Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

1/22/2011

Oor Skrifbeskouing - ‘n inleiding

Yf het gevra dat ons ‘n nuwe draad moet begin oor Skrifbeskouing, dus hoe die Bybel deur verskillende groepe gesien word. Hier is ‘n paar inleidende gedagtes oor ‘n reuse-groot onderwerp:

Basies kan drie groepe onderskei word: Een groep sien die Bybel as die Woord van God; ‘n tweede groep sien die Bybel as God se Woord in mensetaal en ‘n derde groep (wat nie verbonde is aan ‘n kerklike tradisie nie) sien die Bybel as woorde oor God.

‘n Reformatoriese Skrifbeskouing glo die Bybel bevat die wil van God volkome en alles wat die mens vir sy saligheid moet glo, word voldoende in die Skrif geleer (Artikel 7 NGB). Dit het gesag, is betroubaar, genoegsaam en duidelik.

Soos op talle terreine, het daar vanaf die Renaissance, en meer spesifiek vanaf die tyd van die Verligting, wêreld-beskouings deur die jare ontwikkel wat skeptisisme aangaande basiese Christelike beskouings aanwakker, ook wat Skrifbeskouing betref. Mens kan praat van verskuiwings, verskillende perspektiewe of veranderde paradigmas ten opsigte van hoe die Bybel gesien word.

17 comments:

Yf said...

Dankie Henriëtta.
Hierdie is vir my een van die mooiste metafoer wat ek nog ooit oor die Bybel teëgekom het. Ek kry dit van een van oms predikante, Leon Westhof:

Die Skrif wil ek vergelyk met ‘n venster (met vertikale blindings voor dit wat soos gewoon op normale wyses toe, half oop of heeltemal oop kan wees). Die venster kan uit verskillende vierkante bestaan. Ons bevind ons aan die binnekant van die vertrek met die son wat van buite deur die venster skyn. Jy kan by die venster sit/staan of dieper in die vertrek waar die sonlig nie direk op jou val nie.

Dit is moontlik dat daar krake op dele van die venster kan wees. Dit is moontlik dat sommige vensterpanele nie ewe goed in hulle rame ingepas is nie. Dit is met ander woorde moontlik om kritiek teen die vakmanskap uit te spreek. En hoe verder weg jy staan, hoe beter sien jy dit dalk raak en hoe meer uitgesproke is jy. Daar is ‘n baie groot verskil in die posisie wat jy inneem ten opsigte van die venster. As jy verder weg staan, voel jy nie die son se hitte op jou lyf nie. As jy egter by die venster sit, voel jy dit op jou lyf.

Die son in hierdie metafoor, is God. Die venster met sy verskillende glaspanele, is die bundeling van boeke wat saam die Bybel uitmaak. Wie digby die venster sit, beleef die sonlig van God se genade op sy/haar lewe. Wie verder weg staan, sien dalk nog die son en die venster, en het baie om oor te praat, maar kan van niks getuig nie. Dit is, in terme van ‘n persoonlike ervaring van Godslig in eie lewe.

Diegene wat by die venster sit se aandag word gevestig op die probleme rondom vakmanskap, maar hulle geloof word gevoed deur die Son, nie deur die letters van die wet nie. Hulle geloofsoë stel hulle in staat om verby dit te kan kyk na ‘n groter werklikheid, die werklikheid van God.

Nie almal wat by die venster sit, het egter dieselfde visie nie. Vir sommige is die blindings groter oop as vir ander. Party dae sit dieselfde gelowige op ander plekke waar die blindings meer of minder oop is. Nie elke sessie laat dieselfde hoeveelheid lig deur nie.

Hierdie metafoor bevestig die belewenis van gelowiges oor eeue heen. Dit is ‘n as’t ware ‘n geloofsoortuiging wat binne die kerk van die Here Jesus as waar en eg beleef word. Om digby die venster te sit maak die wêreld se geloofsverskil!

Yf said...

