Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

2/10/2010

“En die grootste hiervan is : Die Liefde...”













     Wat is liefde in werklikheid?

Die “liefde” sal die volgende paar dae oral oor rondgesleep word... In die naam van die liefde sal oud en jonk allerhande sotlikhede pleeg ( dankie tog, net tot Valentynsdag, die 14de) . Al hierdie affêres (kaartjies, geskenkies, spesiale etes) sal baie geld kos, en ou Mammon, die god van geld en geldgierigheid, sal laaste lag...

Wat IS die liefde dan eintlik?

12 comments:

Yf said...

Dis 'n gevoel wat jy voel as jy voel jy het nog nooit so gevoel nie en jy sal ook nooit in jou lewe weer so voel nie!

Die vrou is die laaste geskep so sy is die kroon van die skepping en dis die man se voorreg om haar in liefde te dien.

Hy moet groot sorg dra dat sy nie huil nie, behalwe van vreugde want die Here tel elke traan van verdriet wat val en sal van die man rekenskap eis oor sy ongeërgdheid daaroor

Hy moet keer dat sy ontsteld raak sodat haar hart net gevul kan bly met dit wat sy graag aan ander wil uitdeel.

Sy mag nie moeg word nie want sy vereer hom deur hom aan te vul en 'n beter mens te maak.

Sy moet beskerm word want die Here het haar aan haar man toevertrou sodat sy, Sy beeld in hom kan sien.

Sy moet vertroetel word want sy alleen kan die beste in hom na vore bring

Sy moet ruimte gegee word om die kroon van die skepping en sy gesin te wees.

Hy moet so leef dat sy graag by hom wil bly, want sonder haar is 'n 'n doellose swerwer al sy dae lank.

Die liefde is Godgegewe en daarom heilig. Dit mag nie afgewater of goedkoop gemaak word op enige manier nie.

Die liefde verdring ongeduld en egosentrisiteit.

Die liefde is goed-gunnend en soek eerste ander se beste belange.

Die liefde se geheue is selektief om net die goeie te onthou en die kwade te vergeet.

Die liefde beheer die tong en vul die hart sodat die mond daarvan oorloop.

Jesus is liefde en Hy is ons rolmodel. Sy lewe op aarde kan in een woord opgesom word: offervaardigheid en dit is hoe ons liefde moet wees.

Liza said...

Ag toggie ek trek seker nou al by die sesde kaartjie wat ek moet maak. Hehehehehe nie vir wie nie maar vir my twee verliefde niggietjies - graad ses en graad agt onderskeidelik - en dit moet baie spesiaal lyk met die geliefde se naam daarop. Dis nogals lekker en laat my terug dink na my skooldae en hoe ma gecrook het met die kaartjies wat my broer by die skool in die posbus moes gaan gooi het - tog te bang Lizatjie staan droë bek. Dit het natuurlik alles later op die lappe gekom. :)))

Ja dis beslis een dag van mallige vryheid om jou liefdesverklaring op die mees stroperige manier aan daardie spesiale persoon te betoon. Moet sê ek sien nogals self uit na die jaarlikse brandoffer van toast en tee in die bed met ‘n blommetjie in die piering...

Henrietta said...

Die ouens met die dik brille en die wit jasse sê, mense wat liefhet en liefgehê word, is gelukkiger, gesonder en leef langer...

Uit die mond van suigelinge:

“Love is when you tell a guy you like his shirt, then he wears it everyday.” Noelle – age 7

“Love is like a little old woman and a little old man who are still friends even after they know each other so well.” Tommy – age 6

Liza said...

Henrietta ja, maar dan moet Valentyn dwarsdeur die jaar gevier word...;)

Liza said...

Dis gaan beslis nie oraloor net maanskyn en rose wees op 14 Februarie nie, veral nie in die Indiese stad Kashmir waar ‘n Islamitiese seperatiste-vrouegroep hulle gereedmaak om amok te saai onder verliefdes op dié dag nie. Aasiya Andrabi, leier van die groep Daughters of Faith, beweer dat Valentynsdag seksuele losbandigheid onder die jeug bevorder en beplan verskeie verset aksies in restaurante en in winkelsentrums waar Valentyn-snuisterye verkoop word.

Yf said...

Ek wonder wat gaan hulle doen? Die mense met pyle skiet, soos daai Roneinse outjie? Of met dolke deurboor om te wys hoe stukkend harte kan wees wanneer hulle die verliefdes ontvoer soos "in jou liefde verlaat" of verlore liefde?

Liza said...

Hehehehe.

Revenge by the Spinster Sisters...
Hulle gaan seker sjokolade- handgrenate uitdeel - One bite will blow your socks off.

Gideon said...

Help!! Ek vrees Valentynsdag!! En ek is nie ‘n Romeo nie! Ek moet nog die verskil “uitfigure” tussen dít en ‘n gewone dag. Die ideale man moet mos elke môre sy vrou met oggendete in die bed bedien, met ‘n soentjie daarby en – so nou en dan – die skinkbord se kaal kolletjies vol blomme, met – so nou en dan – ‘n briefie daarby net om te sê dis rêrig liefde – nie net gewoonte nie. En op die dae wanneer die bediende nie inkom nie, vir haar die bed help opmaak. En vind sy (kamma vreeslik verras!!) dat die skottelgoed al laaankal klaar gewas is.
Daarom vrees ek Valentynsdag! Wat moet ek “anders” doen?

Henrietta said...

Sjoe, Gideon, as toegewyde eggenoot verdien jy 'n medalje EN 'n Spesiale Toekenning! Jou soort is DUN gesaai...

Liza said...

Gideon ek verklaar jou as Mnr Valentine 2010! :)

Yf said...

Van Liza: "Revenge by the Spinster Sisters...
Hulle gaan seker sjokolade- handgrenate uitdeel - One bite will blow your socks off." Ek dink juis die Legionaires sing 'n liedjie wat begin met "Come death, sweet death..." maar dis seker nie wat hulle bedoel het nie?

Liza said...

Death by chocolate?