Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

9/20/2011

Goodbye( Uncle) Sam, hallo my Tjaaina...


In Saterdag se Beeld (hier: http://www.beeld.com/Rubrieke/Gasrubriekskrywers/Die-toekoms-volgens-JZ-20110513 ) is ‘n baie interessante berig oor Zuma se toekomsplanne vir Afrika . Volgens die berig, verklaar Zuma self hoe hy, die wêreldleier, Afrika se belange van Wes na Oos wil help verskuif. “China is Afrika se grootste kliënt en is globaal die grootste uitvoerder, nie net na Afrika nie.” Hy is ook nie baie vriendelik teenoor die VSA nie ....

Wat dink julle is die implikasies hiervan? As julle vir Zuma kon raadgee, wat sou dit wees?

28 comments:

Yf said...

The social cesspool needs lots of attention. Prov. 17:28

Liza said...

When called an idiot sometimes, is better to be quiet, than open mouth and remove all doubt.
-Chinese proverb

Overgesetzyne in Chinglish "Yu Dum Gai"

Yf said...

Ban poligamy
Censor irreligious humanistic secularimatic scepticism as it demoralizes people and destroys morals.
Save water...shower with your pets in stead of bathin them seperately

Liza said...

Ja-nee volgens julle pres maak stort mos alles reg...:)))

Liza said...

Jammer Henrietta dat jou draad so skeef getrek word, maar wat kan mens anders sê van die leier van 'n land wie se politiek tot op toiletvlak gedaal het - miskien kan hy 'n ooreenkoms met Sjina aangaan vir goedkoop toilette. :(

Henrietta said...

Ag my Tjainas, dis OK dat hierdie draad so opgemors word - julle doen dit so voortreflik ;)))

"Mors op!" lyk my is die nuutste leuse van ons pragtige droewe land ... om die polities-sedelik-morele korrekte woord te gebruik.

Wie het nou weer die uitdrukking "too ghastly to contemplate" gebruik? Wel, ek dink die Rooi Gevaar was myns insiens 'n vulletjie teen die Geel Gevaar.

Buitendien sal ons nie net sekuriteit vir onsself moet verseker nie, maar ook vir ons honde en katte!

Henrietta said...

Iewers in die berig staan dat Zuma sê hy dink ons moet dink hoe om nuut te dink oor Afrika ... ek wil vir hom sê: Dink asseblief wéér ...

Henrietta said...

... wat my weereens herinner aan 'n paar jaar gelede toe 'n politikus oor 'n sekere saak gesê het: "It has been attended to: I have applied my mind to it" ;))))

Henrietta said...

En hier spreek Christina Landman haar siniese mening uit oor die "toilet-saga" in vandag se Beeld:

http://www.beeld.com/Rubrieke/Gasrubriekskrywers/Onderwereld-agterwereld-20110515

Yf said...

Die geskiedenis sal hierdie episode as die toiletverkiesing onthou. JZ se grandiose dagdrome om Afrika se rigtinggewer te wees, sal net dit bly - 'n dagdroom. Die Moslem Broederskap sal hom nooit soveel invloed gun nie. UIt hulle perspektief gesien is hy 'n poligamistiese heiden, in soverre dat enige ander geloof behalwe Islam as heidens beskou word.

Nog 'n voorstel vir gunstige oorweging: Die Nasionale Reinigingswet. As Visie-President was hy mos verantwoordelik vir die Morel heropbou program. Geen wonder dit het nooit gewerk nie.
Reiniging is eintlik baie aktueel: Hoofsutk 1: chauvinisties-etniese reiniging (wit mans is deesdae 'n bedreigde spesie)
Hoofstuk 2: Godsdienstig-moreel-etiese reiniging. Hier het hy sommer baie medehelpers op alle behoudende godsdiens en geloofselemente te verwyder ten gunste van 'n diverse sinkretiese volksgodsdiens met rewolusieteologie "belydenisse" as rigtinggewer vir ander.
Hoofstuk 3: Opvoedkund8ge reiniging. Gooi weg die ou tyd-beproefde pedagogie, die drie "erre" van reading writing & arithmatic en vervang dit met voortdurend-transformerende UGO.
Hoofstuk 4: Waardereiniging. Verban alle ongemaklike dinge soos dissipline en verantwoordelikheid en verabsoluteer regte.
Hoofstuk 5: Water reiniging. As mense saam slaap is dit geen probleem nie - dis die saam wakkerbly wat die probleme maak. Daai goed wat goggatjies uithou - gebruik dit eerder om die goggatjies uit die wat uit te filtreer. Hier is selfs 'n treffende slagspreuk: Water, die beste voorbehoedmiddel - gebruik dit in plaas van... Waterkwaliteit sal verbeter en dit sal ook wondere doen vir die aborsiesyfer as die slagspreuk toegepas word. Die beauty is, niemand se vryheid en menseregte word aangetas as hulle wil saam slaap nie.