Nouja, dan gesels ek maar met myself.
Myself, hier is my Skrifbeskouing:
Die Bybel maark uitsprake oor die Skepper, die wetenskap oor die skepping.
Die Bybel sê dat die Skepper geskep het, die wetenskap sê hoe die Skepper geskep het. Die Bybel sê hoedanig die Skepper betrokke is by Sy skepping, die wetenskap kan nie want dit maak nie uitsprake oor die Skepper nie. Die wetenskap kan dus nie die bestaan van die Here bewys of "onbewys" nie. Die Bybel is geskryf vir elke geslag - van die eerste lesers tot die laaste lesers daarvan. Wetenskap tekste word geskryf vir die geslag waarin die skrywer leef, met die hoop dat toekomstige geslagte dit ook leerwaardig sal ag, maar elke geslag skryf sy eie boeke en vorige boeke word deur huidige boeke vervang. Die boodskap van die Bybel bly konstant, maar die feite van die wetenskap verander voortdurend soos nuwe inligting na vore kom.

Die Bybelskrywers het geskryf met die kennis tot hulle en die eerste lesers se beskikking en nie met 21ste eeuse kennis nie. Dit sou tog absurd wees want dan sou geen geslag tot sê maar die 19de geslag dit verstaan het nie. En van die 22ste eeu af en later sou die siklus homself herhaal het - dit sou ou en uitgediende kennis gewees het - juis 'n groot deel van die kritiek teen die Bybel.
Juis hierom het die wetenskap van hermaneutiek ontwikkel. Dit is 'n poging om agter te kom wat die kennisbasis en die geheel agtergrond was waartydens die skrywers geskryf het. Indien dit in ag geneem word, kan baie van die besware teen die geldigheid, betroubaarheid en akkuraatheid van die Bybel as ongeldig afgewys word.

Die Bybel is in der waarheid nie een boek nie maar een verwsameling boeke - elk in sy eie letterkundige genre geskryf, en sommiges in meer as een genre. Wie die Bybel reg wil verstaan, moet hierdie feit ook in ag neem. So kom daar antwoorde op nog vele tekste wat andersins moeilik verklaarbaar is.

Dit is nie regverdig om moderne literêre kritiek beginsels op die Bybel toe te pas nie, want die Bybelskrywers het niks daarvan geweet nie en kon dus nie poog om daaraan te voldoen nie. Die geskrifte van die Bybelskrywers moet ge-evalueer word aan die hand van die literêre beginsels wat in hulle tyd gegeld het.

Myself, wat is jou gedagtes oor die akkuraatheid, geldigheid en betroubaarheid van die Bybel - is daar bewyse daarvoor of is dit maar net 'n oortuiging wat mens moet hê?

Liza said...

Wat vir my merkwaardig is, is die feit dat in die tydsverloop van 1 500 jaar tussen die eerste skrywes van Moses en die laaste boek, Openbaring, deur die apostel Johannes, daar nog 38 ander diverse en geïnspireerde skrywers ook was wat bydraes gelewer het. Uit hierdie roesmoes van sakemanne, soldate, geneeshere, predikers, konings, skaapherders, vissermanne, almal vanuit verskillende agtergronde, kontrasterende kulture en filosofië is die 66 boeke van die Bybel, met sy 1 189 hoofstukke wat uit 31 173 verse bestaan, bymekaargevoeg om 'n deurlopende boodskap van bykans volmaakte eenheid en harmonie oor te dra! 'n Kragtige getuienis dat alhoewel so ‘n uiteenlopende klomp mense die gedagtes neer geskryf het, hulle deur God geïnspireer was.
Net een 'brein/verstand' kon dit alles so beplan het – God...

’n Kragtige bewys van God se betroubaarheid is die duisende vroeë handgeskrewe manuskripte wat deur die eeue behoue gebly het soos o.m. die Dooie See (Qumran) boekrolle van 150 tot 200 v.C. asook die ontdekking van die Magdalen Papyrus (66 n.C.) 'n paar jaar gelede wat bevestig het dat die huidige Bybel absoluut akkuraat is. Hierdie is die oudste fragment van die Nuwe Testament tot op datum en bewys die Textus Receptus grondteks as heeltemal korrek. Party van hierdie meer as twee duisend jaar-oue geskrifte bevat dieselfde waarhede as wat ons in die OT en NT van vandag se Bybels vind!

