Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

2/07/2010

Wanneer is die speelveld ongelyk?

Liza het so rukkie gelede ‘n prentjie van ‘n ongelyke sokkerveld hier geplak : afdraende na die een kant toe, opdraende na die ander kant toe. Hierdie beeld ka nook op ander situasies van toepassing gemaak word, soos bv. by debatvoering (lees verder).

5 comments:

Henrietta said...

Die NG Kerk is skynbaar (nog steeds) in ‘n seisoen van luister en nog hard besig om debat aan te moedig tussen verskillende strominge binne (en buite? ) die kerk. Die vraag kan egter gevra word: wanneer is ‘n speelveld ongelyk?


Op goeie gesag (van ‘n “ooggetuie”) verneem ek dat tydens die opedag van Tuks se teologiese fakulteit dinge redelik “ongelyk“ verloop het. Prof George Claassen (van Skepties SA ja!) was die hoofspreker en die tema Skepping en Evolusie, met Cornél du Toit en Danie Veldsman wat as respondente opgetree het. Staan die Bybelse siening oor die Skepping teenoor Darwin se evolusieleer?; is die twee versoenbaar en indien wel op watter wyse?; of het hulle dalk niks met mekaar te doen nie? Hoe moet ons dink oor skepping en evolusie in verhouding met ons geloof? Hierdie is ‘n paar vrae wat onder die loep geneem sou word.


Tydens vraetyd is sekere mense se opgesteekte hande geïgnoreer (o.a. my informant s'n) , en is daar net geleentheid vir “pro-evolisioniste” gegee, aldus my informant. Is dit nou regverdig, veral aangesien dit die opedag van ‘n TEOLOGIESE fakulteit is?

Yf said...

Ek sal jou sê wanneer die speelveld ongelyk is. Daar word van JO verwag om die etos van die NGK na binne en na buite uit te dra. Dit kan dan sekerlik van die NGK se predikante ook verwag word? Veral as mens sien wat se onsin hulle op sekere plekke kwytraak. Indien dieselfde kriteria nie geld nie, dan is die speelveld mos ongelyk. Dis mos nie regverdig nie? Om hom alleen uit te sonder sou mos baie ongelyk wees, dan nie?

Met my reputasie wonder almal seker nou wat ek nou weer gaan aanvang. Niks nie, ek vra net 'n billike vraag wat seker al by baie opgekom het maar van wie ek net die eerste is om dit te vra.

Nog 'n voorbeeld van 'n ongelyke speelveld: Diegene wat hulle by Skeptics Suid Afrika sou skaar baljaar lekker op al wat christelike forum is, soms met ad hominem stellings maar Skeptics Suid Afrika het hulle eie blog / forum gesluit. Soe niemand, behalwe hulle eie "uitverkorenes" is welkom op hulle "moeder van alle webtuistes" nie. Ou Goergie behoort homself te skaam vir hierdie onregverdigheid, selfs in terme van sekulêre etiek. Maar, soos gewoonlik blyk die uitgangspunt te wees "Dit mag op jou van toepassing wees, maar nie op my nie!" (N.a.v. "It might be true for you, but not for me" - nog een van hulle geliefde uitdrukkings).

In Vrede

Liza said...

Ag de duiwel met wat 'n paar "ander" dink...

There are two ways of establishing your reputation,--to be praised by honest men, and to be abused by rogues. It is best, however, to secure the former, because it will be invariably accompanied by the latter.
-Charles C. Colton

Liza said...

Dit mag op jou van toepassing wees, maar nie op my nie!

Dis mos maar 'n kenmerk van die Postmoderniste - die manier waarop hulle alles probeer relativiseer...tot hulle eie voordeel.
There is no standard of right and wrong - except when you violate what we say is right.

Hier's 'n verhaaltjie van Ravi Zacharias oor Postmodernisme wat jy dalk sal geniet...
Hy word op 'n keer op 'n toer geneem deur 'n universiteit se biblioteek wat deur 'n postmoderne argitek ontwerp is. Hy merk deure op wat teen 'n muur oopmaak, trappe wat nêrens heen lei nie en verskeie ander sinnelose dele van die ontwerp wat glo die teenstrydighede van postmodernisme weerspieël. Na die besigtiging is toe aan Ravi gevra wat hy van die gebou dink. "Baie indrukwekkend!" was sy reaksie, het julle die fondamente ook so gebou?

Dit sou dalk soos daai sokkerveld gelyk het...;))

Henrietta said...

Ander voorbeelde van “ongelyke speelvelde” is wanneer moderators van webwerwe en kolomme vir kommentaar op artikels, nie werklik onpartydig is nie (wetend of onwetend) en aan sekere mense se briewe prominensie gee.

Nie net prominensie gee nie, maar op allerlei ander maniere die proses manipuleer... soos wanneer redakteurs van koerante slegs artikels plaas wat hul eie sienings pas.