Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

3/06/2010

Julian Müller, nog steeds soekend ...

In BY van Beeld vandag, vir die wat sou belangstel (maar baie op die ou trant ;))) :
Julian Müller verwys na die ateïstiese dominee, Klaas Hendrikse van Nederland, wat ons onlangs van gelees het, wat sê God “is” nie, “God gebeur in ons koppe”. Hy vind op 'n manier aanklank by Hendrikse.

Müller sê hy beskou homself as “post-teïsties” . Hy vind selfs bewysplase in die Woord vir sy sienings van God (hier: http://www.beeld.com/Content/By/Nuus/1992/92f2631349174823aaf1edd207973dd4/06-03-2010-01-00/D%C3%ADt_wat_ons_ni%C3%A9_dink)

4 comments:

Yf said...

"…maak hy met ons kontak en onderhandel hy met ons oor ons saligheid of verdoemenis." Ek wonder net waar dit staan dat die Here met ons oor ons saligheid onderhandel? Seker in "the Book of Revolusions" want dit staan verseker nie in die Bybel nie!

"Sowel die deïsme as die teïsme is gebore uit die konstellasie-wêreldbeeld: daardie antieke siening wat die ganse heelal in drie lae opgestel het, met God op die boonste verdieping, ons op die ondermaanse (middel), en die bose in die dieptes onder die aarde."

Die deisme of teisme of ateisme of panteisme is 'n manier om oor die Skepper te dink en een of ander wêreldbeskouing of -beeld is 'n manier om oor die skepping te dink. Hy verwar doelbewus die twee denksisteme of propageer panteisme (wat dit stel dat alles God is) of pan-enteisme (wat dit stel dat die skepping die liggaam van God is). Of hy is onkundig oor die onderskeid wat getref moet word.

God woon op die boonste verdieping en tree soms met die onderste verdiepings in interaksie, soos in Psalm 2 beskryf word." Vers 4 van Ps. 2 is die enigste versie wat naasatenby aandui dat daar 'n onderskeid is tussen hemel en aarde. "Hy wat in die hemel woon, lag hulle uit, die Here spot met hulle." Waar word na die verdieping-gebou verwys? In elk geval is die Here nie in die skepping ("Drieverdieping gebou") nie, maar buite die skepping. Die feit dat die Here in die hemel en ons op die aarde woon, is ou nuus vir teiste. Niks snaaks daaraan nie.

"Met die ontwikkeling van die wetenskaplike wêreldbeeld waar daar nie meer ’n bo en onder in die heelal is nie en waar daar bewyse is van ’n evolusionistiese ontwikkeling oor miljoene jare, word dit vir die denkende mens toenemend moeilik om aan ’n teïstiese God te glo." Dit sal ek goed glo - as jy teisme aan die hand van 'n antieke kosmosbekouing definieer, soos wat hy hier doen.

"Wat is die uitweg?

* Sommige mense verwerp God geheel en al (godloënaars)…
* Sommige verwerp die teïsme en word ateïste (Hendrikse).
* Sommige sê hulle weet glad nie en is agnostici.
* Sommige verloor alle belang by die vraag…(want)…die vraag na die bestaan van God…interesseer…(mense nie meer)…nie)."

Wys net weereens dat die filosofie lekker gesprekvoering kan inisieer, maar dat die antwoord op lewensvrae beslis nie in die filosofie lê nie.

"Aan die ander kant weet ek dat ek onherroeplik aanbeweeg het en nou gefassineer en geïnspireer word deur nuwe denkraamwerke oor God.

En dan ontdek ’n mens daar is Bybelse uitsprake oor God wat die post-teïstiese verstaan van God ondersteun. Dit het nooit dogma geword nie, en dit was miskien nie so dominant in die vorming van ons wêreldbeeld nie, maar dit was heeltyd daar." Maar waar, Julian?

"Vir baie Christene is die panteïsme, waarvolgens alles in God is en God in alles, ’n uitweg uit die vasgeloopte teïsme." Maar vir baie ander christene is die verwerplik want die realiteit is dat die heelal baie ver verwyderd van volmaak is en 'n onvolmaakte wese verdien nie my respek en aanbidding nie.

"Dán word God die immer Moontlike, die Een wat is en wat was en wat kom; die Een wat om elke hoek en draai kan verskyn in enige gedaante of gebeure, maar wat nooit voorspel en vasgevang kan word in ons gedagtes en formulerings nie." Jy is verkeerd prof. Muller - 'n panteistiese god wat kongruent met die werklikheid is, is juis voorspelbaar omdat ons die werklikheid m.b.v. die natuurwette kan voorspel. Daar bly dus geen uniekheid en onafhanklike denke en aksies betreffende God oor as Hy deel van die werklikheid is nie.

Wanneer ons oor die God van die Bybel wil besin, dan moet ons die hoofverwysingsbron raadpleeg. Ons kan nie filosofiese denke, los van die Bybel, as die norm aanvaar om oor Hom te dink nie. Want dit is in die wese van die filosofie om te otken dat daar 'n finale waarheid is, terwyl die Bybel ten minste 'n standpunt inneem oor wat die waarheid oor die Here is.

Henrietta said...

Goeie stuk hiedie, Yf! Die laaste paragraaf was by my nadenke ook die oorheersende gedagte: wááraan knoop hy die gedagtes van hom?

Ek het dit besonder arrogant gevind dat hy wél versies gekry het in die Bybel en dit soos 'n kapstok gebruik het om sy goeters aan te hang...

Henrietta said...

Eers ‘n paar definisies:
"Panteism is synonymous with the material universe., briefly put, in pantheism, "God is the whole". (Volgens Wikipedia)

Dus: God is in die ganse skepping (sien JM se eie definisie effens ondertoe).

"Theism affirms both the existence of a transcendent God and one that is involved in Creation. Or, according to Webster's dictionary, it is "belief in the existence of one God viewed as the creative source of the human race and the world who transcends yet is immanent in the world." (Hier gekry: http://www.theopedia.com/Theism)

Rofweg vertaal : ‘n Teïs glo in een God as skepper, wat bo en buite Sy skepping staan, maar tog aktief by hierdie skepping betrokke is.

Wat wil JM dus eintlik sê deur te sê hy wil homself ‘n “post-teïs” noem? Teen watter een van die elemente in die definisie het hy dit? Of het hy dit teen elkeen in die besonder?

En wat bedoel hy as hy sê “Vir baie Christene is die panteïsme, waarvolgens alles in God is en God in alles, ’n uitweg uit die vasgeloopte teïsme.” (waarby hy himself klaarblyklik ook skaar).

Volgens my trek JM ‘n streep deur God as skepper en onderhouer van sy skepping.

Lees hy ooit sy Bybel?

Henrietta said...

Ek sien mens kan (wonder bo wonder) kommentaar lewer, hier:

http://www.beeld.com/Content/By/Nuus/1992/92f2631349174823aaf1edd207973dd4/06-03-2010-01-00/D%C3%ADt_wat_ons_ni%C3%A9_dink

Tot dusver, geen kommentaar?? Hoe lyk dit Yf?