Die Bybel se historiese akkuraatheid kan ook bevestig word deur die talle argeologiese opgrawings soos bv die tempeltoring wat in die suide van Iran opgegrawe is met die woord “Ur” in spykerskrif daarop gebeitel wat bevestig dat dié stad uit die Genesis tydperk wel bestaan het. Latere ontdekkings het ook getoon dat Ur ‘n vooruitstrewende megastad met ‘n hoogs ontwikkelde beskawing moes gewees het.

En dan is daar nog die talle Bybelse profesieë wat omtrent al almal in vervulling gegaan het...
Ja daar’s oorgenoeg bewyse dat die Bybel akkuraat en betroubaar is. En geldig ook.

God se Woord sal nooit verval, of kan vervang word nie, of kan daarop verbeter word nie. Kulture verander, wette verander, generasies kom en gaan, maar God se Woord is netso relevant vandag as toe wanneer dit geskryf was.

Yf said...

Liza,
die sake wat jy hier ophaal word in Engesl saamgevat onder die afkorting MAPS Manuscript, Archeo9logy, Prophecy Sameness of message.

Akkuraatheid is "the condition or quality of being true, correct, or exact; freedom from error or defect; precision or exactness; correctness. ..." (http://dictionary.reference.com/browse/accuracy). Dit kan verstaan word as hoe naby die stelling wat gemaak word aan die waargenome feite is - of dit net die waarneming weerspieël en of daar ook interpretasie (met die probleem van subjektiwiteit) in die stelling voorkom.

Betroubaarheid verwys na die konstantheid van die inligting wat weergegee word en die mate waartoe hierdie inligting ooreenstem met soortgelyk inligting uit ander bronne.

Geldigheid op sy beurt verwys na die mate waartoe 'n dokument dit weerspieël waarop dit aanspraak maat om te weergee. Om 'n growwe voorbeeld te noem, 'n boek wat daarop aanspraak maak om 'n boek oor die wiskunde te wees (in Titel en voorwoord ens. maar waarvan die teks einlik oor geskiedenis handel, is nie geldig nie al is die geskiedkundige inligting ook akkuraat.

Hierdie kriteria kan met groot vrug toegepas word op alle wetenskaplike uitsprake en aansprake om die waarde daarvan te bepaal.

Die een ander kriterium, vir Christene, wat die Bybel van enige ander dokument onderskei is die feit dat dit as ge-inspireerd besku word. Ek het die afgelope tyd begin wonder wat presies met die term bedoel word? Ja ek weet mens moet die verstaaan as dit die Here die skrywers ge-inspireer het om te skryf wat hulle geskryf het, maar hoe en presies wat?

In vrede

Liza said...

[...] maar hoe en presies wat?

"He also spoke, it says, in many ways, polutropos. That means through vision and prophecy and parable and type and symbol and ceremony and theophany and sometimes audible voice. And He even wrote with His finger on stone. There were many ways in which God spoke many things, collected in many texts, put into many books and He spoke to those of old by means of the prophets. That is a statement with reference to the fact that the Old Testament is God speaking."
click here

Gideon said...

H,Y & L !!!
Jammer dat ek nou eers deelneem - was vreeslik besig met resensies,kommentare, replieke ens. My kop kom nou eers bo water.

Yf, daar is een gedagte wat my hinder (en ek het dit elders ook al opgetel. Verskoon maar as ek eenvoudige taal gebruik): "Die Bybel sê DAT God geskep het; die wetenskap sê HOE Hy geskep het". Hieroor het ek my tong diep in my kies.

Ek is van mening dat die Bybel wel sê HOE God geskep het - iets wat die wetenskap net oor kan spekuleer, maar nie "sê" nie.
Die Bybel sê dat God gesê het: "Laat daar xxxx wees", en dit was daar. Dit was Goddelike, almagtige wil, 'n bevel wat dinge op wonderbaarlike, on-"wetenskaplike" wyse in aansyn geroep het. Die bekende Joh.1:1-3 sê dan óók dat deur God se Woord (wat later mensegestalte aangeneem het) het alles tot stand gekom. Dít is HOE God geskep het.

My vraag is: Op watter gronde maak enige wetenskap daarop aanspraak om te kan sê hoe God geskape het - behalwe as om die Bybel na te praat?

