagels explains how she discovered an unexpected spiritual power in the Gospel of Thomas. She writes, 'It doesn't tell you what to believe but challenges us to discover what lies hidden within ourselves; and, with a shock of recognition, I realized that this perspective seemed to me self-evidently true."{7} This statement comes after a time in her life when she had consciously rejected the teachings of evangelical Christianity [...]

Henrietta said...

Dankie Liza - ja die "rejected ... evangelical Christianity" sê nogal baie!

Ek het dit al oor en oor gelees, maar kry geen "evangelie" (goeie nuus) daarin nie.

Henrietta said...

Vrae wat hieruit voortvloei, is: wat is "die evangelie" soos wat ons as Christene die hoofboodskap van die Nuwe Testament verstaan, en wat is "'n evangelie", soos ons Boeke soos Lukas en Markus noem, en hierdie "evangelie volgens Thomas" voorgee om te wees?

Liza said...

Lyk my die crux van die hele Thomas evangelie le in hierdie verse opgesluit:
Jesus sê: "As hulle wat vir julle preek sê 'Die Koninkryk is in die hemel', dan sal die voëls van die hemel voor julle daar wees. As hulle sê: 'Dit is onder die aarde', dan sal die visse van die see voor julle daar wees."

En hy sê: "Die Koninkryk is in julle en rondom julle."


En wat ‘n blye woord is dit nie vir baie nie - dink net daar’s nie ‘n hiernamaals nie slegs ‘n hiernoumaals - so leef voluit asof daar nie ‘n môre is nie.
Geen kruis en geen graf nie...Dis net jy en jou Self wat saak maak.
Al vereiste is dat jy eers moet leeg word van jou ego om met die Self gevul te word...New Age par excellence

Dis eintlik maar net ‘n stuk Gnostiese verleiding wat deur sekere groepe mense gebruik word om voor te gee dat Christus nie is wat die Bybel sê Hy is nie, 'n soort van alternatiewe denkrigting wat as verteenwoordigend sou wees van wat Jesus werklik gesê en bedoel het.

"Don't Worry, Be Happy" :))

Henrietta said...

Presies - geen kruis, geen opstanding - - Jou laaste sin sê dit uitstekend in vandag wyse van spreke Liza!!

En as daar geen hiernamaals is nie, hoef mens niks en Niemand te antwoord nie - lekker onver-ANTWOORD-delike lewe , maar daar wag 'n verrassing!

Yf said...

Dis in die 200's geksyf en Thomas was lankal dood. As die skrywer(s) wou kon hulle op baie ander bronne gesteun het vir meer volledigheid, maar hy/hulle het verkeis om die boodksap te verskraal, om meer ruimte te ;laat vir individuele "openbaring" deur die HG - iets wat aansluit by "geheime kennis" wat net deur uitverkorenes verkry kan word.

Individuele "openbarings" kan naturlik deur niemand anders bevestig, ontken of gekontroleer wod nie, so enigiets kan kwytgeraak word onder die vaandel van "individuele openbaring."

Die kerkvader Origianus het al teen die boek gewaarsku op grond van dieselfde wat al hier gesê is. Die boek is al in 1947 ontdek en het nog nooit veelopspraak verwek nie. Dis slegs in die jongste tyd dat dit deur groepe opgehemel word wat ten gunste daarvan is om 'n element van "misterie" in die evangelie in te voeg by wyse van uitsprake ens. van Christus wat nooit "heeltemal verstaan sal kan word nie." Maar die evangelie is helder, duidelik en deursigig en geen verborge kennis wat verwerf moet word, is nodig nie. Die aanvaarding van Thomas op gelyke vlak met die ander 4 evangeliese beskrywinge sal die deur oop0laat vir nog nader, erger dwalinge. En as die vroeë christene iets verwerp het wat deur die sektariese Gnostici geskryf is wat hulleself in Egipte geisoleer het omdat hulle die hoofstroom christendom verwerp het, is daar geen verpligting op ons om dit enigsins te oorweeg nie. Sou ons dit doen, is ons op pad na esoteriese christenskap waar elkeen kan glo soos hy wil en waar alles noodwendig aanvaarbaar moet wees.