Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

3/01/2010

Zuma en moraliteit – verskillende “moraliteite”?

Naamloos onder rubrieke in vandag se elektroniese Beeld, maar ek raai aan die styl dis Christina Landman? Hier:
http://www.beeld.com/Content/Rubrieke/Gasrubriekskrywers/2149/682957460ad942db8715f7155ca902e3/28-02-2010-10-31/Die_geZuma_van_die_bye (Lees verder)

5 comments:

Henrietta said...

Sy (as dit CL is) maak baie geldige punte: dat een mens se (definisie van) moraliteit nie noodwendig ‘n ander s’n is nie...

Maar wat ek aanvegbaar vind, is dat sy blykbaar reken dat die werksmigrasie onder sekere groepe 'n regverdiging is van 'n a-morele lewensstyl.

Wat bepaal mens se moraliteit? Kan omstandighede as verskoning aangebied word as mens "reëls/gebooie" oortree?

Henrietta said...

Terloops, sommige van haar idees herinner my nogal baie aan argumente wat gebruik is in die saamwoon debat!

Henrietta said...

Prof Jonathan Jansen is ook baie bekommerd oor die moraliteit in die land (hier: http://www.mg.co.za/article/2010-02-25-jansen-warns-sa-is-on-the-precipice).

Henrietta said...

Sê Jansen onder andere:

"Mozambique is a hundred times poorer than we are, but you will never find the disgusting public behaviour on the part of officials and citizens that we have here. And it's become normative: to be decent is to stand out."

Henrietta said...

Die Daily Mail, 'n gróót koerant in Engeland, het omtrent lawaai gemaak en tekere gegaan oor die slegte keuse van Zuma om die koningshuis te besoek... (in Beeld vandag, ook in die Citizen)