Ek sou saamstem dat die operasionele én die oorsprongswetenskappe fossiele, die geologiese kolom en ander aspekte kan besturdeer en gevolgtrekkings / afleidings / bevindings kan maak, maar dit verg nie 'n wetenskaplike om te kan sê dat die skepping 'n Godswonder is nie. Ek meen dat geen ander antwoord as dít wat die Bybel vir ons gee, is geldig nie.

Yf said...

Die Here het 'n uitspraak gemaak en dit het gebeur. Dit sê dat dit wel gebeur het, maar dis nie 'n aanduiding van die proses nie. Die Here het progerssief geskep - alles het nie binne 'n vingerklap gebeur nie. Kyk Gen. 1: 11,12: "11. Toe het God gesê: “Laat daar uit die aarde groenigheid voortkom, groen plante wat saad gee en vrugtebome op die aarde, wat elkeen na sy aard vrugte dra en waarvan die saad in sy vrug sit.” So het dit gebeur.
12 Die aarde het groen plante laat uitspruit wat elkeen na sy aard saad gee, en bome wat vrugte dra met die saad daarin, elkeen na sy aard. En God het gesien dit is goed.

UIt die aarde voortkom, m.a.w. nie in 'n oomblik geskep soos wat die ander verse aandui nie. Elk na sy aard, dit neem seisoene vir gras en jare vir bome om saad of vrugte te dra. Dit is die enigste versie in die skeppingsverhaal wat proses aandui, wat hoe aandui. Verder berus dit op die wetenskap om te sê hoe die prosesse verloop het. En terloops, as die woord 'dag' as slegs 24 uur verstaan word, dan is Gen. 2:17 problematies:"maar van die boom van alle kennis mag jy nie eet nie. Die dag as jy daarvan eet, sterf jy.” Binne 24 ure. Waar kom ons dan vandaan? Ek kan nie saamgaan met 'n 24 uur interpretasie van 'dag' nie, op grond van die genoemde verse.

Liza said...

Ons weet dat God geduld hoog aanslaan. Die Bybel getuig op verskeie plekke daarvan soos bv. in Galasiers 5:22 wat sê dat geduld een van die vrugtes van die Gees is. So het God ook deur die geskiedenis heen geduld demonstreer met o.a. Noag en die bou van die ark in - 1 Petrus 3:20, in Sy handelinge met Israel - Nehemia 9:30. Sy lankmoedigheid met betrekking tot Paulus se bekering in 1Timoteus 1:16 en 2 Petrus 3:9, 15 en selfs met diegene wat vir die bederf bestem is, is met lankmoedigheid verdra – Rom.9:22. Met geduld as een van God se eienskappe kan ek nie anders as om te wonder oor die letterlike verstaan van die ses skeppingsdae nie.

God se geneigdheid om dinge met tyd/in Sy tyd te doen plaas ‘n letterlike 24-uur skepping vir my dan buite Sy Goddellike karakter van presiesheid en fyn detail soos in die Bybel ge-openbaar.

Yf said...

'n interesante perspektief Liza. Ek het nooit so daaraan gedink nie. Die insinuasie van presiesheid van 24 ure bring ook ander vrae na vore: Die Here het hemel water aen aarde in die donker geskep, toe lig geskep en dit van donker geskei en toe verder alles in die lig geskep. Dis seker 'n redelike afleiding, want die refrein..."dit was aand en dit was more" volg aan die einde van elke skeppingsaksie. Maar hoe lank was die ligdeel van elke dag? Die daglengte verskil op verskillende breedtegrade en ook seisoenaal.

Die sewende dag is nog nie voltooi nie, wnat dit sê nie "dit was aand en dit was more" nie. Dit sluit mooi aan by die idee van lankmoedigheid.

Henrietta said...

Oor tyd en ruimte(Ons is effe van die onderwerp af ;))) - ek wonder hoe ervaar mense in ruimtetuie / op die ruimtestasies "tyd" en "ruimte" - 'n dag is vir ons (sê nou maar) van een sonsopkoms tot die ander - maar vir hulle is daar geen "sonsopkoms" nie. Ons ruimte is die aarde, en ons is gebonde aan swaartekrag en as ons opspring kom ons weer terug "aarde toe" - - dit vat seker lank om weer georienteer te raak as mens so 2 maande tydloos en ruimteloos was .

