Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

1/15/2010

"Die Christendom het die wetenskap geskep"

'n Artikel in hierdie maand se JUIG! (ongelukkig nie elektronies beskikbaar nie) sê dit is so (Lees verder).

4 comments:

Henrietta said...

Die artikel is geskryf deur Dr Peter Hammond. "Deurdat die mens sy geskape, rasionele rede gebruik, sou die geordende heelal op 'n rasionele manier bestudeer moes word om die wette daaragter te ontdek. Die moderne wetenskap is op die aanname van die wetenskaplike wette gebaseer. Die morele wette wat deur die Skepper gegee is, het die etiese basis vir hierdie wetenskap verskaf".

Henrietta said...

Hy gee kort beskrywings van Christen wetenskaplikes en hul ontdekkings : Carl von Linnaus wat 'n internasionale wetenskapstaal ontwikkel het; Samuel Morse wat die Morse -kode ontwikkel het; Matthew Fontaine Maury en George Washington Carver, asook Sir Michael Faraday.

Henrietta said...

"Baie ateïste hou daarvan om "gelowiges" as "anti-wetenskap" en "anti-medisyne" uit te beeld en tog was dit Christene wat die pioniers was in elke vertakking van die wetenskap en die mediese veld. Die volgende keer wat jy dis jou motor aanskakel, elektriese toerusting gebruik, 'n effektiewe operasie onder narkose in 'n kiemvrye hospitaal ondergaan, dink gerus aan die Christen-wetenskaplikes wat dit, onder Sy leiding en inspirasie, moontlik gemaak het."

Yf said...

Hallo daar!
Dieselfde gedagterigting het ek ook al iewers anders raakgelees. Ons Westerlinge is meer vertroud met die Europese geskiedenis en die sekulariste is lief om uit te wys hoe die "kerk" die wetenskap belemmer het (Gallelie, Keppler e.a) maar in vergelyking met Islam en Oosterse godsdienste verander die prentjie. Islam het ook sy goue era in die wetenskap gehad, veral op die gebied van die medesyne en wiskunde, maar hoe meer konservatief en oorlogsugtig Islam geraak het, hoe meer het hulle agtregeraak. Daar is geen twyfel nie maar die RKK het in die Donker Eeue die wetenskap belemmer, maar na die Reformasie het daar in Protestantse lande meer vryheid vir wetenskapbeoefening gekom met gevolglike groter vordering in die wetenskap