Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

11/23/2010

Wanneer “wetenskap” ‘n “-isme” word


Wanneer aansprake gemaak word dat “die wetenskaplike metode” die enigste wyse is waarop kennis bekom kan word, wanneer verklaar word dat sodanige metodes die allerbeste is en hierdie aansprake verabsoluteer word en die vorm van ‘n ideologie aanneem, kan mens dit ‘n “-isme” noem.

Uiterste aansprake is dat “die wetenskap” al die antwoorde het om kennis te bekom oor die bestaande werklikheid, dat dit superieur is en die mees gesaghebbende wyse is om die kosmos en alles wat bestaan te verstaan en te verklaar. Mense vir wie “die wetenskap” die enigste toegang tot “die waarheid” is, glo net in dit wat met die sintuie ervaar kan word, dit wat gemeet, getel, geweeg en verreken kan word op een of ander wyse.

Só 'n werklikheid is enkel-dimensioneel, dit verskraal alles wat is en ignoreer velerlei ander werklikhede.

13 comments:

Henrietta said...

Ten spyte van skouspelagtige deurbrake wat in die laaste eeue deur die natuurwetenskappe gemaak is, het dit perke. Daar is sekere dinge waarvoor “die wetenskap” nie antwoorde het nie... of sal mens sê: NOG NIE antwoorde het nie . Kom ons neem een voorbeeld: bewussyn. Mense het ‘n bewussyn maar kan dit gemeet word?

Die wiskundige en neuropsigoloog Stanislas Dehaene het bevind dat daar iets is soos numeriese bewussyn, maar daar word nie veel vordering op hierdie gebied gemaak nie.

Nog ‘n vragie: Het plante en diere ‘n bewussyn?

Liza said...

Absoluut... My ma se plante vrek op ‘n streep en my potte-tuin floreer. Hoekom? Wel die moeder is baie ongeduldig, as die plantjies net effens aflyk word hulle uitgepluk en ek praat weer met hulle. Moedig hulle aan ens. – jy kan selfs vir hulle ‘n bietjie Mozart of Beethoven speel – glo mal daaroor. Daar is ook al studies gedoen, soos byvoorbeeld die Findhorn-eksperiment, wat bewys het dat ‘n simpatieke verstandhouding tussen plant en tuinier tot groter en gesonde plante lei al groei die plante in swak grond.

Dan is daar die Huilboerboon wat glo ‘n slegte suur sap afskei as daar aan sy blare gevreet word. Wat interessant is, is dat al die Huilboerbone binne ‘n radius van ‘n kilometer tegelykertyd ook ‘n suur sap begin afskei om die vretende gevaar af te weer. Dis vir die waarheid vertel deur ‘n bekende botanikus hier plaaslik. So daar moet ‘n bewussyn op een of ander vlak wees om mekaar so teen dreigende gevaar te kan waarsku of om op ‘n stem/klanke te kan reageer.

Wat diere aanbetref, ook 'n besliste ja, hoe dan anders ons is mos afstammelinge van die aap. ;))

Henrietta said...

Wie praat nou weer van aap-afstamming??? Van plante gepraat: As kinders was dit vir ons lekker om die "kruidjie-roer-my-nie" te "terg": wanneer mens aan die blaartjies raak, vou dit toe, en selfs 'n hele takkie vou soms beskermend toe met aanraking.

Henrietta said...

Die vraag is net: is dit instink of "dink" diere en plante voor hul reageer? Is daar bewussyn? ( of noem dit "denke" as jy wil).

Liza said...

Ek was sommer lus vir nonsens praat. Ek dink ons weet nog maar bitter min van die plante- en diereryk af. Alhoewel my man wat aldag met diere te doene het anders reken.

Yf said...

Waarvan julle hier praat is chemotoriese reaktiwiteit. Ek is so besig met die natuurlike voorkoms van my tuin, ek het nie nog tyd te verkwis deur met my plantjies te gesels of vir hulle te sing nie. Ek sprei net sommer koerante oop om die plantjies wat ek wil behou, met grassnysels of so iets bo-op. Hulle moet beslis meer daarvan hou as van my grprate en gesingery vir hulle want hulle laat g'n onkruid naby hulle toe nie. Die ou mense het geglo dat kakiebos onder vrugtebome die peste van die vrugte af weghou. Is dit so of is dit net die verskoning van 'n luiaard?

Liza said...

Ahaa jou plantjies hou van koerantlees en hulle ag jou as onkruid...

Erenstig - ek sal nou nie weet van kakiebos of chemotoriese reaktiwiteit nie, maar vir my is tuinmaak 'n persoonlike/intieme lekkerte...After all, Eden was garden... the garden is a place to go for quiet contemplation, a source not only of food but also of spiritual renewal and intimate contact with life's most basic processes.

Yf said...

Chemotoriese reaktiwiteit is sommer net 'n tong-in-die-kies geleentheidskeppong van my. Met al die slegte nuus in koerante verbaas dit my dat die plantjies nie sommer net daar en dan vrek nie. Soos ek onkruid verstaan is dit enigiets wat groei waat ons nie wil hê dit moet groei nie. Ertjies in 'n koringland sal dus ook onkruid wees.

Liza said...

Nie as die boer vrek oor ertjies nie...:) (Ons praat mos nou nonsens nê)
So gepraat van onkruid, die indringer-plant teorie fassineer my nou al lank - wie is eintlik die indringer, mens of plant?

Henrietta said...

My ou Hollander sê graag on-kruid is "kruid wat op 'n verkeerde plek staan" - so in wese stem hy met jou saam, Yf! (dink maar net aan die Kosmos-blomme/onkruid).

Maar ek stem saam met Liza: ek is mal oor ertjies en sal dus ook nie omgee vir 'n paar erte op 'n "verkeerde plek" nie ;)))

Yf said...

Liza,
Vertel bietjie meer vna die indringer-plant teorie van jou? Hoeveel weet jy van "companion plants" af?

Liza said...

Nee gaats wag ek moet nou eers winkels toe, sal later meer oor balhorige opdringerigheid/ indringerigheid laat weet...;))

Henrietta said...

Yf, ek weet nou nie so mooi van Liza se indringer-plant storie nie, maar het jy geweet dat sommige groente (weet nie van blomme nie) báíé kieskeurig is oor wie langs hulle groei (sal mens praat van plant-rassisme??) - ai ai ai, sooo politiek-onkorrek ;)))
(lees hier: http://www.small-farm-permaculture-and-sustainable-living.com/planting_companion_vegetables_and_herbs.html )