Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

3/15/2011

Soek Frits Gaum skoor?

Het Gaum ‘n appeltjie te skil met die NG Kerk? Dit wil amper so lyk, as mens ‘n berig in die Rapport reg verstaan (kyk hier: http://www.rapport.co.za/Suid-Afrika/Nuus/Fluit-fluit-is-die-NG-Kerk-dalk-uit-vra-Frits-Gaum-20110312 ).

Dit blyk ook dat hy ingekoop het op die heersende postmodernistiese tydsgees, want volgens die berig sê hy: “Die kerk sal moet leer om dinge met minder sekerheid te sê” en “teoloë moet ophou om voor te gee of hulle vaste antwoorde op sulke kwessies het en meer erns met twyfel en onsekerheid moet maak” . As voorbeeld verwys hy na die boek “Die eerste vyf minute ná die dood” deur dr. Izak Burger, president van die AGS, waarin die hiernamaals beskryf word.

Blykbaar het hy ‘n boek geskryf met die subtiele titel (wat in die berig “alarmisties: genoem word): “Fluit-fluit, die kerk is uit?” In die boek wat na bewering in Mei gaan verskyn, neem hy glo “veel meer progressiewe standpunte in” as in vorige skrywes.

Volgens Johannes de Villiers, die skrywer van die berig gaan die boek ‘n “knuppel in die teologiese hoenderhok gooi”.

Die emotiewe aard van die uitdrukkings in die berig laat mens wonder: Soek Frits Gaum skoor met die NG kerk? En as dit so is, wat is sy oogmerk daarmee?

4 comments:

Liza said...

Ai tog is daar nog enigsins hoenders in die NGK-hok oor wat in staat is om te fladder?

En wat sou Dr Frits Gaum se standpunt gewees het as sy seun nie 'gay' was nie?

Henrietta said...

Ja Liza, seker net nog 'n paar ou gryskop hane wat hees kraai!

Die uitdrukking "bloed is dikker as water" word soms tot ander uiterstes gevoer. Maar ons is almal net mense - ek vra myself af: wat sou ék in die omstandighede gedoen het?

Insiggewende artikel van Prof Johan van Rensburg hier in Rapport van vandag: http://www.rapport.co.za/Weekliks/Nuus/Fundamentalisme-Nee-vrysinnigheid-20110318

Yf said...

Wel, slaan my met 'n vrot vis! Ek dog die kerk is juis daar om erns te maak met sekerheid. Dis darem so New Age: "Dit mag waar wees vir jou maar nie vir my nie" en "alle waarheid / stellings is relatief. Die mees "selfdefeating" stelling waarvan ek weet - tog hou New Agers aan die absurditeit vas.

Was dr. Fritz Gaum nie op 'n stadium redakteur van iets nie? Om terug te keer na vrot visse. Die Kapenaars het 'n oulike sêding: "Visse vrot van hulle koppe af onder toe." - gebasseer op ge-observeerde fenomene.

Liza said...

Gross...slaat my dan maar eerder met 'n pap snoek!

Ja Dr Gaum was redakteur van iets, maar van wat kan ek nie nou dadelik onthou nie - sal moet kopkrap, maar ek sal laat weet as iets my byval...:)))))