Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

3/05/2010

“Kerktroues dalk gestaak oor rompslomp”...

Ai tog, is selfs die REGERING nou deel van die sg. “aanslag teen die huwelik”? ;)))

Blykbaar maak die rompslomp rondom die registrasie van huwelike dit moeilik vir dominees by binnelandse sake.
Neels Jackson in Beeld vandag, hier: http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/28d94ed15ca2461daf83d5f9ea36aa63/05-03-2010-12-24/Kerktroues_dalk_gestaak_oor_rompslomp

3 comments:

Yf said...

Een van ons predikante het vertel hoe hy 2 keer verlede week (oor dieselfde troue) geskukkel het om dit by die Dept geregistreer te kry omdat die beamptes daar hom aankyk of hy nie weet waarvan hy praat nie. Hulle dink hy weet skynbaar nie wat hulle daar doen nie - hulle werk immers nie met sulke sake nie - slegs ID's ens. En dis elke keer koste, ver loop en wonder oor jou motor en die of die "aasvoëls" op jou gaan afkom of nie. En laat ek vir julle sê dis nie 'n lekker plek om by in te stap nie. Voor die gebou keer letterlik hordes jou voor om te probeer om 'n pen aan jou te smous want slegs vorms in swart ingevul word aanvaar en natuurlik is daan geen pen daar binne nie. So vergeet dit om met die blou pen wat jy by jou het, te skryf. Al die penne wat eers binne was is nou buite. As dit nie dit is nie, word jy gekonfronteer met 'n mik & drukker wat jou foto wil neem, of jy nou wil of nie, want binne werk hulle mos net met ID's. Dit is nogal 'n struikelblok en my simpatie lê regtig by die arme predikante.

Henrietta said...

Ja Yf, ons was nie lank gelede nie, daar, want Peter moes daar by julle óf in Polokwane, 'n stempel in sy paspoort kry dat hy SA burger is...

Het dus so bietjie aan eie lyf ervaar - die penne, die gekiekery, die lang gestaan in rye, die onbeholpenheid... het waarlik simpatie gehad met julle wat DAAGLIKS jul pad deur die hordes moet oopveg...

Henrietta said...

En Beeld se hoofartikel is vandag ook oor hierdie probleem:

http://www.beeld.com/Content/Opinie/HoofArtikels/1964/74ee49f772f94ce0a787cf75570b0c7c/07-03-2010-10-18/Huwelike_staat_kan_nie_sonder_die_kerke_nie