Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

4/19/2011

Diferziteit….tegentrijdighydt.

Wat is diversiteit en wat is dit nie? Word diversiteit naderhand teenstrydigheid? Is teenstrydigheid diversiteit se oortreffende trap? Of is teenstrydigheid die teenoorgestelde van diversiteit?

7 comments:

Yf said...

Diversiteit het, dink ek, twee aspekte, ingesteldheid en intellektuele aktiwiteit. Met ingesteldhied verwys ek na agting vir elkeen as gelyke wat natuurlik persoonlike aanvalle uitsluit, want aanvalle is minagtend van aard. Om sekere mense en groepe uit ‘n bespreking uit te sluit is selektief van aard en diversiteit dui juis op veelsydigheid en nie beskermende eensydigheid nie.

Teoreties gesien, is diversiteit so wyd soos die Heer se genade; een persoon kan bv. van diverse benaderings in oseanografie praat en in dieselfde gesprek kan ‘n ander persoon oor ruimte-eksploitasie praat, sonder dat hulle hoegenaamd op mekaar reageer of probeer om by mekaar aansluiting te vind. Dit is natuurlik sinnelose gebabbel. Vir praktiese doeleindes moet diversitetisbesprekings dus begrens word.

Dit behoort die vertrekpunt van enige gesprek oor diversiteit te wees. By wyse van spreke kan gevra word: “Wil jy filosofies of teologies redeneer?” Filosofie het nie soseer ten doel om antwoorde te verskaf, as wat dit ten doel het om kwessies of versknsels te beskryf nie. Getrou aan die aard van die filosofie is hierdie beskrywings eindeloos divers van aard. Teologie, aan die ander kant is daarop ingestel om antwoorde te verskaf, baie kere op dieselfde vrae as wat filosowe vra.

Uit die aard van die saak, as mens teologies oor ‘n saak wil redeneer, dat verbind mens jouself tot ‘n spesifieke teologie – tensy jy natuurlik ‘n unitêre universalis is (maar ek dink die sisteem is meer filosofies as gelofogies van aard). As mens jou tot die Protestantse oortuiging verbind, dan behoort ‘n mens ag te slaan op Protestantse riglyne. Enige ander riglyne wat toegelaat word, soos van New Age ens. sal veroorsaak dat mens by mekaar verby praat, omdat die vertrekpunte verskillend van aard is.

Na my mening, kan die Skrik op diverse wyses verklaar word, maar diversiteit word teenstrydigheid wanneer ander humanistiese beginsels en argumente in die gesprek toegelaat word. Dan word diversiteit teenstrydigheid en teologie word filosofie.

Danie Loots said...

Sjoe Yf, ek dink jy slaan die spyker op die kop. Dit verklaar eintlik so baie struwelinge rondom die Diversiteits debatte.

'n Retoriese vraag (of twee): Moet leiers van gemeentes Teologies opgelei word of Filosofies? En watter een word tans gebruik op ons teologiese studente?

Henrietta said...

Lekker bydraes, Yf en Danie!
Divers , verskillend , verskeie.
Engels: diversity: difference, unlikeness, variety....

So hieruit sou mens kon aflei diverse beteken verskillende, verskeie opinies, sienings, insigte, menings, ens ens. Dit lyk soms of sommige mense op sommige forums/werwe dit voer na teen- stry-digheid ;)))))
Miskien het ek dit misgelees, maar ek sou wou byvoeg: debat. En debat sluit in deelnemers, en teenstanders.

Engels: contend, dliberate, join in debate, dispute, controversy. Dit wil vir my lyk soos : Geen “teenspraak”, geen debat, dan is net pure monoloog of hoe?

Danie Loots said...

Net vanmore lees ek die volgende uittreksel op Rick Joyner se weeklikse artikel.

"Causing divisions among brethren is one of the seven things we are told God hates in Proverbs 6:16. Unity was the main thing that Jesus prayed for His people to have in possibly the greatest and most revealing prayer about the heart of God in John 17. This unity is a unity of diversity, not a unity of conformity. The pressure to conform does not come from the God who so loves diversity that He makes every snowflake different. When we are so insecure that we demand compliance with our perception from those we relate to, we are still too immature and too unstable to be trusted with true authority." - Rick Joyner, The Prophetic Burden, Part 9 - Prophetic Communication

Yf said...

