Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

3/15/2010

Seisoen van LUISTER: Luister die NG kerk genoeg?

Op Aanlyn kerkbode se tuisblad kan mens aanlyn stem oor gesprekvoering met mense wat anders glo. 54% van die mense wat gestem het, glo dit is noodsaaklik om gesprek te voer met mense wat anders glo. Dui dit op “genoegsame” luister?

2 comments:

Yf said...

Helaas ongelukkig dui dit nie op genoeg luister nie, maar ek dink die saak is meer kompleks as dit. Die luisteraksie van die kerk is 'n voorbereiding tot gesprekvoering, wat natuurlik 'n teenprestasie van die 'prater' veronderstel. Ek wonder net watter % van diegene wat hulleself as "mense wat anderg glo" beskou tree wel in gesprek met die kerk? Hulle verweer is gewoonlik dat hulle dit op ander plekke doen. Maar dink bietjie daaroor. Jy dring daarop aan dat iemand na jou luister maar jy sê wat jy wil sê vir 'n derde persoon. As jy iets vir iemand wil sê dat loop jy na hom of haar toe. As jy van hom of haar verwag om agter jou aan te loop om te hoor wat jy te sê het, is jy net pleinweg arrogant.

Die seisoen van luister is bedoel as 'n uitreik aksie maar ek is bevrees die teen-aksie was nog swakker as 54%. Daarvoor het die "andersdenkendes" maar net hulleself te blameer.

Die NGK het nog nooit gesê hy wil nie luister nie - dis 'n baie flou verskoning. Kyk hoe baie ruimte vir anderse denke laat hy onder sy predikante toe.

In vrede

Henrietta said...

Ek het gisteraand effe laat by Symmington se RSG program ingeskakel. Ek het die idee gekry dat dit na aanleiding van "iets" geskeduleer is, en gewonder of Julian Muller se artikel nie aanleiding gegee het nie? Dit kan ook die teenkanting teen Geo Claasen wees?