Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

12/11/2010

BOEK “KWAADWILLIG” – sê WIE???

(Lees Neels Jackson hier in Beeld vandag: Boek ‘kwaadwillig’ wat NGK kap oor Bybel )

DIE BOEK IS BESKIKBAAR BY AUGUSTINE BOOKROOM, PRETORIA (645 Rudolf Street, Constantia Park, Pretoria) http://www.augustine.co.za/home.php
(Lees verder onder kommentaar)

2 comments:

Henrietta said...

‘n Mens wonder of Dr. Johan Ernst vir wie Jackson uitvoerig geleentheid gee om sy mening te lug, ooit die “regte” boek gelees het? Een van die belangrikste hoofstukke in die boek, myns insiens, gaan juis soos Daniel ook aantoon, oor die ongelyke speelveld: dat joernaliste, redakteurs en moderators van webwerwe die invalshoek bepaal en ook op ander maniere bewimpel wie gehoor en wie nie gehoor word nie.
Baie belangrike dele ontbreek in die roof-kopie, onder andere die agtergrond, voorwoord en rasionaal agter die boek (lees verder op hierdie webblad : www.glodiebybel.co.za self ‘n klein deel daaroor) en mense buite die kerk se aanbevelings op die agterblad van die boek.

Abraham said...

Dankie Tannie. Baie goed gestel.

Ek dink dis hoog tyd dat gewone NG kerk lidmate weet wat aangaan in die leierskap in kweekskole van hulle kerk.

Net jammer die koerante maak dit nie maklik vir mense om te hoor wat regtig aangaan nie. Ek dink daar is heelwat gekonkel, en heelwat gliberigheid.

VirHerlewingEnReformasie