Ek't al gehoor mense sê (tong in die kies)- Stellenbosch lei sendelinge op, KOVSIES lei sondagskool onderwysers, maar wat Tukkies oplei, dit konfess ek, weet ek nie. Daar is baie diversiteit. Maar wat ek wel weet is dat Pan-enteïsme (die skepping is die liggaam van die Here) of post-teïsme teenstrydig is met 'n teïstiese siening. As 'n mens teologies wil redeneer en veral Protestants-teologies, dan is dit verseker nie 'n diverse siening van die Here nie, maar 'n teenstrydige siening. Die Bybel leer duidelik dat die Here apart van Sy skepping staan en dat die skepping nie deel van die Skepper is nie. Net soseer as wat die ding wat 'n mens maak nie deel van die mens is nie, so seker is Pan-enteïsme teenstrydig met die Bybel. So ook is post-teïsme wat impliseer, teisme plus iets daaropvolgens. Die Bybel leer duidelik in twee boeke dat 'n mens nie nog leerstellings mag byvoeg by wat die Bybel sê nie. En die Bybel sê baie duidelik dat die Here in Sy volmaaktheid en volkomendheid genoegsaam is. Ons mag nie enige ander leerstellings byvoeg nie. Verder is stellings soos die "Bybel is mensewoorde oor God" i.p.v. HG geïnspireerde woorde oor God deur mense geskryf, ook teenstrydig met wat die Bybel sê, nl. dat dhe hele Skrif HG geïnspireerd is.

Die bogenoemde stellings onder andere kan nie op grond van Bybelse verwysings ondersteun word nie en is dus nie diverse interpretasies van die HS nie. Dit kan dus net as teenstrydighede beskou word.

Van ander Universiteite weet ek nie, maar Tukkies se Fakulteit Teologie het die duidelik gemaak dat hulle 'n akademiese fakulteit is (soos UNISA se fakulteit Teologie) en nie by uitstek 'n NGK suiwer leer aan studente oordra nie. My stelling word ondersteun deur die feit dat daar ook Hervormde Kerk, Metodiste Kerk en ander inheemse kerke dosente is. (Ek verwys nie na individue nie en beoordeel nie elk se persoonlike geloofsoortuigings nie maar leerstelligns van kerke verskil en ten einde gemeenskaplike gronde tussen kerke te vind word uniekheid van individuele kerke wegggevee. Die fakulteit is ook voordurend opsoek daarna om bande met ander Afrika Kerke te soek. Ek spreek my ook nie uit oor die kwaliteit van onderrig nie, slegs oor die diverse aard van leerstellings wat verkondig word.

Dit is aan hierdie diversiteit waaraan skoolverlaters blootgestel word voordat hulle nog opgelei is on oordeelkundig te kan onderskei tussen wat NGK getrou en NGK teenstrydig is.

Ek bly nog altyd 'n kampvegter daarvoor dat die NGK terug moet keer na sy eie seminarie waar predikante opgelei kan word in NGK suiwer leerstellings op ten minste voorgraadse vlak, voordat hulle blootgestel word aan die diversiteit en noodwendige teenstrydighede van UNISA en sy ekwivalente teologie.

Die gevolg sal ook wees dat hulle dan met 'n bëter gees van onderskeiding sekere webwerwe en FB blaaie sal kan beoordeel.

Anonymous said...

Gie, gie, gie. Waas ou Yf se gie, gie, gie?

Yf said...

Soek jy 'n grappie, Anonymous? Hier's een:
Een of ander politikus he tnou onglangs gesê: "Stem vir my en gaan hemel toe" En dit is toe die resultaat:
We heaven got petrol.
We heaven got wek.
We heaven got lektriek.
We heaven got nice roads.
We heaven got brite polise/traffic.
We heaven got descent hospitaal.
We heaven got no money
We heaven got propor eddikashion.
We heaven got morals.
We heaven got peace/sekuritee.
We heaven got decency for people.
We heaven got clean religion.

Gie...gie...gie!

Ons is klaar in die hemel en dit danksy die humaniste & a-godiste wat dit alles uit die goedheid van hulle harte vir ons gereël het omdat hulle alles in hulle vermoê doen om van godsdiens ontslae te raak.

Sit jou realiteitsbril op en jy sal die korrelasie sien tussen sekularisering en die agteruitgaan van ons samelewing. En dan noem hulle dit 'n vertetering