Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

3/20/2011

Fundamentalisme? Nee, vrysinnigheid!

In ‘n insiggewende repliek in Rapport vandag toon Prof Johan Janse van Rensburg die verskil tussen dié twee begrippe, en ook gevolge van dié benaderings. Lees hier: http://www.rapport.co.za/Weekliks/Nuus/Fundamentalisme-Nee-vrysinnigheid-20110318 )

Ons is ook opgewonde oor en sien uit na ‘n nuwe boek uit sy pen, “’n Ander Jesus, 'n ander evangelie” wat later vanjaar gaan verskyn.

4 comments:

Danie Loots said...

Wonderlike artikel. Elke paragraaf spreek van wysheid, insig en erns met God se Woord.

Dankie Prof. Johan Janse van Rensburg.

Henrietta said...

Ja Danie, die titel van sy komende boek maak my al klaar nuuskierig.

" 'n Ander Jesus" roep dadelik die Jesus-seminaar by my op, hulle wat wel die historiese Jesus erken, maar sê dat Hy net 'n gewone mens was, m.a.w. net soos Mohammed of Moeder Theresa navolgenswaardige figure was. Watter "goeie nuus" (evangelie) is daar dan?

Yf said...

Fundamentalisme laat die kerk leegloop. Ag, dis belaglik. Want dan behoort die liberalistiese en esoteriese strominge in die christendom dit mos weer te laat vol loop. So waar is hierdie snel-groeiende liberalisiese en esoteriese christene? Ek sal graag wil sien hoeveel "aanbid" saam met ou Izak en diesulkes. Wie is daai outjie van Kraaifontein nou weer? Al die liberales is seker uit sy gemeente uit en nou sit hy met net al die fundamentaliste! Dis om van te huil! Of gaan hy daarop roem dat sy gemeente vreeslik progressief is en dat dit nog net die post-moderne christene is wat oor is. Dan weerspreek dit mos Fritz se standpunt dat dit juis hulle is wat die kerk verlaat. Dis juis die post-modernistiese modegier wat mense soekend hou. Die fundamentaliste weet ten minste waaraan hulle vashou.

Eintlik is sulke onsinnige uitsprake 'n goeie ding want dit gee behoudendes die geleentheid om opnuut Skrifwaarhede voor te hou. As hulle tog maar net weer vir 'n slag iets nuuts wil sê, sal dit die gesprek darem weer bietjie meer interessant maak, maar heelaas!

Liza said...

Ja wie wil inderdaad deel van ’n kerk wees wat van niks meer seker is nie...

Ek wonder net hoe onlangs het die Prof op die DF gelees, want etiketering vier werklik hoogty daar. Die webmeester het dit noual reggekry om behoudend, nes fundamentalis, ook na 'n skelnaam te laat klink...