Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

3/29/2011

Transendentale werklikheid

Hebreërs 11 is seker een van die hoofstukke in die Bybel waar dit die duidelikse merkbaar is... (lees verder)

2 comments:

Henrietta said...

Die transendentale werklikheid is dit wat jy nie met jou gewone sintuie kan waarneem nie. 'n Ander dimensie, 'n geestelike dimensie.

Meeste van die mense wat as geloofshelde in Hebreërs beskryf word, van dinge gewaargeword buite hul gewone sintuie. Daar staan dat Moses die "onsienlike gesien" het. Noag het 'n stem gehoor, dat hy n skip moes bou in in barre woestyn.

Abraham, die vader van die gelowiges, het 'n Stem gehoor wat hom opdrag gegee het om met sy hele familie te trek na 'n land wat nog aan hom gewys sou word.

Sommige mense sien ons wat in sulke dinge glo, as wesens van 'n ander planeet....

gaggenbag said...

Ja Hettatjie, dat daar ander dimensies is behalwe die drie waarin ons leef, is 'n feit soos 'n koei.
Ek hoor juis gisteraand op TV hoe 'n vrou vertel dat sy en haar klein seuntjie per motor deur 'n tornado ingehaal is. Hulle kar is opgetel en baie rondgeskommel. Op een stadium het sy deur die venster gekyk en die dorpshuise ver onderkant hulle gesien. Nadat die vensters gebreek is, het allerhande stukke "debri" deur die kar gevlieg en hom verder gebreek en geen stukkie daarvan het hulle getref nie.. Sy het die "Onse Vader" gebid. Uiteindelik het sy gevoel hoe die motor saggies grond raak, en sy en haar seuntjie het uit die stukkende kar geklim - sonder 'n skrapie.

Ek wonder soms hoe was dit in die derde hemel waarheen Paulus "weggeruk" was (2Kor.2:12).

En hier is iets uit die "ander dimensie(s)" wat Liza seker ook sal geniet: Ek wonder wat doen die teïstiese evolusioniste (wat kamma in die Bybel glo) met Hebr.11:3 - "die sigbare dinge het dus nie ontstaan uit iets wat ons sien nie"! Fantastic!! Ons moet miskien onthou om vir hulle te vra of hulle dit óók glo!
Groetnis.