Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

3/14/2011

Versoeking

In die Tuin is die tweetjies versoek deur vir hulle te sê hulle kan soos die Skepper wees (Gen. 3:5). Wel, wel, wel, ek dog dan hulle was alreeds soos die Skepper (Gen. 1:26). Het hulle dan nie gedink nie, of wat? En dit bly maar altyddeur 'n sekularis se versoeking - dat die skepping self ook skepper is deur dit self voort te bring en dat die kroon van die skepping (dis nou ons, glo dit as jy kan) verdere skeppingwerk sal doen. Inderdaad wil die sekularis skepper speel. Dit is een manier om versoeking te hanteer - gee daaraan toe.

Die ander manier is natuurlik Christus se manier - weerstaan die versoeking (Mat. 4:1 - 11). Eers op fisiese vlak en toe op ander maniere. Maar ek wil hierdie nia na 'n preek laat klink nie, so ek swyg eers oor die dieper betekenis wat dit vir my het.

Eerder wil ek jou versoek om deel te neem deur jou gedagtes met my te deel.
Van kleins af word ons geleer dat dit verkeerd is om aan versoekings toe te gee. Dit moet eerder weerstaan word. So, wat gaan jy doen, toegee of weerstaan? Ek het jou, tensy jy aan 'n derde hanteringsopsie kan dink.

Ek hoop jy sweet eers so bietjie intellektueel, want se nou maar 'n agodis nader jou met so 'n scenario, hoe gaan jy maak? Daar is m.i. tog 'n derde reaksie, maar praat jy eers vir 'n slag.

15 comments:

Liza said...

In 'n ligte trant:
Bly in die bed...

Dear Lord
So far today, God,
I've done all right.
I haven't gossiped,
haven't lost my temper,
haven't been greedy, grumpy,
nasty, selfish, or over-indulgent.
I'm really glad about that.

But in a few minutes, God,
I'm going to get out of bed,
and from then on, I'm probably
going to need a lot more help.

Op 'n erenstiger noot: trek jou hardloop tekkies aan...

New Living Translation of 1 Corinthians 10:13.:"But remember that the temptations that come into your life are no different from what others experience. And God is faithful. He will keep the temptation from becoming so strong that you can't stand up against it. When you are tempted, he will show you a way out so that you will not give in to it."

Dus soek daai ontsnapkans wat God belowe het en hardloop dan so vinnig weg as wat jy kan! Die Bybel praat deurgaans van wegvlug van die verkeerde:
1 Korinthiërs 6:18 & 10:14 en ook in 1 Timotheus 6:11 & 2 Timotheus 2:22

Liza said...

Nog 'n gedagte:

Kennis. Ken die vyand. Ek dink kennis van die Woord is noodsaaklik om versoeking te bestry. As die Bybel vir jou die finale maatstaf is vir die waarheid kan jy in die lig daarvan gedagtes beoordeel of dit goed of kwaad is – dit werk saam met my gewete om my te wys wat reg en wat verkeerd is... Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is ‘n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart (Heb. 4:12; lees ook Joh. 6:63 en Jer. 23:29).

Yf said...

Liza ek het geweet jy gaan die uitdaging opneem! klink Jesus se tweede versoeking nie 'n bietjie soos "Wees roekeloos, die Here sal jou mos beskerm nie?" Of "kon ons dobbel, as dit die Here se wil is sal ons iets wen/ nie verloor nie" Die punt is, dit was nie nodig vir die vervullign van Jesus se roeping om op die tempeltoppie te staan nie. Is dit nie ook so dat ons soms besluite neem, wel wetende dat ons dalk gaan moielikheid kry en dan maar hoop dat as dinge verkeerd loop, die Here ons sal help nie. En dan is ons ook noug gou om die Here te blameer.

Iets waaroor ek wonder - kan 'n chemiese afhanklikheid as a versoeking beskou word? Indien wel, kan ek insien dat 'n gelowige moedeloos sal word, elke keer as hulle aan die versoeking toegee. Maar indien nie, dan kan mens dit geloofsgewys anders benader. As daar 'n verband tussen versoeking en onvervulde behoeftes en begeertes is (wat ek glo is) dan moet dit tog op 'n manier hanteer word, maar hoe?

Vrede daar

Henrietta said...

Lekker interessante plasing, en goeie gedagtes wat alreeds uitgeruil is! Self het ek nou aan die versoeking toegegee (;)))) om hier deel te neem , al is my data al oor die helfte opgebruik....

Net twee gedagtes:

Een: die mens is nie as 'n marionette geskape nie, maar met 'n wil om te kan kies.

