Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

1/27/2010

Die NGK en Kletskerk

Ek is bewus daarvan dat ek in 'n plasing op kletskerk genoem word. 'n Tou het natuurlik twee punte. Hier is my reaksie op die plasing:

"Die moderatuur van die NG Kerk se Algemene Sinode het opdrag gegee dat alle skakels na Kletskerk op die webbladsye van die NG Kerk en Kerkbode dadelik verwyder word…So, dalk moet ek eintlik dankie sê aan Yf Veldhuizen en sy bende vir hulle onvermoeide pogings…"

As ons maar sulke invloed gehad het! Dan het ons ook aandag aan 'n paar ander sakies gegee. Maar ek glo nie die moderatuur gaan hulle vreeslik steur aan 'n klein groepie lidmate nie. Eerder aan streeksinodes. En dis baie mense wat hulle dan ten gunste van moderatuur optrede uitspreek.

"soos skimme op die ingernet beweeg." Maar hy weet dan wie ek is en dis geen skimmigheid van my kant af nie."In ‘n brief wat wat hy links en regs aan dominees versprei skryf hy: “Die onderstaande wil ek aan ‘n paar predikante stuur met die hoop op reaksie van ‘n aard, so verskoon asseblief dat dit nie baie persoonlik klink nie. Ek sal dus bly wees indien jy die saak sal opneem deur ten minste dit na die regte persoon te verwys, maar meerdere aksievolle betrokkenheid sal baie waardeer word.”En so gaan hy aan." …soos volg:

Sou u saamstem dat die amptelike kommunikasiemiddel van ons kerk, Kerkbode, op haar webblad die eie karakter van ons kerk moet weerspieël? Natuurlik sou u! Sou u daarmee saamstem dat daar dan op die webwerf skakels geplaas word na ‘n webwerf met Godslasterlike en walglike inhoude en dat dit deel van die karakter van ons kerk is om sulke uitsprake te akkomodeer? Sou dit deel wees van die karakter van ons kerk?

Hoe sou u oordeel oor die integriteit van ‘n organisasie wat bv. aanspraak daarop maak dat dit kinders versorg, net om te moet agterkom dat die versorging nie alles is wat u onder versorging verstaan nie? Dat die organisasie kinders ook ‘help’ deur hulle bloot te stel aan die ‘donker’ kant van die lewe. U sou tog nie so ‘n organisasie vir ouers aanbeveel nie, sou u?

Wel, die tragedie is dat dit besig is om op Kerkbode se webwerf te gebeur. Op die webblad is daar ‘n skakel wat na Kletskerk lei. Is dit dan nie juis om die karakter van ons kerk, as Godvresende deel van die Liggaam van Christus, te beskerm dat alle bande destyds met Kletskerk verbreek is nie? Die band is, soos reeds gesê, nog steeds daar. En die “verband” is nie net met ‘n skakel nie – dit is nog sterker as dit. Die nuusredakteur van Kerkbode, Jean Oosthuizen, is niemand anders nie, as die eienaar en webmeester van Kletskerk. Hy bedryf sy webwerf vanuit sy kantoor by Kerkbode. Vergewis uself gerus van die inhoud van http://www.kletskerk.co.za/ en veral die (jongste) plasings (en die tye daarvan) van Jean Oosthuizen. (Daar is 'n funksie waar al die plasings van 'n enkele persoon geselekteer en nagegaan kan word.) Dit is hoe sterk die band nog tussen ons kerk en hierdie Godslasterlike en walglike webwerf is. Sou u saamstem dat die karakter en integriteit van ons kerk nadelig deur hierdie omstandighede getref word?

1 Kon. 18:21: “En Elía het nader gekom na die hele volk en gesê: Hoe lank hink julle op twee gedagtes? As die HERE God is, volg Hom na; en as Baäl dit is, volg hom na! Maar die volk het hom niks geantwoord nie.” Hoe lank moet ons nog hierdie verwerplike verbintenis met Kletskerk duld?

"En jy? Toe jy na hoeveel poste en geselse op die “walglike” Kletskerk probeer het om mense hier weg te rokkel na julle eie klein hoekie toe flop dit jammerlik. En toe haal jy jou frustrasie op my as persoon uit deur my agteraf te beswadder, te beskinder en verdag te maak"

'n Persoonlike woordjie aan Jean. Jy het sekerlik gerieflikheidshalwe van die volgnede vergeet. Ek was die een wat destyds gevra het dat ons KK in kennis moet stel oor die redes waarom ons daar weg is …heel eerbaar, sou ek sê. Maar toe maak jy mos die fout om mislik te raak met my op jou webwerf. Toe ek jou in 'n privaat e-pos vra om dit te verwyder maak jy dit ook openbaar op jou webwerf. En dit was nie net jy nie. Jy het nog 'n paar ander foute ook gemaak. Ek het jou die "beeldenis" an die Titanic en sy kapt. Smith vertel wat 6 waarskuwings, om van koers te verander, verontagsaam het. Soos die Titanic kapt. Smith vir 'n ewigheid besig hou, het ek jou gewaarsku dat jou "Titanic" jou ook langer gaan besighou as wat jy dink. Het jy maar geluister en meer insig getoon.

12 comments:

Henrietta said...

My leeslus maak dat ek vele blogs, webwerwe, koerante en tydskrifte lees, en so het ek die hele KK-sage landswyd gevolg soos deur Neels Jackson neergepen, ook in die Christelike tydskrif JUIG! wat sekerlik landswyd gelees word.

