Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

4/28/2010

Faith and Reason conference

Op 12 Mei is daar 'n debat tussen professore William Lane-Craig en Michael Lacona van Amerika aan die een kant, en professore Sakkie Spangenberg en Hansie Wolmarans aan die ander by Tukkies se Musaieon saal om 7 pm. Toegang R20 by die deur.
Lees meer hier: http://www.antwoord.org.za/node/211

2 comments:

Henrietta said...

William Lane Craig , en ander Amerikaners, lees hier:

http://www.discerningtheworld.com/2010/05/25/faith-reason-conference-sat-15-may-2010/#more-8449

Craig e.a. teen Sakkie Spangenberg en Hansie Wolmarans, in Musain, Tukkies, op 'n ander website lees ek dié: “Ek wou julle graag vertel van 'n debat wat gister plaasgevind het. Dr. William Lane Craig en Dr. Michael Licona het in die Musaion op Tuks vir dr. Sakkie Spangenberg en dr. Hansie Wolmarans die stryd aangesê oor die opstanding van Christus. Die wolspan is onder andere betrokke by die sg. Nuwe Hervorming wat die maagdelike geboorte, die fisiese opstanding en wonderwerke in die Bybel ontken. Hulle is twee van die grootste monde in die liberale teologie en het 'n string keffertjies wat agternadraf. Baie van hulle is dosente by Unisa en Tuks se teologiese fakulteite.

Die Amerikaners het die historiese feite gestel uit die Bybel self, buite Bybelse Joodse geskrifte en met suiwer rede. Die Wolspan het in duie gestort en 'n rits ongegronde bewerings gemaak waarvoor geen bewyse gegee was nie. Die gehoor van meer as 500 mense (die Musaion was vol en baie mense het dit op 'n skerm in die amfi gekyk) het gereeld vir die Wolspan kliphard uitgelag. Oom Sakkie was later so kwaad dat hy op die gehoor begin gil het waarop my vriend in my oor gefluister het "weak argument, shout like hel!"

Henrietta said...

Nog 'n plek waar mens hieroor kan lees:

http://www.discerningtheworld.com/2010/05/13/faith-reason-conference-christians-vs-non-christians/