Ek moet ook jammer sê - dis ek wat daarmee begin het maar werklikwaar hierdie man is in 'n klas van sy eie en mens kan jouself net nie sover kry om dit 'n ernstige gesprek te maak nie.

Liza said...

Yip in 'n klas van hul eie - hy en kleinboet Julius - houtwerkklas?? Ouboet showing kleinboet how to make 'da Cabinet'...

Henrietta said...

Hehehe ... Ek hoop in hul klassie gaan hul sommer ñ paar spykers ini ANC - doodskis slaan!

Liza said...

En daar segevier julle ANC toe weer oop of toe toilet ten spyt... Dit laat my wonder of ons almal dieselfde persepsie het van wat dit beteken om 'die land in die grond in te bestuur'?

Henrietta said...

Ek het hierdie nader gebring, want dit lyk my hierdie gevry na Tjaaina word al hoe erger:

"North West premier Thandi Modise has called for stronger partnerships between her government and the Chinese province of Henan.

"Our province has unmatched mineral wealth, strong agriculture and tourism sectors as well as good infrastructure. All we need are partners like Henan in our construction and development efforts," said Modise.

She was addressing a visiting delegation from China on Saturday in Mahikeng, which was led by Vice Governor Shi Jichun.

Modise said her province offered investment opportunities in every field including pharmaceuticals and mining. The province also accounted for a third of the country's maize crop production.

Both the North West province and Henan needed each other in order to fight poverty and improve the lives of their people, said Modise.-Sapa"

Lees self hier: http://www.thenewage.co.za/29290-1007-53-Chinese_investment_needed_in_North_West_Modise

Liza said...

Ek dink die regering moet 'n bietjie dieper nadink oor handelsbetrekkinge met Sjina. Die gesanik oor die Europese uitbuiting in Afrika se geskiedenis hang nog dik in die lug of Afrika begeef hom alweer in 'n soortgelyke situasie...en dit vir goedkoop arbeid ten koste van sy eie mense.

Voormalige V.S.A ambassadeur vir Gambia en Senegal, Herman Cohen sê as volg:

"The Africans need to defend themselves against Chinese exploitation. African governments should place limits on the number of Chinese laborers who are brought in to execute Chinese projects or work in Chinese enterprises. African workers should be given priority. Africans with education should also be given opportunities to advance to management levels in Chinese enterprises." [...]

Henrietta said...

Baie sinvolle stuk, Liza en dankie vir die "onskuldige pan-drakie"- prenkie - met die omie wat so niksvermoedend die koppie streel, dit spreek boekdele!

Ek dink die "hiënas" (grypsugtiges in die regerign word so genoem deur hul eie mense) sal die hele SA uiteindelik vir 'n pot lensie-sop verkoop. My man sê dis "pay-back time": die Sjinese eis iets terug vir al die struggle ondersteuners wat deur die jare daarheen gevlug het. Hy sê ook ons het alreeds 'n Sjina-in-die-kleine aan ons grens met Zim wat al grootliks deur hulle opgekoop is . . .

Henrietta said...

Ek het gaan oplees oor Henan provinsie, baie interessante feite net, een daarvan: Dis een van die mees digbevolkte in die hele Sjina (93 miljoen mense!) - ek reken Noordwes gaan eersdaags die aflaaiplek van 'n groot aantal Sjinese wees . . .

Liza said...

Ek het so 'n rukkie terug in 'n plaaslike koerantjie gelees dat meer as 2 000 Sjinese prostitute van voorneme was om oral in die DRK en spesifiek in Brazzaville bordele te open. Dit het omtrent huismoles veroorsaak, -die mans het hul vrouens gedreig dat hulle hul kant sal moet bring aangesien die Sjinese dames hul meer waarde vir hul geld kan bied! Nou ja die Afrika mamas het saamgestaan en luidkeels beswaar gemaak en die voornemende 'entrepreneurs' moes maar die aftog blaas...:))

Henrietta said...

