Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

2/25/2010

“Hoekom sê NGK so min oor God se pad?”

"Prof Hennie Stander, adjunk-dekaan van geesteswetenskapp aan die Universitiet van Pretoria het gister ‘n sterk pleitdooi aan die NG Kerk se hoëveld Sinode gelewer dat ‘n ontmoeting met God die kern van die kerk se bediening moet vorm".(Neels Jackson in Beeld vandag, 25/2/2010)
(Lees verder)

2 comments:

Henrietta said...

"Stander, ‘n kenner van die geskiedenis van die kerk van die eerste drie eeue, het gesê ‘n ontmoeting met God en dat Hy mense red, was ‘n sentrale motief van die vroeë kerk se boodskap. Hulle het dit nie in ‘n sistematiese teologie verwoord nie, maar in beeldspraak oorgedra.

Stander wou weet hoekom hy deesdae so min die kerk hoor sê oor ‘n ontmoeting met God. Hy het al gehoor hoe kerkmense neerhalend daarvan praat as iemand sê hy het sy hart vir die Here gegee. Dan kom kerklui met allerlei teologiese verduidelikings. Dit bly egter ‘n kernsaak dat ‘n mens ‘n ontmoeting met die Here moet hê en dat jy ‘n ppad met die Here moet loop. In die vroeë kerk het baie teoloë uitvoerig hieroor getuig.

Hy voel partykeer die NG kerk het die kruis vir die Katolieke gegee, die doop vir die baptiste, die Heilige Gees vir die AGS en hulle het net die koeksisters oor – en soms vrees hy die APK het dit ook gevat.

Wat weet die gemiddelde lidmaat van die Heilige Gees, wou Stander weet.

Hy het gesê as hy die dokumente van die vroeë kerk lees, vind hy nie “vyf maniere om suksesvol te leef” of “ses maniere om gelukkig te wees” nie.

Yf said...

Ek stem 100% met Prof. Hennie Stander saam. Oor die laaste opmerking, daar is 'n boek getiteld: "Christless christianity" waarin die skrywer noem dat ons van die goeie nuus goeie advies gemaak het met al die boeke oor hoe om jouself te verbeter ens. Hy sal ook nou seker deur die "verligte progressiewe christene" as 'n "fundamentalis ignoramus" gebrandmerk word.

In Vrede