Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

1/30/2010

Die Taaldebat

Oral woed dit rondom die Taaldebat, soos ook in Beeld vandag, hier:
http://www.beeld.com/Content/Rubrieke/Gasrubriekskrywers/2149/9ef93368cdc54f1192b0c684f1ee2781/29-01-2010-11-04/Respek_vir_feite_%C3%A9n_ander

Mens kan vra: maar wat het taal met ons geloofsgeprek te doen? (Lees verder)

3 comments:

Henrietta said...

Ek wil sê: Baie. Gaan lees maar die sendinggeskiedenis, nie net in ons land nie, maar in baie ander lande : een van die eerste dinge wat gedoen word by kerkplanting, is om dele van die Bybel in ‘n nuwe taal te vertaal. Hier in SA het geen swart groep ‘n geskrewe taal gehad nie – in die meeste gevalle was dit sendelinge wat geskrewe tale vir hulle ontwikkel het.

Afrikaans staan nie daarbuite nie: Die stryd vir die erkenning van Afrikaans as skryftaal deur die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) was met die oog op ’n vertaling van die Bybel in Afrikaans.

Henrietta said...

Met die uitstorting van die Heilige Gees word gepraat van ‘n “tale wonder” . Wat ek nog altyd oor gewonder is, waarom het God nie 'n "hoor-wonder" gedoen, en maar net vir die hoorders dit moontlik gemaak om te verstaan wat gesê word nie?

Ek dink dit was omdat God tog ook die God van verskeidenheid is . Openb 5:9 sê ook duidelik: “ Toe sing hulle ‘n nuwe lied en sê: U is waardig om die boek te neem en sy seëls oop te maak, want U is geslag en het ons vir God met u bloed gekoop uit elke stam en taal en volk en nasie.

Yf said...

Hallo Henriëtta,
En wat van die Groot Opdrag. "Gaan dan heen...Alle nasies het hulle eie godsdiens en stel nie belang om jou taal te leer om van jou godsdiens te hoor nie.

Ek dink die derde Afrikaanse Taalbeweging is aan die gang. Ons kultuur word nou bietjie gelouter (Van buite en van binne met sommige mede-Afrikaners wat dit tradisionele Afr. taalreëls, woordgebruik ens misken - amper nes in die Boere-oorlog) Maar die loutering kan net goed wees. Ek was verstom oor die hoeveelheid jong mense by die Monument op 16 Des.

Vrede daar