Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

1/24/2010

"Dominees moet ook..."

... misdaad aanmeld. Selfs as dit in die grootste vertroulikheid iin hul teenwoordigheid gebieg is (Lees verder)

2 comments:

Henrietta said...

In Rapport vandag, p.17: N.a.v. e-TV wat weier om die identiteit van skelms op hul program bekend te maak, sê Dr Kobus Gerber dat dominees nie bo die wet verhewe is nie. Al lê hulle 'n eed van vertroulikheid af, móét hulle ernstige misdaad waarvan hulle kennis mag dra aanmeld.

Yf said...

Ek het nou onlnags 'n radiogesprek met 'n oud-regter aangehoor. Hy, as christen, is toe uitgevra oor sy siening oor die doodstraf. In sy tyd was die doodstraf verpligtend vir sekere misdade. Vir hom was die riglyn die ander twee misdadigers aan die kruise. Al het Christus ook die een sy sonde vergewe het Hy hom nie van die kruis verlos nie. Hy moes nog steeds uit 'n aardse perspektief, die straf vir sy oortredinge betaal, al het hy berou getoon. Daarom, die feit dat jy by 'n predikant gaan bieg behoort jou nie van die regsproses te vrywaar nie. Die predikant is in elk geval nie 'n regter nie. So, ek dink dit is reg dat predikante ook misdaad aanmeld wat teenoor hulle gebieg word, maar ter wille van etiese korrektheid moet hulle die potensiële bieger op hierdie verpligting wys voordat die biegaksie begin.

Vrede daar