Twee: Iemand het erens geskryf dat dit nie verkeerd is om soos God te wil wees nie. Wat wel verkeerd is (en dit was waar die genoemde tweetjies gefouteer het) is om sóós God te wil wees, SONDER God.

Liza said...

Hier was Jesus waarskynlik fisies in Jerusalem en nie meer in die woestyn nie. Satan neem Hom na die een plek waar hy weet Jesus na aan God sou voel – die tempel in Jerusalem. Hier sou hy die oorwinning oor Jesus behaal. Hy toets Jesus se geloof aan wat in die Woord geskrywe staan - Psalm 91 (God se engele sal diegene beskerm wie in Hom glo) Slinks en uitgeslape...Maar Christus het die Woord geken (Deut. 8:2) en geweet dat God Hom toets om te sien of Hy gehoorsaam sal wees aan Sy gebooie... daar Sy teregwysing; Julle mag die Here julle God nie versoek soos julle Hom by Massa versoek het nie.

Uitklophou!

Psalm 91 sinspeel op beskerming vir diegene wat op God vertrou en Satan wou Jesus onder God se beskerming uitlok om op Sy eie God aan Sy Woord te toets. Om God te toets beteken jy glo God eintlik nie...

Sou Jesus daardie dag gespring het was alles verby.

Net so terloops die gedeelte in Psalm 91 waar staan 'jy sal jou voet nie teen 'n klip stamp nie' is ver verwyder van die gevolge om van 'n hoë gebou te spring!! En duiwel het gedink Christus sou letterlik en figuurlik vir daardie ene val..

Liza said...

Dis 'n taai ene Yf. Maar daar is tog professionele mense soos sielkundiges en beraders en verskeie instansies, bv AA om diesulkes te help en by te staan. Ek meen God het verskeie mense toegerus om van hulp te wees.

En dan ook soos Henreitta se die 'wil' - as so 'n persoon by die punt kom waar hy/sy kies om gehelp te wil word is die stryd gewoonlik half pad gewonne.

Henrietta said...

Hi Yf! Die derde reaksie: Gee toe aan die versoeking, maar hou jou tweede en derde vingertjies oor mekaar gekruis agter jou rug? ;))))

Ernstiger: Jare gelede het die Sportmanne vir Christus (oorlede Pierre Spies was een van hulle) ons dorpie se jeug besoek. Daar is gepraat oor slaan en terugslaan, en die wang draai en so aan. Een oudjie wou weet: sal hy nie soos 'n sissie lyk as hy nie terugslaan nie? Waarop die antwoord was: As hy jou weer slaan, gryp sy arm vas en sê: "Ek kan jou terugslaan, maar dis nie wat Jesus van my verwag nie" - dan word jou nie-terugslaan-nie 'n ware getuienis geleentheid, is gesê.

Henrietta said...

Oor die chemiese afhanklikheidsvraag: Dit het my vyf jaar se harde werk gekos om maar net bolangs vir antwoorde te soek ;))) - Hoeveel plek en tyd het julle?

Yf said...

Miskien kan versoeking omskryf word as iets wat jy graag wil doen, maar wat jy weet jy nie behoort te doen nie? Dit kan werk vir die fisiese versoeking tipes? Soos ek chemiese afhanklikheid verstaan is die stof waarvan jou liggaam afhanklik is, net so noodsaaklik vir jou liggaam soos suurstof. Jou liggaam het dit nodig om te kan funksioneer. Dink maar aan onttrekkingsimptome. Dan funksioneer jou liggaam beslis nie. Dis of die liggaam, sel vir sel, op 'n punt kom waar dit 'n "keuse" moet maak. Dit word of vergiftig of dit "swaai om" en wat gif was word noodsaaklik vir oorlewing. (Ek weet selle het nie 'n bewussyn om te kan besluit nie, maar ek weet nie hoe om dit anders te stel nie.) Suurstof is in wese eintlik groot gif vir lewe en wetenskaplikes meen dat plante begin het om suurstof te prduseer om van die opposisie ontslae te raak. En ons praat hier van primitiew plante wat ook geen bewussyn gehad het nie.)

Dit was net vir interessantheid. Whatever.

Ek kan insien dat as afhanklikheid as 'n versoeking beskou word en die terapeutiese respons is op die hantering van versoekings ingestel dit nie gaan werk nie want versoekings en afhanklikheid is duidelik verskillend. As jou liggaam 'n "craving" vir iets ontwikkel het dit niks met jou wil te doen nie.

Maar afhanklikheid is natuurlik nie emosionele verslawing nie en ongelukkig gaan die twee gewoonlik saam. Is verslawing 'n vorm van versoeking? Ek dink die dinamika is baie dieselfde - net 'n groot verskil in graad. "Ek weet ek moenie, maar ek wil so graag net om vir 'n rukkie beter te voel" of iets dergliks. Is dit nie waar van beide versoekings en verslawings nie?