So ek wil sê: "Feather for our cap!" soos die Ingelse sê... om te dink dat ons ou "splinter-bloggie-bendetjie" na bewering vir landswye reperkussies verantwoordelik is wat tot in die heel hoogste "pouslike" raadsale van die magtige NG Kerk weerklink!!

Of nee, klink my mos dit is eintlik jy, Yf, wat dit man-alleen reggekry het? Vat vyf man! High five, low five, baby five vir jou!

Om op ernstiger noot by jou Titanic–metafoor aan te sluit: Ons ou bendetjie wéét van al die waarskuwings van koersverandering wat deur die jare gegee is ... genadiglik is daar steeds tyd om te insig te toon en te luister...

Liza said...

Dankie Yf vir hierdie stuk inligting en dat jy bereid was om dit hier te plaas. Wat ek egter nie kan kleinkry nie is dat Jean Oosthuizen egter volhou met die aanname dat dit ons, die sogenaamde ‘onbenullige splintergroepie’ is wat, soos hy dit stel, 'onvermoeide pogings' aanwend om hom en die kletskerk-vatikaan te diskrediteer en swart te smeer. Hulle spog mos met ‘n allermintige leserstal en dit kan mos net sowel wees dat van dié lesers beswaar gemaak het teen die lastery, vloekery en kettery.

En ook dankie aan die NGK se 'Seisoen van Luister' - julle het ten minste in hierdie opsig reg gehoor en dit is dat blatante Godslastery onder die dekmantel van 'ons sê ons sê want ons is in die verlede verontreg en seergemaak' net nie meer by Christenlesers afgaan nie.

Ek sal graag wil weet hoe sulke lastery enigsins bevorderlik kan wees vir die ‘verstaan’ van andersdenkendes se standpunte?

Henrietta said...

Neels Jackson rapporteer vandag in Beeld, hier: http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/b463fea0f08c47fd864b3df693fa8cf9/28-01-2010-01-13/NGK_besluit_om_skakels_na_Kletskerk_van_webwerf_te_verwyder

Liza said...

Ag nee wat ek het gaan kyk en dit lyk regtig nie asof daar 'n briewe-tsoenami plaasgevind het nie.

Die meeste deelnemers is maar kk-lede - te oordeel aan die inhoud en aanslag...

Henrietta said...

Flieks en DVD's oor hofsake fassineer my, veral wanneer van die karakters dinge moet onthou.

Dis eienaardig hoe selektief mense se geheues is. Dit is asof mense sekere dinge helder kan onthou, maar dan weer "black outs" het oor ander gebeure in die nie te verre verlede nie....

Martha-Marie said...

Hallo

Ek het 'n jaar laas hier geskryf. Hoop dis in orde met julle dat ek gou weer hier kom inloer. Ek het spesiaal 'n GMail adres hiervoor geskep.

Nadat 'n Facebook vriend my na die drama skakel op KK verwys het, het ek die hele storie daar gaan lees. Een skrywer daar het in 'n plasing 'n skakel hiernatoe gegee. Hier het ek ook alles gelees.

Help my asb reg. Word Yf daarvan verdink dat hy hierdie hele debakel veroorsaak het?

Groete
Mart

Yf said...

hallo Martha-Marie.
Soos ek altyd sê, 'n tou het twee punte. Jy het albei punte beskou en is in die unieke posisie dat jy kan oordeel watter een die waarheid is. Maar nee, jy is verkeerd, ek word nie daarvan verdink dat ek die debakel veroorsaak het nie, sommiges is oortuig daarvan dis ek. Maar nog meer, ek vat geen eer vir myself nie. Soos altyd glo ek die Here is in beheer en dat Hy bepaal wat gebeur en wat nie. Ek gee alle eer aan die Here alleen.

Henrietta said...

Hallo Mart, bly om van jou te hoor. Ek het gesien daar word op KK gepraat van "Yf Veldhuizen en sy bende" , so eintlik is "ons" ook indirek daarby betrek.

Is dit nie die “Wobblies” wat gesê het nie: "An injury to one, is an injury to all?" ;)))

Die hele storie het my net weer aan die olifant en die muis wat oor die brug loop, laat dink. Muisie kyk op na Olifant en sê: “Kyk hoe laat ons die brug bewe!”

Yf, inderdaad: alle eer aan die Here, Hy sluimer of slaap waarlik nie... (Ps 121).

Martha-Marie said...

Ag wat, ek het nie meer tyd om op Internet forums te gesels nie. In elk geval het ek geleer dat mens nêrens kom as daar oor geloof gepraat word nie. Mens mors net jou tyd en bandwydte.

Hopelik ontaard hierdie drama nie weer in 'n oor en weer verdagmakery nie. Dit sou super kinderagtig gewees het.

Hoop dit gaan goed verder.

Groete
Mart

Liza said...

Hallo Mart, jy preek beslis nou vir die verkeerde gehoor. Ons het nie nodig om tot verdagmakery oor te gaan nie - feite spreek vir hulself.

Groete
Liza

Martha-Marie said...

Liza,

Al wat ek bedoel is dat beswaardes eerder op mekaar se sites moet gesels as wat daar heen en weer na twee verskillende websites gegaan moet word om die storie ordentlik te volg.

Ek is nie gekwalifiseerd om te preek nie.

Liza said...

Jammer maar ek's oor niks beswaard nie. Indien enige iemand anders is kan hulle maar hier kom beswaar maak oor hul beswaardheid.

'Point taken' oor jou gekwalifiseerdheid...