Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

5/25/2011

Opspraakwekkende boek van Ferdie Mulder


‘n Boek vir Christene wat wonder oor hul eie sowel as Jesus se opstanding uit die dood. Ook inligting oor wat aangegaan het by Tukkies se teologiese fakulteit.

Lees meer hier:
http://www.glodiebybel.co.za/boeke-dvds-ens-m/61-boeke-kat/352-opgestaan-ferdie-mulder.html

6 comments:

Henrietta said...

Meer besonderhede ook hier: http://www.opgestaan.com/

Liza said...

Die boektitel klink beslis interessanter as Hie' Sta' Ekke. Ek dink ook hierdie ene is 'n moet-lees en gaan so 'n paar hane met geplukte stertvere laat. ;))).

Henrietta said...

Liza is die spelling van die "ekke" nie "eKKe" nie?

Liza said...

Ag maar natuurlik. "Hie' Sta' GeKKe"...

Henrietta said...

...hehehe...so skerp soos altyd...

Jaco Steyn said...

Op bladsy 5 van die inleiding van sy boek stel Ferdie Mulder dat "...professore Pieter Craffert en Pieter Botha van Unisa, het byvoorbeeld in 2003 op uitnodiging by die Noordelike sinode van die NG Kerk opgetree en dit reggekry dat dié sinode onder meer nie ’n kategoriese geloofsbelydenis oor die geskiedkundigheid van Jesus se liggaamlike opstanding wou maak nie." Dit wil voorkom asof daar om hierdie rede beslis nié genoegsame bewyse vir die "geskiedkundigheid van Jesus se liggaamlike opstanding" is nie, en dat die bewerings oor ‘n "leë graf" en Jesus se fisiese opstanding, maar hoofsaaklik op geloof gebaseer is. Miskien poog Ferdie om m.b.v. hierdie boek sý kant van die saak te stel t.o.v. die geskil by Tukkies se Teologiese Fakulteit en is sy boek maar ‘n flouerige reaksie op prof. Julian Müller se "Om te mag twyfel". Ek reken dat die boek "Hier staan ek" (nié "Hie’ sta’ eKKe" nie!) beslis méér insiggewend sal wees...