Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

4/08/2010

Tien redes waarom evolusie gevaarlik en boos is

(Lees verder onder kommentaar)

3 comments:

Henrietta said...

1. Evolusie moet Genesis 2:8 as mities beskou
2. Evolusie moet pre-Adamitiese mense aanvaar – Lukas 3:38 staan dit teen
3. Evolusie verwerp God se self-openbaring in die Skrif
4. Evolusie verwerp die historisiteit van Adam en Eva
5. Evolusie elimineer die antitese tussen gelowiges en ongelowiges
6. Evolusie devalueer menslike lewe
7. Evolusie benodig dood voor die sondeval
8. Evolusie kan nie rekenskap gee die uniformiteit van die natuur nie
9. Evolusie is nie versoenbaar met die Bybelse leer van die huwelik en gesin nie
10. Evolusie val buite die tent van die Gereformeerde Belydenisskrifte.

Liza said...

Die Engelse gesegde If you teach a child he is only an animal, don't complain when he behaves like one is nogals vir my ‘n sprekende gevolg van oom Charles se nalatenskap, veral as jy die wêreldwye toename in sedeloosheid, misdaad en vervlakking van menswees in ag neem.

Yf said...

In die algemeen gesproke lyk dit vir my dat, hoe meer bewyse evolusioniste vir die vrae kry wat gevra word, hoe meer vrae lok hierdie bewyse uit. Dis een ding wat hierdie teorie so snaaks maak, gewoonlik lewer meer en meer bewyse meer en meer bevestiging na die toerie op maar in die geval word die vrae, teenstrydighede en debateerbare kwessies net al hoe meer.