Ons vergeet ook baie keer dat God "beweeg" totaal en al buite "tyd en ruimte" soos ons dit ken.

Liza said...

Dit is juis my verstaan dat God buite ons tydsbesef/dimensie sy 'sesdag' skepping voltooi het. Ek glo nie die bedoeling was om te vertel hoe lank of hoe kort Sy skepping geneem het om te voltooi nie.

Die volgende voorstelling van die skeppingsgebeure uit The Biblical Metanarrative stel dit vanuit 'n interessante perspektief:
'This suggests how to interpret Genesis 1: the literary structure of the chapter is based on the words in Genesis 1:2, "formless" (Hebrew: tohu) and "empty" (Heb.: bohu). The Seven Days of Creation in Genesis 1 portray God conquering chaos by first creating forms (or realms) and then filling those realms:
GOD CONQUERS CHAOS
GOD REVERSES THE 'TOHU' DAYS OF FORMING
DAY 1: Realm of Light
DAY 2: Realm of the water under
and the water above
DAY 3: Realm of the land and the vegetation
GOD REVERSES THE 'BOHU' DAYS OF FILLING
DAY 4: The Bodies of light
DAY 5: Creatures of air and seas
DAY 6: livestock, man / Vs. 30 green plants

The seventh day, then, is when the forces of chaos are totally banished and God reigns in fullness. We were created to live in the Seventh Day, a state of never-ending fellowship with God and under God's reign.

Wat toe nie so gebeur het nie as gevolg van die sondeval.

Genesis 3 answers the worldview question, “What’s the problem?” The problem is that evil has entered into our midst. Once evil entered the world, we lost the Seventh Day. We are no longer living in the realm God intended for us. We have lost the presence of God. Moreover, sin sets the gears in motion to reverse creation and bring chaos back.'

Hoe lank hierdie realms was sal ons seker nooit weet nie... maar dit sê vir my dat God op Sy tyd stelselmatig en georden geskep het.

Henrietta said...

Ek hou van hierdie deel van die verklaring van tien oud-predikante en -dosente van die NG Kerk (ook in "Die Trojaanse Perd") oor die Bybel:

"Ons aanvaar in die geloof dat die Bybel die Woord van God is wat die weg van saligheid volkome aan mense verduidelik. Dit is geskryf deur mense wat geroep, toegerus en geïnspireer is deur die Heilige Gees. Hulle skryf weliswaar in 'n bepaalde historiese situasie en binne hul eie taal- en kulturele milieu. Dit neem nie weg dat hulle 'n besondere boodskap van God oordra aan die mense van hulle tyd en uiteindelik ook aan die mense van alle tye nie. Aangesien geloof en wetenskap nie teenoor mekaar staan nie, aanvaar ons ook dat die wetenskaplike bestudering van die Skrif, indien die eie aard van geloof en wetenskap gerespekteer word, nie die kernoortuigings van ons geloof bedreig nie, maar ons Skrifverstaan eerder verryk en verdiep.

Ons distansieer ons van die uitgangspunt dat die Bybel woorde van mense oor God is wat voortspruit uit 'n soeke na waarheid en sin. Dit sou die Bybel gelykstel met sakrale boeke van ander religieë en selfs met filosofiese denke van begaafde mense. Hierdie standpunt verander die teologie in filosofie en is niks meer as menslike bespiegelinge nie. So 'n beskouing van die Bybel bring mee dat elkeen kan besluit watter dele aanvaarbaar is en watter nie. So word verval in subjektivisme en humanisme".

Yf said...

