Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

7/21/2010

Faith and reason debate II

Some time ago we wrote on this blog about this debate. (Here: http://onsgeloofgesprek.blogspot.com/2010/06/faith-and-reason-debate-with.html) DVDs and CDs on these debates are now available (http://www.antwoord.org.za/node/247)
Some interesting comments on the debate can be read here: www.antwoord.org.za/node/233



Prof. Mike Lacona

2 comments:

Liza said...

:)) Sommer net vir die lekkerte 'n brief van een van die konferensiegangers op die Antwoord Webblad:

Faith and Reason Konferensies 2010: 'n Brief Op Mon, 07/05/2010 - 12:34 deur udo gepubliseer

Hallo Udo

Ek was Saterdag by Kenilworth en vanaand by Vishoek. Ek wil jou en die span gelukwens en bedank vir wat julle ons gebring het. Die tyd dat 'n Christen hom kan beperk tot kerkbywoning en vertrou dat die dominee tog nie van die preekstoel sal lieg nie, is verby. Nou moet ons ons maar wend na sulke geleenthede wat voorheen ondenkbaar was. En watter aangename verrassing was dit nie!

Dit voel vir my asof Suid Afrika 'n land sonder brieke is, veral onder die wat die naam van Jesus Christus gebruik. Watter voorreg is dit nie om in hierdie tyd toegang te kan hê tot die uitstekende werk van ons Amerikaanse broers nie. Ek voel bemoedig en versterk deur hulle getrouheid en 'scholarship'.

Dit klink of julle deeglik bewus is van wat in UP se teologiese departement aangaan en die vrugte wat hulle lewer. Julle is in ons gebede vir die res van die toer. Baie sterkte daarmee.

Dra asseblief my dank en waardering aan die span oor. Ek dink die Amerikaners is miskien 'n bietjie verward oor die 'afsydigheid' van die mense terwyl hulle oop en toeganklik is. Verduidelik maar dat die gewone Afrikaner nie voorbarig wil wees deur sommer 'n geselsie met 'n dominee aan te knoop nie! Dit neem ook tyd om hulle onverskrokke boodskap te verwerk, veral omdat nie meer van die preekstoel kom nie. Hulle moenie bomskok verwar met hoogmoed nie! En in die derde plek, uit ondervinding het ons geleer om geen teoloog te vertrou nie en voortdurend op jou hoede te wees, veral vir die wat joviaal voorkom. As dit nie so was nie, sou ons hulle nie so nodig gehad het soos wat nou die geval is nie.

Die Afrikaanse Christen kry swaar noudat die NG kerk so verval het. Hierdie manne het verligting gebring. My opregte dank aan jou en die
span. Mag die Here die saad laat groei ter wille van die Evangelie van Jesus Christus.

Groete uit die [nat] Kaap en sterkte. Ek sien uit na die DVD's.

NS: En nog 'n ding. Ekskuus, dit gaan my lank neem om uitgepraat te raak hieroor.

Ek het groot waardering vir die Amerikaners wat hulself in duidelik taal verwoord. Afrikaanse dominees spesialiseer daarin om donker
praatjies te maak wat mens laat wonder wat hulle eintlik bedoel of glo. Of hoekom ek nie my moedertaal kan verstaan nie. Die Amerikaners,
nie die ontluikendes nie, is uitstekende kommunikeerders. Dankie aan hulle.

Henrietta said...

Dankie Liza! Ek hou van die uitdrukking: "'n land sonder brieke!" ;)))