Vanaand oor RSG: Bevestig ons vermoede dat Sjina meer en meer in Afrika betrokke raak en wil raak. Sê dis kompleks. Interessant dat Botswana met mag en mening die Snese probeer uithou (juis oor hul hul eie mense gebruik)!!

Liza said...

Andre le Roux skryf in 'n artikel in Beeld as volg: "Afrika is ’n onuitputbare bron vir goedkoop en ongeskoolde arbeid met byna oneindigende ruimtes vir vervaardiging en uitbuitbare waterbronne vir nywerheidsgebruik.

Mnr. Peter Leon, van die Webber Wentzel-regsfirma, wat van die wêreld se mynreuse verteenwoordig, sê dit “gaan eenvoudig oor mineraalhulpbronne”.

Hy wys daarop dat Suid-Afrika se onontginde minerale rykdom op sowat $2,5triljoen (nagenoeg R17 triljoen) geraam word.

Dit verklaar vir Leon en Davies waarom Suid-Afrika deel is van die sogenaamde “kommoditeite-super-siklus” van die afgelope tien jaar waartydens grondstofpryse vanuit die Bric-lande drasties gestyg het.

Dié super-siklus duur voort en Suid-Afrika is ’n belangrike skakel in die Bric-lande se oormekaarvallery om ook hul hande te kry op Afrika se grondstowwe wat kritiek is vir hul eie ontwikkeling, sê Casey.

Suid-Afrikaanse ontleders is dit eens dat Suid-Afrika meer oor geo-politieke redes as om ekonomiese redes sy uitnodiging tot die Bric-lande gekry het."
(http://www.beeld.com/In-Diepte/Nuus/Die-een-hand-was-die-ander-20110425)

As mens in gedagte hou dat SA maar 27ste op die wêreld ekonomieë ranglys is en daar baie ander meer welvarender en ontwikkelde ekonomieë is wie lidmaatskap tot die Bric-lande kon verkry het kan jy nie anders as om saam te stem oor die redes vir dié belangstelling in Afrika en dan spesifiek Suid Afrika nie.

Henrietta said...

Tadadada!! (dromme roffel) : Kyk weer: Tjaina versus "Daai Lama" in die SA Poppe-teater - lyk my Tutu kan maar op sy hoedjie ronddans, die ANC-regering gaan nie toegee nie - gaan te veel Sjinese valuta verloor as die Dalai Lama Tutu se paartie bywoon.

http://www.dieburger.com/Suid-Afrika/Nuus/Motlanthe-gaan-nie-oor-Dalai-Lama-praat-20110926

Henrietta said...

En daar sê Pravin Gordan dit weer vanaand: SA gaan die ekonomiese krisis minder erg ervaar: "China will help us" of iets in die verband.....

Henrietta said...

Hierdie "Geel Draak"-spook wil maar nie gaan lê nie!!

(Vanoggend op Radio Pretoria se Nuuskommentaar, hier: http://www.radiopretoria.co.za/Nuuskommentaar.php)

NUUSKOMMENTAAR - 30 September 2011 : Sjina se invloed
Onlangs het Wes-Transvaal se premier, Thandi Modise, in teenwoordigheid van 'n handelsafvaardiging uit die provinsie Henan in Sjina, 'n beroep op Sjina gedoen om meer bondgenootskappe met Suid-Afrika aan te gaan en om meer geld in Suid-Afrika te belê. In haar toespraak het sy onder meer na die Provinsie se minerale rykdom, goeie landbou¬ opbrengste en toeriste potensiaal verwys as voorbeelde van beleggingsvelde en die terreine as lokaas vir beleggers uit Sjina aangedui. Met hierdie uitnodiging aan Sjina het 'n hooggeplaasde ANC/SAKP ampsdraer die soveelste keer hierdie twee koalisie bondgenote se onderdanigheid aan Sjina beklemtoon. Die agbare Wes-Transvaalse premier is nie die eerste hooggeplaasde ANC/SAKP ampsdraer wat Sjina na Suid-Afrika probeer lok nie. Ook president Jacob Zuma het op 22 Augustus verlede jaar met 'n besoek aan Sjina begin. Tydens die besoek het die president naarstiglik probeer om Sjina te oorreed om meer geld in Suid-Afrika te belê.

