Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

2/05/2011

Lausanne Kongres verklaring teen postmodernisme

Julle onthou seker nog die Derde Lausanne Kongres wat verlede jaar in Oktober in Kaapstad vergader het, waar 4,200 evangeliese leiers van 198 lande bymekaar gekom het en waaroor ek ‘n kort stukkie hier geskryf het.

Hierdie Kongres, wat beskou word as die grootste en mees invloedryke instelling in evangeliese kringe vandag, het pas ‘n verklaring uitgereik waarin hulle uitdruklik verklaar dat hulle teen postmodernisme is.

Die baie besonderse verklaring wat ook ander geloofsaspekte aanspreek, kan hier gelees word:
http://www.lausanne.org/ctcommitment#p2-1

Lees gerus ook hier op Philip Rosenthal se blog: http://emergingthreat.blogspot.com/2011/02/lausanne-congress-cape-town-call-to.html

4 comments:

Liza said...

'Christene moet nederig oor Jesus getuig'- Burger, (19/10/2010)
Neels Jackson: Christene kan nog op die waarheid aanspraak maak, maar daardie waarheid is nie ’n rits logiese stellings nie. Dis ’n Persoon. Dít was gisteroggend op die Lausanne-kongres oor wêreldevangelisasie die boodskap van prof. Michael Herbst van die Universiteit van Greifswald in Duitsland. Herbst het gesê die gedagte van ’n enkele waarheid is nie gewild in die huidige sekulêre wêreld nie. Hoogstens praat mense van persoonlike oortuigings. Mense wat glo net hulle het die waarheid beet, kan gevaarlik raak. Mense hou nie van diegene wat dink hulle is altyd reg omdat hulle die enkele waarheid het nie. In die proses ontstaan daar een nuwe waarheid, en dit is dat daar nie iets soos die waarheid bestaan nie. Daarmee saam gaan die oortuiging dat almal wat in ’n enkele waarheid glo, stilgemaak moet word. Herbst het egter gesê as jy in Jesus Christus as die enkele waarheid glo, kan jy nie daaroor stilbly nie. Mense van ander gelowe het soortgelyke oortuigings. Die vraag is net of jy jou oortuiging vreedsaam of met mag oordra.
Christene kan nie aan die waarheid dink sonder om aan Jesus te dink nie. Hul vertroue is op Hom, nie op ’n rits stellings nie. Christene het die leerstellings ook nodig, maar dit volg later. Herbst het gesê Jesus het sy oortuigings nie op mense afgedwing nie. Hy het gepleit en gedien. Hy het geen sterker wapens as woorde gebruik nie. Volgelinge van Jesus moet ook “van onder” getuig – nie met mag nie, maar met nederigheid, deur te dien. As voorbeeld het hy verwys na drie jong Duitsers wat in ’n ou Oos-Duitse woonstelblok gaan bly het waar niemand Christene was nie. Hulle het begin deur net mense te groet en mettertyd vriendskappe gebou. Eers later het hulle met mense oor die evangelie begin gesels en hulle van Jesus begin leer. Dit is die gesig van waarheid in ’n gesekulariseerde wêreld, het Herbst gesê. (my beklemtoning)

Liza said...

Hierdie kwotasie uit Richard Niebuhr se boek -The Kingdom of God in America som vir my die postmodernistiese siening van God perfek op:
We want a God without wrath who took man without sin into a kingdom without justice through the ministrations of a Christ without a cross.

Henrietta said...

BAIE dankie, Liza vir hierdie leersame plasings. Dit is eienaardig dat sommige mense wat oor baie kennis oor postmodernisme beskik, ongelukkig nie die INSIG het om die gevaar daarvan vir die gereformeede leer te sien nie.

Henrietta said...

Ek dink min mense besef hoe postmodernisme die gereformeerde leer en missiologie beïnvloed en lei tot ‘n verskraalde evangelie.

Vir die meeste postmoderniste is die “ou” sending- en evangelisasie-metodes “polities inkorrek”. Gestuurdes moet so verdraagsaam en akkommoderend moontlik wees, die evangelie moet gebruikersvriendelik gemaak word, daarom moet dit gestroop word van die kruis, sonde en bekering, ewige lewe. Alles moontlik moet gedoen word om punte van ooreenstemming met teikengroepe te kry en om mense nie aanstoot te gee nie.

Wanneer Jesus in Johannes 14:6 na Homself verwys as die Weg en die Waarheid, en sê dat niemand na die Vader kom behalwe deur Hom nie, is dit nie “’n weg” of “’n waarheid” nie, maar DIE WEG en DIE WAARHEID.