Die een aspek van die Bybel waaroor ons nog nie gesels het nie, is dat dit geïnspireerd is. Dit maak die Bybel uniek onder alle boeke. Dit kom my voor of daar in die literatuur meer gewag gemaak word van die manier waarop die skrywers geïnspireer was om te skryf. J. A Heyns noem in sy boek Dogmatiek (1978: 18 – 21), ses teorieë: Meganiese, Dualistiese, Dinamiese, Aktualistiese, Organiese en Dialogiese. Maar dit sê net hoe die Bybel geïnspireerd “geword” het, dit sê nie wat die aard en betekenis van inspirasie is nie.
Dit was nog altyd my oortuiging dat die Bybel geïnspireerd is (2 Pet. 1:21: “want geen profesie is ooit deur die wil van 'n mens voortgebring nie. Nee, deur die Heilige Gees meegevoer, het mense die woord wat van God kom, verkondig.” en 2 Tim. 3:16: Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en 'n regte lewenswyse te kweek,”)
Geïnspireerdheid beteken tog seker dat die Bybel waar is, dat dit die volle waarheid bevat? Of beteken dit dalk iets meer as dit. Die aardsvyand, die Satan het dan in die tuin an Eden ‘n leuen vertel (Julle sal soos God wees) Job se drie vriende het dan valse godsdiens gepredik. Ek is seker daar is nog talle ander sulke voorbeelde – verkeerde stellings oor Christus, die laaste dae, wat valse profete en leeraars sê, ens. Laat ons hierdie kwessie onder mekaar uitklaar voordat ons deur agodiste en sekulariste daarmee gekonfronteer word.
Terloops, nog ‘n oulike boek oor die skepping is: Whorton, M. & Roberts, H. 2008. Holman quick source guide to understanding creation. Dit stel al drie standpunte: naturalisties, Intelligente Ontwerp en Skeppingsleer.

Liza said...

...En die probleem met al hierdie opvattings/ teorieë is dat elkeen daartoe geneig is om inspirasie tot ‘n eenvormige siening te verskraal. Dit terwyl dit tog seker baie meer dinamiese van aard is. Maar dan ook wonder ek hoe mens ooit iets so persoonliks kan deurgrond/ bewoord of anders gestel kan vasvat behalwe as om jou deur die Bybel self te laat lei?

Die Bybel skep die indruk dat inspirasie op verskillende wyses geskied omrede die rol van die menslike bemiddeling nie altyd dieselfde is nie en kan wissel van heel passief tot heel aktief. En ook met die persoonlikheid van die bemiddelaar in ag genome kan die werking van die HG van persoon tot persoon verskil, verder hoe dit verstaan moet word kan ons nie vooraf oor besluit en dit dan aan die Bybel opdring nie, maar eerder die Skrif self toelaat om die werking daarvan aan die leser te verduidelik...

Wat die Satan en Job se vriende en andere aanbetref moet dit seker as onderdeel in die lig van die geheel verstaan word. Maw. die Skrif as geheel, insluitende die woorde van Satan, dien as openbaring van God en is dus God se Woord aan ons.

Ek weet regtig nie hoe anders om daaroor te dink en te skryf nie, hoop maar dit sê iets om die bal aan die rol te sit.

Yf said...

Hallo Liza,
Dit is min of meer my gedagtes ook. "Die dwaas sê in sy hart: daar is geen God nie!" Dis waar dat hy die sê maar die uitsporaak is verkeerd. Dalk gaan dit meer oor wat die Here wil hê ons moet weet, (ook oor die onwaarhede wat oor Hom verkondig sal word) as oor streng-gesproke net die waarheid. M.a.w. die Here wil hê ons moet van waarheid en leuens bewus wees en nie net waarheid nie. Ek is seker daarvan dat al hierdie sg. post-moderne uitsprake van die sekulariste oor die Here ook in die Bybel gevind kan word en dan sal ons mos weet hoe om daarop te antwoord omdat die Bybel self al klaar 'n antwoord gee.

Vrede daar.

Henrietta said...

Oor die Heilige Gees en Bybelse inspirasie - Yf jy sal hou van hierdie artikel van Dr Izak Burger hier in Beeld gister: http://www.beeld.com/Rubrieke/Gasrubriekskrywers/Wat-Bybel-kritici-nooit-se-20110220

Henrietta said...

Oor die Heilige Gees en Bybelse inspirasie - Yf jy sal hou van hierdie artikel van Dr Izak Burger hier in Beeld gister: http://www.beeld.com/Rubrieke/Gasrubriekskrywers/Wat-Bybel-kritici-nooit-se-20110220