Ontleders wys daarop dat Sjina 'n groot rol gespeel het om die ANC, SAKP en verskeie ander organisasies te help om die bewind in Suid-Afrika oor te neem. Sjina het veral grondstowwe en afsetgebiede nodig om sy ontsaglik groot bevolking aan die lewe te hou. Om Sjina te nooi om in Suid-Afrika te belê, is maar net 'n manier om Sjina se rol en invloed in veral die ANC/SAKP bondgenootskap te probeer wegsteek.

Tereg kan gevra word waarom die klerewerkersvakbond al by verskeie geleenthede die ANC regering gevra het om die invoer van goedkoop lae gehalte klere uit Sjina te staak. Die goedkoop klere word gretig opgeraap en die gevolg is dat die duurder en hoër gehalte Suid-Afrikaans vervaardigde klere nie verkoop word nie. Die toestand het op sy beurt tot gevolg dat plaaslik vervaardigde klere nie verkoop nie en dat Suid-Afrikaners, tot nadeel van die Suid-Afrikaanse ekonomie, sonder werk gelaat word. Die toestand bekommer die Regering klaarblyklik nie.

In die media is vroeër vanjaar berig dat Sjina se regstreekse belegging in AfrikaIande gedurende die eerste 6 maande van 2009 met 552 miljoen Amerikaanse Dollar toegeneem het teenoor dieselfde tydperk in 2008. Nege-en-veertig AfrikaIande doen tans aktief sake met Sjina en die AfrikaIande verkoop meestal grondstowwe aan Sjina. Meer as 800 Sjinese staatsinstellings is reeds in Afrika bedrywig. AfrikaIande wat tans die meeste beleggings uit Sjina lok is Suid-Afrika (veral in ligte nywerhede, myne en finansiële instellings), Angola, Nigerië, Soedan, Zambië en die Demokratiese Republiek van die Kongo.

Die wederkerige handel tussen Sjina en Suid-Afrika het in 2009 reeds 119,9 miljard Rand beloop. Sjina het ook 5,5 miljard Rand in die oorname van 20 % van Standard Bank se aandele belê. Sjina het ook met 'n belegging van 877 miljoen Amerikaanse Dollar, 'n kleiner platina-myn in Suid-Afrika oorgeneem. Voorbeelde van 'n groeiende begeerte by Sjina om die ekonomiese heerskappy van veral AfrikaIande oor te neem is legio.

Die vraag is net: "wanneer gaan die ANC/SAKP regerende bondgenootskap in Suid-Afrika besef dat Sjina besig is om die ekonomie in Suid-Afrika oor te neem?” Hy wat die ekonomie van ‘n land beheer, beheer ook daardie land se politiek.

Henrietta said...

Die ANC se keuse van China bo die Dalai Lama laat Tutu vuur spoeg
:
http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/ANC-is-erger-as-NP-20111004

Henrietta said...

Die Walmart/Masmart debat moet ook weer geopen word - kommentators reken dit kom op aandrang van Sjina . . . SA is mos al oorspoel met goedkoop Sjinese goedere - hulle sien waarskynlik Walmart as opposisie.

Henrietta said...

“Die siniese en kwaadwillige wyse waarop die regering dié keer weer verhinder het dat die Dalai Lama Suid-Afrika besoek, dui op morele bankrotskap van die ergste graad.”
Rapport se hoofberig vandag, hier: http://www.beeld.com/Opinie/HoofArtikels/SA-se-gekruip-voor-China-verneder-land-20111004

Henrietta said...

Ek het weer ter nabetragting julle (Yf en Liza) se kriptiese gegrap aan die begin van die draad gelees en lekker "binne-pret" (my ou man se gesegde) hier op my eie gehad - ;))))

Liza said...

Hier by ons is dit 'n geval van die een hand was die ander... en nou's dit 'pay back time'.

Sjina het tydens die "struggle" tydperk opleiding en wapentuig aan SWAPO verskaf en in ruil daarvoor kan hulle nou vrylik handel dryf sonder om, soos in baie gevalle wat aan die lig gekom het, belasting te betaal.

In 2006 was daar al meer as 40 000 Sjinese woonagtig in Namibië! So die 'geel gevaar' is op ons en dis alles behalwe 'n bangmaak storie...