Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

3/12/2011

Maranata!

Laat ons bid vir die mense van Japan en oral waar die tsoenami’s en ander watervloede angs en verwoesting saai.
Luk 21:25-25: “Daar sal wondertekens wees wat die son, maan en sterre betref. En op die aarde sal daar onrus onder die nasies wees uit angs VIR DIE GEBULDER VAN DIE SEE EN SY GOLWE. Mense sal flou word van vrees en die voorbodes van wat nog oor die bewoonde wêreld aan die kom is, want die kragte van die hemel sal geskud word”. (Nuwe Lewende vertaling)
“Jesus sê Hy kom weer, Hy kom uit die hemel neer ....” (uit
Liedboek: 518)



(But Now, our KING of KINGS JESUS is coming back soon as the LION OF JUDAH & not as the Lamb of God! REVELATION 5:5 says - " Behold, the Lion of the Tribe of Judah, the Root of David, has conquered, so that he can open the scroll and its seven seals.")

4 comments:

Liza said...

Christus het meer as 2000 jaar gelede al gewaarsku dat daar 'n tyd van verskrikking sal kom en Sy woorde in Luk 21:25 en 26, asook in Matt. 24:1 tot 14, is `n raak beskrywing van die situasie wat huidiglik aan die ontwikkel is en waarin die mensdom hom vandag bevind!

Jesus self het gesê: En as hierdie dinge begin gebeur, kyk dan na bo en hef julle hoofde op, omdat julle verlossing naby is (Luk.21:28). Indien wêreldgebeure saam met ander Bybelprofesieë aangaande die eindtye gesien word, dui alle tekens daarop dat die wederkoms van Christus beslis naby is!

Liza said...

Ironies genoeg is tsunami 'n Japanese woord wat rofweg 'hawe golf' beteken: The term tsunami comes from the Japanese meaning harbor ("tsu",) and wave ("nami",). [a. Jap. tsunami, tunami, f. tsu harbour + nami waves.-Oxford English Dictionary].

Henrietta said...

Baie dankie Liza vir die kosbare byvoegings. Ek neem aan as C S Lewis "fan" het jy sy Narnia flieks gesien waar die Leeu ñ groot rol speel?

Liza said...

Hallo,

Nee weet jy ek het dit ongelukkig elke keer gemis as dit op Tv was, maar is dit nie 'n indrukwekkende leeu nie - beslis 'n Namibiese ene...!:)