Ek hoor graag insette hieroor.

Vrede daar.

Liza said...

...Soos dit met 'cravings' gaan – en ek verwys nie na swanger vrouens nie – moes jy mos in die eerste plek jou liggaam vol, gestel nou maar nikotien gepomp het vir die ‘craving’/lus, om te ontwikkel? Maw die eerste sigaret lei tot 'n tweede en 'n derde en kort voor lank kan jy nie meer daarsonder nie? Dus sou mens kon sê dat versoeking moontlik as die voorloper van ‘cravings’ en verslawing gesien kan word en voorkom kon gewees het mits jy die wilskrag gehad het om by nommer een op te hou? (beslis in ‘n perfekte wêreld :)) )

Dis seker ook nie so einfach soos hier gestel nie. Daar is natuurlik hordes sielkundige faktore asook chemiese wanfunksies wat 'n rol speel ens. ens.

Ek sou graag wil hoor wat Henrietta hieroor te sê het - dit was immers haar studierigting en sy behoort ‘n baie interessante en ingeligte antwoord te kan gee.

Maar daar is altyd ‘n uitkomkans...:

Ons Vader wat in die hemel is,
U het gesorg dat my lewe soos ’n boom groei.
Nou het iets gebeur.
Satan het soos ’n voël die een takkie na die ander na my boom gedra.
Voor ek geweet het wat my getref het, het hy vir hom ’n woonplek by my gemaak.
Vanaand, My Hemelse Pa, gooi ek met U hulp die voël en die nes uit.

Amen.

-Nigeriese gebed

Henrietta said...

Lekker gelees aan julle plasings!

Liza, jou laaste een oor die voëltjie: watter een van die kerkvaders het nou weer gesê: jy kan nie help dat 'n voëltjie op jou kop kom sit nie, maar jy kan keer dat hy daar NESMAAK ... ;)))

Mens kry natuurlik grade van afhanklikheid: as daar vroeg in die proses ingegryp word, is behandeling vinniger en makliker.

Die meeste moderne mense kan nie pyn, lyding of selfs ongemak verdra nie en sal baie doen, soos om pille te drink of drank en dwelms te gebruik, om verligting te kry. Dieselfde geld vir mense wat enige tipe moegheid (fisies, geestelik of emosioneel) ervaar. Hulle mag energie-opwekking soek in dinge soos energie-drankies (dink maar aan Red Bull en sy maatjies!) rook, voedsel, alkohol of dagga indien hulle ongemak ervaar wat veroorsaak word deur biochemiese tekorte.

Om mense te help wat vasgevang is in chemiese afhanklikheid, is ‘n lang en omvattende program. Dit gaan nie help om met mense se denke en gedrag te werk nie (wat meeste van die tyd ook verander moet word) as die chemiese wanbalans nie eers aangespreek is nie.

Die mees ideale is om vir mens se kinders van heel klein af “coping skills” te leer en aanhou leer en aanhou leer, waarvan die Bybel wemel.

Liza said...

Dis Martin Luther wat Confucius se aanhaling - You cannot prevent the birds of sorrow from flying round your head, but you can stop them building nests in your hair - so effens aangepas het.

Liza said...

Skakel na Henrieta se tesis, Verslawingsparadigmas en implikasies vir hulpverlening.

Lees hier

Yf said...

Ek het net gewonder oor die 3de versoeking van Mat. 4. "Buig voor my en ek gee al die koninkryke aan U" Bietjie vermetel, dink ek. Alles behoort aan die Here al het die sielerower nou 'n deel daarvan in pag. Maar vir my is die volgende nog 'n groter les: Jesus se "roeping" op aarde was om die duiwel (en die finale vyand - die dood - so die duiwel is die semi-finale vyand) te oorwin. Die aardsvysnad wou Jesus dus in versoeking lei om nie Sy roeping te voltooi nie. Ons kan deur baie dinge (aardse "koninkryke" soos rykdom, aansien, ontevredenheid mett ons situasie, ens.) versoek word om nie te doen waarvoor die Here ons geroep het nie. Christus kon in Sy eie krag die satan weerstaan het as Hy wou, maar het nogtans op die Bybel gesteun. Die afleiding is vanselfsprekend.

Gröss Gott!

Henrietta said...

Baie groot waarheid hierdie laaste van jou, Yf! Vir my so bemoedigend in Hebr 2:18 en 4:15 dat daar staan dat Hy omdat Hy self versoek was, soveel beter vir ons kan intree by God.